Kleuter se liggaam op bed gevind ná brand

Die toneel nadat die brand geblus is. Foto: Verskaf

Nadat ʼn reusebrand Donderdagoggend op ʼn kleinhoewe in Benoni aan die Oos-Rand uiteindelik geblus is, is die verkoolde liggaam van ʼn vierjarige seuntjie op sy uitgebrande bed tussen die puin aangetref.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê die nooddienste is omstreeks 07:55 na die kleinhoewe in Petit ontbied. Brandweerwaens van die Rynfield- en Farrarmere-brandweerstasie, asook ʼn watertenker van Boksburg en talle brandbestryders het saam by die toneel opgedaag.

“By hul aankoms was agt plakkershutte en ʼn meganiese werkswinkel in ligte laaie,” het Ntladi gesê. Brandbestryders het onmiddellik begin om die vlamme te blus en terwyl hulle besig was om die laaste smeulende dele nat te spuit, het hulle op die kleuter se liggaam afgekom.

Volgens Ntladi het die kleuter glo nog geslaap toe sy ma werk toe en sy ouer suster skool toe is. Iemand was veronderstel om later die kind te kom haal om hom dagskool toe te neem.

Ntladi het gesê ses voertuie, ʼn sleepwa en talle werkswinkeltoerusting is ook in die brand vernietig. Die oorsaak van die brand is nog nie amptelik vasgestel nie, maar voorlopige inligting dui daarop dat ʼn onwettige kragaansluiting moontlik die oorsaak kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
lulu

So ek wil dit net graag reg verstaan…die 4-jarige was alleen…….

Genieve

Kla die ma aan vir nalatigheid wa los jy n 4jarige kind alleen…whooo aarde sluk my in.

Ronel

Die arme, arme kindjie! Wat ‘n wrede dood! Al is jou lewensomstandighede ook hoe moeilik, kan mens mos nie so ‘n ou kleintjie alleen los nie! Waar is die ouer se sin vir verantwoordelikheid dan tog?

Tanzie

Hoe oneindig ondenkbaar om so ‘n wrede dood te sterf. Ek dink nie daar is iets erger as om dood te brand nie. Rus in vrede kindjie.

Iemand

Aan almal van julle wat hierdie ma so veroordeel. Ek vra dit vir julle: Wat sou julle doen as julle as enkel ouer in ‘n shack gebly het, met 2 kinders om te versorg en geen werksgeleenthede naby die huis nie? Weet julle hoe baie mense staan 4uur in die oggend op, ry vir 2 uur of meer met ‘n taxi sodat hul iemand anders se huis kan skoon maak. Dit is die Here se genade dat jy die lewe het wat Hy vir jou gegee het. Die Here kon vir jou ‘ n ander lewe gegee het. Jy kon… Lees meer »