Kleuter se liggaam in vlak graf gevind

Argieffoto: Kent Williamson

Die erg ontbinde liggaam van ʼn driejarige dogtertjie is in ʼn vlak graf in Pienaar naby Nelspruit gevind.

Kol. Mtsholi Bhembe, provinsiale polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het Donderdag gesê die gru-vonds is op ʼn erf by ʼn huis in die Gobhoza-nedersetting gemaak.

“Die kind se liggaam is ontdek nadat die polisie inligting ontvang en opgevolg het van ʼn kind wat na bewering in 2015 reeds vermoor is,” het Bhembe gesê.

Volgens Bhembe glo die polisie die kleuter se stiefma en pa, Francis en Phanuel Kombora, kan die polisie in hul ondersoek na die “gruwelike daad” bystaan.

Die oorsaak van die kind se dood is nie bekend gemaak nie.

Mense met inligting oor waar die kind se ouers hulle dalk bevind, word versoek om lt.kol. Jackie Mbuyane by 082 469 1478 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

BOLANDER ·

Ek stem nie heeltemal saam met jou nie. Dit is nie die wêreld wat siek is nie maar wel die mense in die wêreld!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.