Kleuter kry 70 steke ná hond haar byt

Charlaine Guarini nadat sy deur ʼn hond gebyt is. Foto: Verskaf

ʼn Kleuter van Brits in Noordwes moes 70 steke in haar gesig kry nadat sy vandeesweek onverwags deur die gesin se hond aangeval is.

Charlaine Guarini, wat môre drie jaar oud word, is Maandag in die Netcare Montana-hospitaal in Pretoria geopereer waartydens ʼn erge bytwond aan haar gesig geheg is.

Franco Guarini, Charlaine se pa, het Donderdag aan Maroela Media gesê hy was Maandag by die werk toe een van die gesin se twee boerboele vir Charlaine gegryp het. Volgens Guarini is die gesin besig om te trek en het Charlaine saam met haar ma in die motorhuis ingegaan om bokse te gaan haal.

“Daar is ʼn spoorweg oorkant ons huis en daar loop gereeld mense verby die huis wat die honde tart. In daardie oomblik het die honde weer blaffend hek toe gehardloop en Charlaine het agter hulle aangehardloop. My vrou het dadelik agter haar aangehardloop, maar voor sy by haar kon kom, het sy haar hoor skree,” het hy gesê.

Charlaine Guarini nadat sy deur ʼn hond gebyt is. Foto: Verskaf

Een van die honde het Charlaine op haar bors plat teen die grond getrap en haar aan haar gesig gebyt. Toe Charlaine se ma om die draai kom, het die hond haar dadelik gelos en weggehardloop. Charlaine is na die provinsiale hospitaal in Brits gehaas van waar sy later na die hospitaal in Pretoria oorgeplaas is.

“Haar beserings was baie, baie erg. Haar wang was heeltemal oopgeskeur dat jy tot binne haar mond kon sien en haar lippie is aan die linkerkant ook oopgeskeur. Die hond het ook twee van haar tandjies uitgebyt – dit moes in die teater getrek word. Sy is Maandag 17:30 in die teater in en het 20:15 uitgekom,” het Guarini gesê.

Foto’s van Charlaine se beserings net nadat sy gebyt is, het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei met baie mense wat beweer het sy is Carli Swart, ʼn dogtertjie van die Wes-Kaap wat ook vandeesweek deur ʼn hond gebyt is. Dit is nie duidelik waar die valse bewerings begin het nie.

Charlaine is vir ʼn paar dae in die hospitaal behandel voor sy vanoggend ontslaan is. Sy moet môre teruggaan hospitaal toe wanneer die wond skoongemaak sal word en volgende week sal haar steke in die teater uitgehaal word.

Charlaine Guarini nadat sy deur ʼn hond gebyt is. Foto: Verskaf

Guarini het gesê ʼn veearts het later na hulle huis gekom waar albei die boerboele van kant gemaak is. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om te bepaal of die honde hondsdolheid gehad het en indien wel, sal Charlaine daarvoor behandel word.

“Ons het ons eerste boerboel gekry toe Charlaine drie maande oud was en die tweede boerboel net ʼn jaar later. Sy het saam met daardie honde grootgeword en hulle was nog altyd baie liefdevol en beskermend teenoor haar,” het Guarini gesê. “Die veearts sê hy vermoed omdat mense altyd die honde deur die hek getart het, het hulle mettertyd al meer aggressief geword. Maar dit bly ʼn baie traumatiese ervaring vir ons almal – dit is nie ʼn lekker ding om deur te maak nie.”

Hy sê tot hulle verbasing toon Charlaine geen tekens van trauma of vrees vir honde nie. “Toe sy uit die hospitaal uit gekom het, is ons eers na my tannie toe omdat ons haar nie wou ontstel deur haar terug te vat na ons huis nie. Die tannie het ʼn Jack Russell-hondjie en toe ons daar aankom, het Charlaine dadelik nadergestap om die hondjie te vryf. Sy is so ʼn ongelooflike sterk dogtertjie. Ten spyte van wat gebeur het, is sy nog steeds die wonderlike vriendelike dogtertjie wat sy nog altyd was.”

Veronica Guarini, Charlaine se ouma, het aan Maroela Media gesê sy glo daar was ʼn beskermengel wat oor Charlaine gewaak het. “Dit kon soveel erger gewees het. Sy kon selfs dood gewees het. Ek wens so ek kan haar pyn vir haar wegvat, maar ons is baie dankbaar dat sy oukei is.”

Aangesien Charlaine nie ʼn mediese fonds het nie, moet die familie al haar mediese onkoste en medikasie self betaal. Mense wat graag die familie wil bystaan, kan Veronica by [email protected] nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Linda ·

Mense n dier bly n dier. Moenie toelaat dat jou kindertjies skreeu naby honde. My ervaring is dat honde baie sensitief is in hul ore en dit is natuurlike reaksie om die kind stil te maak.

jessica hattingh ·

dit is nie on noodig nie dit kan weer gebeur dat hulle haar weer sal byt hulle het klaar bloed ge proe en haar een keer gebyt en dit kan weer gebeur ek is self n ma en se dis beter laat die hond eder yt ge sit word as wat jou kind se lewe in gevaar is .of iemand anders weer ge byt word .sterkte aan ouers weet dis nie n lekker insedent om deur te maak nie mens raak so lief vir jou duur maar mens se kind kom eerste . ons bid dat haar wonde gou sal geneus

Me ·

Arme poppie! Ek hoop werklik sy word gou beter en genees ten volle!!!

Miem ·

Ai.. Dis vreeslik. Sterkte. My seuntjie is ook deur ‘n liefdevolle boerboel gebyt oor sameloop van omstandighede en wat nie regtig die hond se skuld was nie, maar meer ‘n reaksie.. (hy was 4 dae in die hospitaal) Die feit dat sy nie bang is vir honde wys dat die hond nie regtig aggressief teenoor haar wou wees nie, maar net uitinge aan aggressie gegee het, en sy was ongelukkig daar op die verkeerde tyd..(dus maar bloot my mening) My seuntjie is ook nie bang vir honde na sy byt nie.. Maar nog steeds nie lekker dat die kind so erg seer gekry het nie.. Sterkte aan almal..

Werklik ·

Hoekom die hond uitsit? Dit was nou regtig onnodig en bloot ‘n ongeluk.

Rissiepit ·

sal weer praat as so iets met jou jou kinders of kleinkinders gebeur.

Werklik? ·

Dit was net n ongelukkie.
Kom ons vat n kans en kyk of dit nie dalk n tweede keer ook gebeur nie…!? Ek sou nie die oiers kwalik neem vir hul besluit nie.

Daardie arme kind. Dis so hartseer.
My kinders word geleer dat wanneer die honde begin blaf vir ander mense of vir mekaar of soms net rof speel en veral as hulee eet, moet die kinders eerder wegbly. n Hond bly n dier en kan vinnig ge”triger” word…
Ons moet ons kindertjies (en onsself educate) hoe, waar en wanneer om honde te hanteer…
Hier is nou 2 onskuldige honde en n pragtige dogtertjie se lewens verwoes.

Gerda Strydom ·

My seun is 25 jaar gelede deur n hond verskeur op 7jarige ouderdom. 23 operasies later deur die beste spesialis Dr Mc Donough in sy gesig is hy ‘n lewende wonderwerk en getuie van hoe groot God is.

diereliefhebber ·

Jy kan nie n hond se lewe bo oor n kind sin stel nie. Wat as dit weer gebeur? Dus sal sy nooit weer buite kan speel nie want hoe los jy haar alleen by die honde. Dalk is sy dan nie so gelukkig nie. Glo sy gaan pragtig herstel.

Whatevr ·

As n hond my kind se gesig so verskeur sal ek hom afmaai. Maak nie saak wat..

Alta Saunders ·

Werklik jy weet nie waarvan jy praat nie. Ek is ‘n maand gelede deur bure se boerboel aangeval en verskeur. Hy het probeer om my keel by te kom. Hy het my kop , arm en been verskeur. Hy was nie geterg, ens nie. Hy het mens bloed en vleis geproe. Ek was drie uree in teater en Agnt dae in hospitaal. Hoe gaan jy verseker dat dit nie weer gebeur nie? Dit was baie traumaties en GEEN persoon wat nie self daardeur is kan besef hoe erg dit is nie. Daar is ‘n verskil tussen ‘n byt “snap” en los en om aangeval te word met bedoeling om dood te byt. Ek is baie lief vir diere maar gesonde verstand moet voorkeur kry bo misplaaste jammerte vir ‘n gevaarlike dier. Ek het slapelose nagte gehad oor die dier wat uitgesit is maar mens kan nie ‘n kans waag nie. Hierdie kindertjies is net deur die genade van Yahweh nie dood nie. Ons sal weer praat as dit met jou of een van jou geliefdes gebeur. ‘n Vriendin van my het dieselfde opinie as jy gehad. Ek kon my ore nie glo dat ‘n persoon so ‘n dier se reg op lewe meer belangrik ag as die reg op lewe van ‘n mens nie

Verkiesdiere ·

Ek stem 100% saam ! Ek voel baie jammer vir die kind maar die hond het nie regtig n se in die saak of hy will n troeteldierbwees nie! Die hond is n dier en sal so optree!

Karma ·

HOEKOM WORD DIE HONDE UITGESIT (een hond het die kind NIKS aangedoen nie) AS DIE HONDE OPGEWERK WAS deur mense wat hulle geterg het???

En voor julle my aanval, net dit: dit was ‘n vreeslike ongeluk en die hond het gereageer soos enige hond sou reageer. Hulle was aggressief en is getart en in die “ready-to-fight” bui. Boonop was daar reeds die versteurde huis-roetine omdat die gesin besig is om te trek. Ek sou eerder die honde vir iemand gegee het wat vir hulle miskien ‘n beter plek en meer aandag/dissipline kon gee.

Dit is baie jammer dat die arme ou dogtertjie so seer moes kry – sterkte aan haar en Mamma en Pappa. Gou gesond word, Poplap!

**anoniem** ·

@Werklik – Ek stem saam met jou, dit was werklik onnodig om die honde uit te sit! Daar is baie boere wat enige iets sal geen vir daardie tipe honde om hulle te beskerm. Ek het self ‘n Rottweiler en as hy blaf vir iets, gaan peuter jy nie aan hom nie, dis maar hoe sulke honde is en dit is hulle natuur om hulle mense te beskerm! Sterkte poppie, hoop jy voel sommer gou beter.

Clyvia ·

Werklik, ek kan werklik nie glo wat jy so pas gesê het nie. Sou jy ook gesê het dit was net n ongeluk as dit dalk een van jou kinders was. Dit is nie lekker om die diere uit te sit nie maar dit is beter so. Shame sterkte julle!

Charmaine De Wet ·

Sterkte poplap. Ek is ook ‘n Boerboel eienares, ek glo as Iemand jou Diere tart Sal hulle jou byt, maar hulle Sal nie die kinders byt wat saam hul groot geword het nie. Daar moet ‘n ander rede wees. Ek waarsku altyd mense wat by ons kom kuier om nie my honde te tart nie. As hulle dan gebyt word sal geen Polisie my honde skiet nie. Ek is een van die mense wat glo aan voorkoming is beter as genesing. Boerboele is van die beste honde wat jy kry vir kinders. Maar as jy hulle seermaak, maak hulle terug seer.

Jakoba ·

Charmaine De Wet waarvan praat jy? Ek is self deur ‘n boerboel gebyt, ‘n hond wat ek nog nooit eens mee te doen gehad het nie. Hoe de hel kan jy nou impliseer daardie klein dingetjie het die hond dalk seer gemaak. Ek het nie eens daardie hond seer gemaak nie, ek is eenvoudig net gebyt aan my been uit die bloute.

GrootHondHater Bosvark ·

So, wat leer ons uit hierdie hoeveelste keer se gebeurtenis?
Rottweilers, boerbulle, pitbull terriers, wolfhonde en doberman pinschers is GEVAARLIKE en onvoorspelbare honde en behoort regtens verbied te word. En moet nie al die hondeverenigings se argumente oor hierdie honde glo nie. Spyt kom te laat. En wie gaan die volgende slagoffer wees?

Eier ·

GrootHondHater Bosvark, jy het geen idee waarvan jy praat nie. Nie alle GROOT honde is GEVAARLIK nie, KLEIN hondjies kan ook groot skade aanrig aan iemand se gesig. Hoe jy jou hond grootmaak, ‘n GROOT of ‘n KLEIN tipe hond, hang baie af van hoe jou hond optree. So moenie praat waarvan jy nie weet nie. Baie sterkte in elk geval aan die arme Poppie en haar familie

Verkiesdiere ·

Jy haat honde? Laat ek raai , jy is gebyt deur een hond nou haat jy die hele spesie? Ek verkies enige dier bo mense! Mense lieg,steel , vergiftig die planeet waarop ons bly en jy besluit om n dier te haat? Ek hoop dat jy eendag jou fout agter kom , want diere dink nie hulle reageer op wat gebeur! Ek wonder hoe jy sal voel as ek jou buite agter n heining toe maak en almal tart jou heeldag!

Karma ·

@GrootHondeHater Bosvark – jy is duidelik ‘n honde hater. Dit is nie eens die moeite werd om met jou die argument oor watter honderas die seerste kan byt of die gevaarlikste is, aan te gaan nie.

Ek het ‘n Rottweiler en twee Alsatians – en die een wat my al die seerste gebyt het, was …….. my worshond-kruising! Die grootte van die hond maak nie saak nie, die grootte van sy bek en tande asook sy geaardheid en wat jy, die mens, aan die hond doen, maak wel saak. Jou hond is presies soos jou kind – hulle is wat jy hulle leer om te wees en hoe jy hulle dissiplineer. My honde krimp ineen as ek net hard hul name noem. Ek is BAIE beslis die leier in die honde “trop” en net een woord of selfs kyk van my is genoeg om hulle te laat kruip.

Hierdie hond het die arme dogtertjie gebyt omdat hy/sy opge-“charge” was (geterg deur mense wat daar verbyloop). Maar toe word die arme honde – albei van hulle – gestraf omdat hulle hul erf beskerm het. Hartseer saak in beide gevalle.

Alida ·

Honde wat nie behoorlik opgelei en gesosialiseer is nie, is eintlik die probleem, nie die honderas nie. En klein kindertjies mag nooit saam met groot honde speel of hardloop nie, want dit is in die hond se natuur om ‘n kind te domineer.

Jacques Venter ·

As jy n groot hond aanhou vir brskerming, MOET hy goed opgelei te word. Die eienaar moet die hond se leier wees

nHond het 3 behoeftes 1 liefde ,2 dissipline en 3 oefening.

Sonder die drie soek jymoeolikheid

Karma ·

@Jacques Venter? En wat van kos, warm slaapplek, veearts-besoeke en inspuiting?

Shane ·

Hi ek is so bly sy is ok . my seun was 5 toe ons rodweiler hom ook plat getrap het en hom bly in die gesig byt dit was baie erg hy het 47 steke in sy gesig gekry hy was ook die eerste paar weeke nie bang vir n hond nie . dit kom laater hy is tot vandag vrek bang vir honde veral as hulle blaf ek het ge dink na sy operasie gaan hy erg lyk maar hy het so mooi gesond geword . glo my dit is baie erg vir ons as ouers om deer dit te kom ek is nog steed nie ok met dit nie dit pla my nog baie hulle word beter maar dit vat tyd my seun is nou 8 en hy is nou eers 80% oor dit maar hy sal altyd bang bly vir honde dis iets wat nooit weg gaan nie dis baie erg voor spoed vir julle klein meisie kind se net dankie vir die groot een da bo dat sy ok is ons bid dat sy mooi gesond word

Entrepreneur Ystervark ·

Ek stel voor ons voer alle rottweilers, boerbulle, pitbull terriers, wolfhonde en doberman pinschers uit na China.

Wilmarie ·

hoe siek is jy??? hoe kan jy net voorstel dat ons diere stuur om lewendig geslag en agter karre aangesleep te word??? ek hoop jy word gestraf vd goed wat jy op lewende diere toe wens.

So jammer ·

Wat die ergste is,is as jy gedreig word deur hul hek te wil oopmaak om my en my gesin in gevaar te stel deur hul honde op ons te sit om ons te moet byt. Hoe laag kan n mens daal? My seun is gebyt op ouderdom 4. Hy onthou elke flippen oomblik,hys 18 nou. En Werklik,jy moet maar twee keer dink voor jy praat! Sterkte vir n spoedige herstel aan die kind.

Wetenskaplike Vlakvark ·

Bring my die wetenskaplike bewyse dat enige (groot) hond, hoe goed ookal “opgelei”, betroubare “beskerming” bied. Kos net bietjie giffies en Wagter is geskiedenis. So, al die stories oor beskerming is alles in die kop. Fop-persepsies in die kop. #WegMetFopPresepsies.

Zelda ·

Honde wat reg opgelei is aanvaar slegs kos by hulle eienaars so gif is dan van geen waarde. Jy weet duidelik bitter min van honde se gedrag en kapasiteit vir opleiding. Gaan sê vir die duisende Amerikaanse soldate wat se lewens deur “groot honde” gered is dat honde onopleibaar is en dan praat ons weer. ‘n Hond wat heeldag in ‘n klein hoekie agterplaas moet sit en nie gereeld gestap en geoefen word nie gaan eventually “snap”. Mense verstaan nie honde se behoeftes nie. Kom ons maak jou vir die res van jou lewe toe in ‘n beknopte spasie en kyk hoe vriendelik voel jy as jy nooit uitkom nie.

Nicolien Jonker ·

Dis vreeslik dat dit moes gebeur het met beide die dogtertjie en boerboele. Afgesien dat hulle getart was moes iets gebeur het. Honde val nie net aan nie sommer nie net hul gesinne. Ek dink die feit dat jul besig was om te trek het trauma aan die honde veroorsaak en hul was bang dat jul hulle sou agter laat. En die ongeluk wat nou gebeur het met die dogtertjie was nie n aanval nie maar bloot n reaksie. Dis vreeslik jammer dat hulle kant af moes gemaak gewees het. Ek weet nie hoe lank hulle al begin aggresief geword het nie maar diere weet meer as wat ons dink hulle weet. En daai 2 het geweet julle gaan trek van die eerste dag af wat jul geweet het. Vreeslik hartseer gelukkig sal die dogtertjie groot word en aan sterk. Net so on nodig dat hulle vankant af gemaak gewees het

Marlene ·

Ek stem saam, dis vreeslik hartseer wat gebeur het, ek kry haar uit my hart uit jammer want geen kind verdien om deur dit te gaan nie. Ek bid vir spoedige herstel, maar ek meen honde eienaars moet verantwoordelikheid neem. Veral met boerboele wat verskriklike ‘moodswings’ kan he! En hoekom al2 honde van kant maak, as dit een is wat haar gebyt het? Ek het 2 staffies! Die liefste goed, selfs met 3 kinders. Dis hoe jy hulle grootmaak en jy ken jou honde. Mense is geneig om hulle honde af te skeep as hulle kinders het, en die feit dat julle trek kon meer angstigheid veroorsaak het. Liefs julle kry nie weer diere nie.

Jos ·

Selfde as met Carli Swart. Arme kind moet vir die res van haar lewe met die letsels boet omdat ouers gevaarlike diere as troeteldiere aanhou. My innige simpatie met die arme kind. Geen simpatie met die ouers wat sulke gevaarlike troeteldiere wil aanhou as hulle kinders het nie. Daar is baie ander troeteldiere wat glad nie gevaarlik is nie. Sameloop van omstandighede en dis nie die hond se skuld nie is nie ‘n verskoning nie. Groot honde bly gevaarlik vir kinders en hul gedrag en reaksie kan nie voorspel word nie.

Arizona ·

My seuntjie van 3 het net n arm gebreek by die skool en ek was histeries, kan myself nie in hierdie ouers se skoene sit nie ek sou daai hond met my blote hande dood maak. Sterkte vir die ouers. Al is haar gesiggie verniel is sy nog steeds pop mooi. Sterkte liefie kind, word gou gesond

NOU PRAAT JY! ·

Beste honde. Liefdevol. Groot. En almal aan die anderkant van die hek is bang…. al gaan die hond hom opeet VAN LIEFDE

Amelita ·

Ek het self 2 groot rotweilers, en woon op n plaas. Saam met hulle 3 jack russels.
Die kleinhonde is baie op en wakker maar soms blaf hul vir als. As ek op hulle skree om stil tebly sal die rotweillers dadelik opspring en na hulle hardloop. Dan moet ek nder stap en rustig met hulle praat anders is daar n honde geveg. Moet se hulle kom baie baie goed oor die weg klein honde groom die rotweillers heeldag, le op hulle. Maar net my stem stoon sit die groot honde in aanval mode.
N skril geluid, vinnige beweging saam dit sal dat enige hond in aanvals mode oorgaan, die klein poppie was net tussen die honde wat reeds getart is en sy het moontlik geskreeu. Soos die ma se hy het dadelik gestop toe hy haar sien het, toe eers uit dit gesnap dat dit die dagtertjie is.

GrootHondHater Bosvark ·

@Amelia en Eier. Ek het op ‘n plaas groot geword. Die een of ander tyd sal die rottweilers, boerbulle, pitbull terriers, wolfhonde en doberman pinscher die verskrikte skaap(e) aanval en verskeur. Sommer 50 op ‘n slag. Die aanvalsinstink kan nie bestuur word nie, selfs nie deur “opleiding”. Dit is in die wese van sy DNS. Vervang skaap met kind en sien wat gebeur. So, van hoeveel verdere aanvalle gaan ons tot einde Desember 2017 in Maroela Media lees?

Johan ·

Geliewe @GrootHondHater Bosvark – Rottweillers is geteel as WAGhonde. Hulle is ‘n herding breed. Ek weet van skaap en beesboere wat rottweillers saam met hulle diere in die veld los oh hulle te beskerm van alles van jakkals, luiperd en bobbejaan. Ek het van kindstyd af Rottweillers. Hulle is ERG beskermd oor hulle familie of “trop” waarmee hulle grootgeword het. Dis hoekom jy nooit sommer ‘n uitgegroeiede Rottweiller moet aanneem nie. Hulle is ook aangewys as Suid Afrika se nommer een honde ras vir 2017 JUIS oor hulle temerament.

susan ·

Julle hoort almal in die parlement met verskillende uitsprake. Iemand wat nie van diere hou nie maak my onrustig. Behandel alle diere asof gevaarlik.

Verkiesdiere ·

Stem 100% ! Dis mense wat stupid besluite maak nie diere nie!

Anoniem ·

Dis interessant dat niemand vra hoekom daar skielik ‘n toename in hierdie tipe voorvalle is nie? Natuurlik is dit ontstellend en wil niemand hê dat sulke dinge moet gebeur nie. Ek wil net graag weet, hoekom gebeur dit? Niemand dink dat diere ook gespanne raak nie, die verskoning is altyd dat hulle ‘n “wrede” streek het. Niemand dink daaraan dat diere elke dag aan allerhande kriminele elemente blootgestel word nie. Nietemin, is dit werklik jammer wanneer sulke dinge gebeur.

Ou Erdvark ·

‘n Uitstekende onderwerp vir ‘n Ph.D studie in DNS en genetika en ‘n D.Ed in opvoedkunde en ‘n D.Phil. is hondesielkunde.

Daar is nie nou ‘n “skielike toename in hierdie tipe voorvalle”. Ek het pakke koerantuitknipsels van vernielde mense en steeds doen niemand skynbaar niks omtrent die probleem nie.

Anoniem ·

Jy mis die punt. Maar nou ja, ons is mos “die mens” wat beter weet, beter beredeneer. ;-)

Hoekom? ·

Mense moet weet. Boerboele is oorspronklik in Suid-Afrika gebreed. Hulle is baie onvoorspelbaar en dom ook. Maak my vies as mense kinders het en nie mediesefonds het nie. Ons leef in ‘n tyd wat almal weet waar babas vandaan kom. Nou moet die publiek opdok.

Anoniem ·

Die publiek dok vir derduisende AIDS pasiënte op so ek stel voor jy heroorweeg jou stelling want jy klink ietwat verlore met jou argument! Ek help graag mense wat minder as ek het! ;-) Dis my voorreg.

Susan ·

Hoekom, ek kan jou waarborg Boelboelle is nie Dom Honde nie! Inteendeel, hulle is uiters intellegent, en sal eienaars beskerm tot die dood toe! Ek het ‘n Boerboel gehad, en op 12 jaar moes ek haar laat uitsit omdat sy kanker gekry het, nie eendag was sy ‘n aggresief gewees nie, behalwe as sy nei gemaklik met iets gevoel het nie – maar nooit het sy aangeval nie!! Ek het nou weer ‘n Boerboel, net oor ‘n jaar oud, liefdevolste hond nog, maar ongelooflik beskermend oor my Pa (wat ‘n pensionris is en oor my) wat my ‘n geruste gemoed gee, want ek weet hy sal my Pa beskerm tot die dood toe as daar iets gebeur! Mense hou groot honde aan vir beskerming! Dit is alles van hoe jy jou hond groot maak! Het jy geweet, ‘n Worshond is een van jou honde wat die vinnigste sal draai op sy eienaar en hom byt? Maar daar word niks daarvan gese nie, omdat hy ‘n klein hondjie is! Dit is baie hartseer wat die die dogterjie gebeur het, en hoop sy word sommer vinnig gesond! Maar om te se Boerboelle is Dom Honde – gaan dink weer!!

Rika ·

Dit is so hartseer maar ek dank God dat sy lewe en ek glo sy sal ten volle herstel. Ek self is baie bang vir honed en los nie my kinders alleen nie, hierdie mamma het ook dadelik agter haar kind aan gehardloop. Ja, mens ken jou honde maar hulle is onvoorspelbaar, en “hoekom”.. soms gebeur daar dinge in die lewe wat veroorsaak dat jy nie medies kan bekostig nie. Ek het medies gehad met die geboorte van al 2 my kinders maar toe ek geskei is, kon ek dit nie meer bekostig nie. Moet nie oordeel as jy nie die ware omstandighede ken nie. Die ouers het haar dadelik na n hospital geneem . Baie sterkte poplap en mamma en pappa

A ·

Dis jammer oor die ongeluk en oor die honde. Voordat hulle die honde uitgesit het, moes hulle die hek oopgemaak en hulle losgelaat het op die wat hulle verpes. Dis waarom hulle so gespanne was.

Theresa ·

Verseker. Buiten dat dié wat die honde daagliks so tart dan weer skreeuend teem dat dit die honde en mense wat die honde besit se skuld is. Als baie melodramaties soos net tergende, tartende mense dit kan doen. Dit bly egter ‘n puik idee.

C.R ·

Dit is ongelooflik hartseer oor wat gebeur het en ek is bly sy is okay.kon soveel erger gewees het.ek self het 3 boxers en hulle is vir my soos kinders.net my mening maar het die hond haar nie net weg gehou van die “gevaar” by die hek nie.as ek kyk na my honde, hulle hap na mekaar nie noodwendig om seer te maak nie maar om boodskap oor te dra.en n sagte kinder vel kan nie daai hap vat soos n hond se vel nie. Die dat hy haar dadelik weer gelos het.baie hartseer storie.dink aan julle glo en vertrou vir volkome genesing.

Boerboel ·

Ek is baie Lief vir diere maar sal nooit n boerboel wil he nie. Ons het by mense gebly wat met hulle teel en na jare wat ons en ons retriever daar gebly het, het hulle regtig vir geen rede ons begin storm en self’s my retriever amper dood gebyt. My kind het eendag net langs my gestaan toe raak een van hulle aggresief vir geen rede nie. Dankie tog, ons het net daarna getrek want die eienaar wou niks omtrent dit doen nie. Nie lank na ons weg is nie het ons gehoor n boerboel het die nuwe inwoners se hond dood gebyt. Die ergste vir my was dat die eienaars van boerboele altyd die honde verdedig… Nee wat, nooit weer wil ek naby n boerboel wees nie. Hulle is veels te onvoorspelbaar…

Sjoe ·

Sjoe wat ‘n groot ongeluk. Eks tem saam veearts, dit is die geterg en hulle het haar nei by hul verwg nie. Jul is goeie ouers wat al die regte dinge gedoen het, mediese sorg dadelik en die honde uitsorteer het. Ek is bitter lief vir my diere en moes ook 1 keer 1 hond uitsit wat ‘n kleiner 1 doodgebyt het, dit was die hartseerste dag, maar ongelukkig as hul 1 keer gebyt het is dit verby. Alle diereliefhebbers respekteer asb die ouers en hul besluit, as jy in hul skoene was, sou jy dieselfde gedoen het, jy kan nie bekostig om die kans te vat om weer voor so groot ongeluk te staan te kom nie. Al het sy so bitter seer gekry, is sy gelukkig om so byt deur die tipe hond te oorleef, so dit was die beste besluit. Liewe ouers moet nie alles lees wat mense skryf nie, dit is slegs ‘n opinie, gee liefde en ‘n nuwe hondjie, dalk eers kleiner ras tot sy heelwat groter is, sy is lief vir diere en hoekom nie.

k ·

oh nee my hart sal iets oorkom…bly jy is ok pop….Ek het lank n boerboel gehad. Die liefste ding ooit – van kleins af gehad. nooit kwaai teenoor sy mense nie maar erg beskermend. Hy was glad nie gewoond aan kinders nie so dus het ons hom liefs weg gehou van hulle af. hy het wel aggressie getoon maar dit was omdat hy n beroerte gekry het en n gewas op die brein onwikkel het. Hy was darm die uitsit gespaar en die Honde Hemel Engel het hom kom haal… Ek sal enige tyd weer n boerboel kry die mooiste liefste goed ooit…soos n baba.. en nou het ek n Staffie – wat bitter goed is met kinders al is sy nie gewoond aan hulle nie. Aandag, liefde en omgee is al wat enige mens en dier nodig het. The great wall of China sal val as jy aan my hond raak omdat hulle verband of na China gestuur moet word soos voorgestel…

Ang ·

Dnaaks hoe n dier wat sy instunkte volg uitgesit word. Kind maak die hond seer en hy byt…. hond word dood gemaak. En almal is super bly daaroor maar as n mens ander martwl verbrand doodslaan stenig verkrag is almal shame die arme mensie kan hom nie ” uitsit” nie dit was n vout dit was omstandighede hy kan reg kom.. ek voel bitter jammer vir daai kind maar n hond wat nie van kleintyd grootgemaak is om kinders nie raak vinnig heirriteerd met kleintjies wat seer vat klap en skop.. en n ou hond is maar soos n ou mens nie lus vir all die op my spring trek en stoot nie.. hoop poppie raak gou gesond en mag die Here gee dat sy emosioneel en fiesies geen letsels oor het nie..

Se maar net ·

Watter tragiese geval. D
Soo onnodig. Soo jammer vdi pragtige kind en di diere. Die vraag wat by my opkom is: as daar ni eers mediese fonds is ni, wat is die kanse dat die diere ooit in hle lewe al by veearts was. Jaarlikse inentings en gewone ondersoeke. If you cannot afford please dont have/keep.

Eddie ·

Arme honde. Moes die honde loslaat op daai mense wat hulle so tart.

MARTIE ·

Ag siestog, sterkte meisiekind en sterkte vir die ouers ook.

Nina ·

Die honde weet mense terg hulle. Die veearts moes verduidelik het. Dit word ‘displaced aggression’ genoem. Ek self sit met ‘n labbie met die ding omdat hy mishandle was en geterg word deur kinders in die straat. My jack russel moes die pynlike prys betaal. Altwee leef nog en nog steeds so lief vir hulle. Dit is weereens die mensdom wat die diere faal, en hulle moes die duurste prys betaal. Daardie honde sou die dogterjie niks gemaak het nie was dit nie vir die tergery nie, anders het hy aanhou verskeur en nie gelos nie. Jammer vir die dogterjie wat met letsels moet sit as gevolg van mense wat onverantwoordelik optree. Honde het ook gevoelens en hulle kan dink en onthou. Dit is waarom ek my honde tot bitter einde sal beskerm teen die mensdom

jones ·

ai ai mense verstaan die pint n hond bly n hond of hy nou n boerboel of n worshond is maak nie saak hoe goed hy opgely is van kleins af nie .jy sal nooit weet wat deur daai hond se gedagtes gaan nie al gedra hy hom hoe goed . . my ma se oom het 2 rottweilers gehad dit was sy kinders ge wees hyt hul van kleins af gehad . wat het gebeur ? hul het hom dood gebyt. ek is baie lief vi honde . maar vetrou jou hond bietjie minder n hond het maar sy natuur .

Gesiggie ·

Ek het die foto van Carli gesien hoe sy gelyk het nadat die HOND haar in gesig gebyt het… ek was so onsteld dat ek vir die hele dag nie kon werk, en net aan haar gedink het, al die eina wat sy moes deur gaan… My hart was Stukkend, ek sou ook nie toelaat dat my eie hond my kind so verskeur? dit is Hartseer om die dier dood te skiet. Maar as hy dit eers een keer gedoen het, sal hy weer. Ek is nie n groot Boerboel liefhebber en ook nie n Varkhond.. al van te veel gevalle gehoor waar hul kinders aanval. Hierdie honde moet op plase gesit word om al die Varke wat die Oumense so aanval en vermoor te verskeur en op te vreet…. sodat daar niks van hul oorbly. Carli Engel kind ek bid dat Jesus al jou Eina gou sal gesond maak, Jy is n pragtigge dogtertjie en verdien net die beste… Sterkte aan Mamma en Pappa met die Herstel van jul Dierbare meisiekind. So Dankbaar sy is ok.

Neilia ·

Die helfte lees weer nie die hele berig voor hulle kommente los nie . Die honde is van kant gemaak. Jy kan nie n dier skiet as hy reeds dood is nie. Dood bly dood daar is nie dood dooier doodste nie. Die diere was onskuldig , ja hulle het wel die kind gebyt maar deur ander booswigte wat tart. As eknjou vang my honde tart moet jy weet ek gaan my hek oopmaak. Hoop jy kan vinniger as my honde hardloop. Jammer meisiekind ek hoop jy genees tenvolle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.