Kleuter op snelweg: Saak weer uitgestel

Argieffoto

Argieffoto

Valencia Ngobeni, wie se kleuter op die N1-snelweg aangetref is, se vonnisoplegging is Woensdag weer in die Vereeniging-landdroshof uitgestel.

Die hof wag steeds op ʼn verslag nadat sy in September by die Sterkfontein psigiatriese hospitaal ondersoek is. ʼn Tolk moes in Xitsonga aan haar verduidelik dat haar saak tot 29 Januarie uitgestel is.

Sy bly in aanhouding.

Ngobeni is op 5 April 2014 in hegtenis geneem nadat haar 16 maande oue seuntjie op die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit  gestap het. Hy het ʼn noue ontkoming met ʼn vragmotor gehad. Ngobeni, wat in daardie stadium 19 jaar oud was, het skuldig gepleit op aanklag van kinderverwaarlosing en poging tot moord. Sy is in Julie skuldig bevind.

Lees alle vorige berigte oor die Grasmere-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.