Kleuter se liggaam in vlak graf gevind

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

Die polisie in Lichtenburg in Noordwes ondersoek ʼn saak van moord nadat die lewelose liggaam van ʼn kleuter Dinsdag in ʼn vlak graf gevind is.

Klein Neo Refemetswe Tlhame (2) van Uitbreiding 3, Blydeville buite Lichtenburg, word al sedert 24 Mei vanjaar vermis.

Neo se ma het die polisie ontbied toe sy vandeesweek ʼn verdagte graf naby ʼn rivier in die omgewing opgemerk het.

“Die graf is oopgegrawe waar die ontbinde liggaam van die jong Neo geïdentifiseer is aan die klere wat hy op die dag van sy verdwyning aangehad het,” het die polisie in ʼn verklaring gesê.

Neo was op die betrokke dag van sy verdwyning onder die toesig van sy ouma en oupa. Dit was egter eers toe sy ma hom na werk wou oplaai dat hulle besef het Neo is weg. Uitgebreide soektogte deur die familie en gemeenskap het egter niks opgelewer nie en ʼn saak is by die polisie vir verdere ondersoek oopgemaak. Die polisie kon Neo ook nie opspoor nie.

Die oorsaak van die kleuter se dood is in dié stadium onbekend en niemand is nog in verband daarmee in hegtenis geneem nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Asgat ·

Hoe kan n’ niemand agterkom dat n’ twee jarige kindjie weg is nie? Dit is ooglopend dat daar in daardie huis gebeur het….

ES ·

Hoe het ouma en oupa nie agtergekom hy is al die heel dag weg nie?

Perdeby ·

Wel as jy in ‘n vlak graf gekry word en jy word al amper 2 maande gesoek glo ek die liggaam is nie meer leweloos nie, maar wel al ontbind.

anniekiewiet ·

Mag hierdie ma en familie ook troos kry van Bo van ons Vader.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.