Kleuter se liggaam op bed gevind ná brand

Die toneel nadat die brand geblus is. Foto: Verskaf

Nadat ʼn reusebrand Donderdagoggend op ʼn kleinhoewe in Benoni aan die Oos-Rand uiteindelik geblus is, is die verkoolde liggaam van ʼn vierjarige seuntjie op sy uitgebrande bed tussen die puin aangetref.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê die nooddienste is omstreeks 07:55 na die kleinhoewe in Petit ontbied. Brandweerwaens van die Rynfield- en Farrarmere-brandweerstasie, asook ʼn watertenker van Boksburg en talle brandbestryders het saam by die toneel opgedaag.

“By hul aankoms was agt plakkershutte en ʼn meganiese werkswinkel in ligte laaie,” het Ntladi gesê. Brandbestryders het onmiddellik begin om die vlamme te blus en terwyl hulle besig was om die laaste smeulende dele nat te spuit, het hulle op die kleuter se liggaam afgekom.

Volgens Ntladi het die kleuter glo nog geslaap toe sy ma werk toe en sy ouer suster skool toe is. Iemand was veronderstel om later die kind te kom haal om hom dagskool toe te neem.

Ntladi het gesê ses voertuie, ʼn sleepwa en talle werkswinkeltoerusting is ook in die brand vernietig. Die oorsaak van die brand is nog nie amptelik vasgestel nie, maar voorlopige inligting dui daarop dat ʼn onwettige kragaansluiting moontlik die oorsaak kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

lulu ·

So ek wil dit net graag reg verstaan…die 4-jarige was alleen…….

Karel ·

Jy verstaan 100% reg, hulle het n 4jarige alleen in die huis gelos. Die ma moet aangeklae word van nalatigheid.

MissDemeanor ·

Ja hy was alleen. Dit wys jou hoe desperaat mense is vir werk. ‘n skoonmaker by my werk staan elke oggend 3 uur op om vir 2.5 ure met n taxi te ry tot by die werk. Hierdie mense kan nie kinderoppasers bekostig nie, en baiekeer is daar net 1 ouer. So voordat jy die ma veroordeel, dink aan hoe moeilik dit vir haar is om haar gesin te versorg. En nou is haar kind dood. Dis verskriklik

Genieve ·

Kla die ma aan vir nalatigheid wa los jy n 4jarige kind alleen…whooo aarde sluk my in.

MissDemeanor ·

Ja Genevie dis maklik om te oordeel. Jou man het dalk n goeie werk ten jy kan bekostig om by die huis te sit en kinders op te pas. Maar wat sou jy doen as jou man nie daar was nie, die naaste plek waar jy kan werk is meer as n uur se ry weg en jy wil vir jou kinders se onderig en kos betaal? So voor jy oordeel, wees dankbaar dat jou lewe genadiglik makliker is.

Ronel ·

Die arme, arme kindjie! Wat ‘n wrede dood! Al is jou lewensomstandighede ook hoe moeilik, kan mens mos nie so ‘n ou kleintjie alleen los nie! Waar is die ouer se sin vir verantwoordelikheid dan tog?

Leser ·

Ek is seker daardie ma voel vreeslik hieroor en sou beslis ‘n ander keuse gemaak het as sy gedink / geweet het dit sou gebeur. Baie baie tragiese storie. Ek hoop mense in soortgelyke situasies wat hul jong kindertjies alleen by die huis los, leer ‘n groot les hieruit.

Iemand ·

Leser ek stem saam jou. My eie ou seuntjie is 4 jaar oud. Dit sou my hart breek om hom alleen te los. Maar dit sou nog erger wees as ek nie vir hom kos, klere medisyne en ‘n opvoeding kon gee nie. Miskien het die ma gedink dis OK as hy nog vir n uur alleen slaap want die bure is naby…wie weet? Maar ek is seker as sy ‘n ander opsie gehad het sou sy dit geneem het. Aan al die mense wat haar so veroordeel vra ek, wat sou julle doen as jul in haar skoene was? Leer Jesus ons dan nie dat dit verkeerd is om te veroordeel nie? Wees dankbaar vir wat julle het.

magda ·

Ek stem Ronel. Reel dan eerder om later in te gaan werk toe maar ek het nie eers my groter kinders alleen gelos nie. Dalk het sy elke dag die kind alleen gelos – dat dit al “normaal” was. Wie weet?

Tanzie ·

Hoe oneindig ondenkbaar om so ‘n wrede dood te sterf. Ek dink nie daar is iets erger as om dood te brand nie. Rus in vrede kindjie.

Iemand ·

Aan almal van julle wat hierdie ma so veroordeel. Ek vra dit vir julle: Wat sou julle doen as julle as enkel ouer in ‘n shack gebly het, met 2 kinders om te versorg en geen werksgeleenthede naby die huis nie? Weet julle hoe baie mense staan 4uur in die oggend op, ry vir 2 uur of meer met ‘n taxi sodat hul iemand anders se huis kan skoon maak. Dit is die Here se genade dat jy die lewe het wat Hy vir jou gegee het. Die Here kon vir jou ‘ n ander lewe gegee het. Jy kon ook ‘n enkel ouer in ‘n plakkerskamp gewees het. Jy kon ook ‘n keuse gehad het om by die huis te bly terwyl jou kinders geen kos, klere of opvoeding kry nie. Of jy kon kies om jou kind vir ‘n uur alleen te los voor iemand anders hom skool toe vat, en te hoop alles is OK. Jesus leer ons in Matt 7 om nie ander te oordeel nie . Hoe ver moet jou skoonmaker ry om tot by jou huis te kom? Wie kyk na haar kinders terwyl sy weg is? Wat sou van haar word as sy nie werk gehad het nie?

magda ·

En mense asb – almal wat so met die Bybel onder die arm rondloop en versies kwoteer – asb. ‘n Kindjie is DOOD omdat die ouer aan wie God die kind toevertrou het, nie hul ouerlike plig nagekom het nie – dis die harde waarheid.

Vicky Alberts ·

Ek stem 100% saam jou. Hierdie self aangestelde gode wat als ‘weet en oordeel’ sal nooit verstaan tot hulle self in so situasie was nie. Die vrou moes gaan werk,sy het kinders om voor te sorg. Sy verdien nie 10% van die meeste hier se maandelikse inkomste nie en nog minder kan sy n lady of leisure wees om by die huis te sit met handjies gevou.
Dis hartseer en tragies dat so iets moes gebeur,dis n Ma wat haarself nooit gaan vergewe nie,al het sy net goed gedink en gebid dat haar kind wel sal veilig en versorg sal wees. Mag daar nooit iets so tragies op julle alwetendes se paaie kruis nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.