Kleuter op snelweg: Ma weer in hof

Argieffoto

Argieffoto

Valencia Ngobeni, wie se kleuter verlede jaar op die N1-snelweg aangetref is, gaan na verwagting Donderdag weer in die Vereeniging-landdroshof verskyn.

Haar vonnisoplegging is op 7 Januarie uitgestel, aangesien die hof steeds gewag het op ʼn verslag nadat sy in September by die Sterkfontein psigiatriese hospitaal ondersoek is.

Dit was nie die eerste keer dat haar vonnisoplegging uitgestel moes word omdat die verslag nie gereed was nie.

Ngobeni is op 5 April 2014 in hegtenis geneem nadat haar 16 maande oue seuntjie op die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit  gestap het. Hy het ʼn noue ontkoming met ʼn vragmotor gehad. Ngobeni, wat in daardie stadium 19 jaar oud was, het skuldig gepleit op aanklag van kinderverwaarlosing en poging tot moord. Sy is in Julie skuldig bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.