Kleuter skok dood op Vrystaat-plaas: ‘Boetie kom nooit weer huis toe nie’

GD Kotzé. Foto: Facebook

GD Kotzé. Foto: Facebook

ʼn Egpaar van die Vrystaat is platgeslaan nadat hul vyfjarige seuntjie in ʼn fratsongeluk op sy grootouers se plaas dood is.

GD Kotzé is Donderdagmiddag dood toe hy aan ʼn hek op die plaas gevat het en doodgeskok is. Dirk, GD se pa, het aan Maroela Media gesê GD het saam met sy ma en agtjarige sussie, Machné, by sy skoonouers op hul plaas buite Petrusburg gaan kuier. Dirk sou later by hulle aansluit.

“Hy het nog die middag saam met sy oupa, sussie en ʼn ander oom in die veld gaan braai om Braaidag te vier,” het Dirk gesê. Nadat hulle by die huis aangekom het, het GD sy oupa gehelp om ganse uit die tuin te jaag. Hy het aan die hek in die heining gevat en is geskok.

“Dit was ʼn gewone hek, nie ʼn elektriese hek nie. Ons weet steeds nie heeltemal wat presies gebeur het nie. Daar loop ʼn kragkabel van die koelkamer in die stoor na die hek toe, dus vermoed ons daar moes ʼn kabel onder die grond gelek het,” het Dirk gesê.

GD se oupa het hom van die hek af geruk en met hom na ʼn dokter se spreekkamer in Petrusburg gejaag. Daar het hulle gewag vir die ambulans wat van Bloemfontein af moes kom. “My skoonpa sê GD het nog so nou en dan ʼn asempie gegee, maar ek dink hy was min of meer op slag dood,” het Dirk gesê.

Dirk het van Jacobsdal na Petrusburg gejaag. “Toe die ambulans daar aankom, het hulle nog lank met hom gespook en hom probeer bybring, maar ek kon sien dit was tevergeefs. Hy was klaar weg.”

Hy vertel dat GD ʼn opgewekte en bekkige seuntjie was, wat altyd met almal ʼn geselsie wou aanknoop. “Hy het meer mense in Jacobsdal geken as wat ek ken. Hy het altyd met al die boere en die ouers by die kleuterskool gesels en was so vriendelik en spontaan. Alles wat hy gedoen het, het hy voluit gedoen. Hy het altyd geglimlag,” het ʼn emosionele Dirk gesê.

“Machné weet wat gebeur het, maar ek weet nie of die werklikheid al heeltemal by haar ingesink het nie. Sy wag nog heeltyd dat haar boetie huis toe kom. Toe ons vroeër vir [GD] kleertjies moes uitkies om na die begrafnisondernemer te vat, was sy so opgewonde omdat sy gedink het hy kom huistoe. Toe moes ons eers verduidelik dat hy nooit weer huistoe kom nie.”

Dirk het gesê ʼn roudiens vir GD sal Woensdag in die NG Kerk op Jacobsdal gehou word. GD sal veras word.

“Dit is onbeskryflik moeilik. ʼn Mens verstaan dit nie. Ek dink nie ʼn mens sal dit ooit verstaan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Eliza-beth ·

Ai… en die arme oupa, kan dink hoe hy ook moet voel. Sterkte, vrede en aanvaarding vir almal betrokke.

rienie ·

Liewe dierbare gesin, ons vra hoekom, ons verstaan nie, ons het seer, ons is stukkend, maar wat ons wel weet en verstaan is dat Jesus ons dra in sulke hartseer onbeskryflik groot. Maar jul daaraan vashou. Baie baie sterkte.

Alie ·

Wat ‘n voorreg was dit om ‘n lewe met die “Engel” te deel. Hy is nou Tuis. Mag God julle vertroos en vashou in sy boesem.

Margot ·

Dis hart verskeurend!!! Ons vergeet so maklik dat ons kinders vir ons geleen word. Ek voel hartseer dat julle so kort tyd saam julle kind gehad het. Hoop julle harte vind vrede. Sterkte!!

Niel ·

Ai hoe verskriklik! Rus in vrede ou seun. Innige meegevoel aan die naasbestaandes. Sal bid dat God jul pyn en verlange meer draaglik sal maak…

elize ·

Rus in vrede kleinman. Mag die wat agterbly troos en vrede by ons Meester vind.

hartseer ·

Die afsterwe van n kind is die pynlikste gebeurtenis waardeur ons kan gaan. Ek dink met groot teerderheid aan die hele familie. Ons visie is so beperk en daarom kan ons dit nooit begryp nie, vir ons n onverstaanbare gebeurtenis wat diep slote ploeg in mens se hele wese. Ek kan jul nie troos nie, want julle seer is te groot en onbeperk… Gaan sit by Jesus se voete en kry by hom vrede net Hy kan ons dra deur so n verskriklike gebeurtenis! Baie sterkte aan almal!

Ansie Appelgryn ·

Dis net genade op genade wat gesinne elke dag bewaar. Trooswoorde het ek nie. Kan jul net by Jesus se voete neersit en vra vir vertroostende arms oor elkeen. Jesus liefde

FM ·

Hartverskeurend vir ouers om een van hul kosbaarste besittings aan die dood te moet afstaan. Ons as ouers moet ons kinders omvou en geniet. Hulle is kosbaar en is net vir ons geleen. Arme grootouers wat so lief is vir hul kleinlinders!! Hartverskeurend! Sterkte aan die ouers. Ons ander sal dit nie verstaan nie.GD lyk na n oulike seuntjie. As oud- onderwyser van LANDBOUDAL op Jacobsdal gaan my hart uit na julle. Die Liewe Vader sal op sy tyd vertroosting gee. Doen beroep op vriende en familie om hartseerouers en grootouers te ondersteun in die moeilike tyd.

GERALD VAN DER MERWE ·

TOETS AL JOU HEKKE EN HEININGS SOOS VOLG VERAL ELEKTRIESE HEKKE> SLAAN GROND PEN IN DIE GROND LANGS DIE HEK OF HEINING>[GROND PENNE KAN BY ELEKTRIESE KONTRAKTEURS GEKOOP WORD}>> KONNEKTEER N 220 VOLT BUITE LIG AAN DIE GROND PEN EN DIE ANDER DRAAD AAN DIE HEK. INDIEN DIE LIG EFFENS GLOEI IS DAAR N GRONDLEKKASIE >>. LAAT DIT ONMIDDELLIK HERSTEL. HOU DIE LIG PERMANENT GEINSTALLEERD VIR TOEKOMSTIGE LEKKASIE AAN WYING. IN DIE GEVAL VAN DIE SEUNTJIE GD >>WAT N ONGELUKKIGE VOORVAL> DIT KOM VIR MY VOOR DAT DAAR DRIE FASE KRAG OP DIE PLAAS IS. EK GLO MOES KAAL VOET GEWEES HET>> INDIEN DIT SO IS HET 380 VOLT DEUR HOM GEGAAN > OMDAT HY KLEIN IS HET HY HEELWAT WEERSTAND TEEN DIE KRAG TOEVOER GEBIED,>> DUS TREK HY MEER STROOM >> N GROOT MENS SOU OOK TOT N MATE PROBLEME GEHAD HET. EK SE NOG>> DIE KABEL WAS NIE DIEP GENOG ONDER DIE GROND NIE. EN DIE VERKEERDE KABEL WAS GBRUIK
DIE AARDLEKASIE WAS FOUTIEF EN MOES DIE PROBLEEM VOORAF UITGEWYS HET>> OF DIE AARDLEKSASIE WAS NIE IN DIE KRINGLOOP GEKOPPEL NIE. ONT HOU TOG NET IN DIE TOEKOMS INDIEN SO IETS MET JOU GEBEUR. MOET NIE AAN DIE PERSOON VAT WAT VAS SIT NIE> TREK JOU HEMP OF BROEK UIT> GOOI DIT OM DIE PERSOON EN RUK HOM DAARMEEE WEG. GROETE

Sollie ·

Dankie Gerald, hoop dit help iemand. Maar asb gebruik tog net kleinletters, jinne mens sukkel om te lees.

Irene Gear ·

Uitstekende raad, Dankie!
Dit Kan met enige iemand gebeur!
Dis n lifelike familie, ins Ken hul hare… So so hartseer.

Elizabeth ·

Verskriklik jammer met julle groot verlies! Ons dink aan die ouers, familie en vriende van die seuntjie en ons bid vir julle! Ons kinders is veronderstel om ons te begrawe, nie ons, ons kinders nie. Dis die seerste seer om n kindjie te verloor. My hart gaan uit na julle!

Beatrix Stevens ·

Niemand kan die Seer wat jul nou voel…. ooit wegvat”’ En al die vrae? sal ook nie nou beantwoord kan word…? Om n kind te verloor moet een van die ergste hartseer in n mens se lewe wees? Niemand kan ooit die leemte vul?? My hart gaan uit na jul, in die Hartseer tye… Die ou gesiggie vertel dat hy n Sonskyn kind was…. Mag jul Vrede vind…. Sterkte deur al die moeilikke tye”’

Madsi ·

En daarmee saam moet ons nou lesse uitdeel in tyd van ongelooflike smart. Hemel mense kan so ongevoelig wees. Ongelukke gebeur en niemand weet wat elke sekond van elke dag vir ons inhou. Gevaar is ORALS om ons. Die Here het besluit om hom te kom haal en dis finaal. Niks sou dit gekeer het nie. Die kleinding was net geleen en ek bid vir berusting vir die familie.

Dirk Kotze ·

As jy nie weet van beter nie hou dan eder jou gedagtes vir jou self ek is die pa van die kind en mense soos jy maak my siek want julle soek net altyd vout by ander vir jou inligring het n gekwaliviseerde elektriesin 8 jaar gelede die krag gedoen ek se vir jou dis swak man jy maak my naar en jy vriende wat soos jy is kry vir julle iets beters om te doen

Beatrix Stevens ·

Dirk ek stem 100% saam…. hoekom moet mense altyd die Slegste van so n Hartseer saak maak”’ Hoekom moet mense altyd inplaas van opbou…. eerder afbreek”’ Het die Man dan geen gevoel?? of eerder die vraag?? HET JY NIE N HART??? Maak nie saak watse raad jy wil gee Mnr Slimkop??? Dink eerder aan die Hartseer wat Dirk en sy gesin moet deurmaak… Staan vir n oomblik stil?? En Bid vir die Gesin in Hierdie Hartseer Tyd””
Sterkte aan Julle… Mag God jul styf vashou…..

candice ·

Dis lelik! Dalk help die inligting iemand anders… dalk kan dit voorkom dat iemand anders skok… ek is bitter bang vir elektrisiteit! Ek glo nie hy het dit lelik bedoel nie. Regtig, ek dink nie so nie.
My hart gaan uit na Dirk en die gesin. Julle het ‘n pragtige seuntjie, met die mooiste glimlaggie. Ek weet julle sal hom verskriklik mis. My hart is baie seer na ek dit gelees het…

Sollie ·

Ai party mense darem. Hier probeer iemand HELP met raad en nou word hy weer aangeval. Hy het mos nou niemand beskuldig nie. Vaderland dit mag in die toekoms iemand se lewe red deur sy raad t evolg. Kom tog net by en sien die raad vir wat dit is : RAAD.

Flippie Kotze ·

Hi Sollie!
Jy is reg dit is goeie raad. Gerald baie dankie vir jou raad en ek maak ook die afleiding jy prober nie iemand beskuldig nie. Ek dink net ‘n opmerking soos:”kom tog net by” in omastandighede soos hierdie is regtig onvanpas.
Dalk was jy al deur so iets of soortgelyk, Sollie, en sal jy weet dat emosies is hoog, want mense is stukkend en gebroke en voel klaar “verantwoordelik”. Hoe goed bedoel, selfs woorde van bemoediging, troos en raad kan net meer seer versoorsaak. Daarom is die reaksies waarskynlik uit hierdie oogpunt gemaak en ek dink ek is veilig as ek se joune is ook om op te kom vir Gerald.
In plaas van om hierdie situasie ‘n moddergooiery te maak kom ons laat God se gande seevier en ‘n getuienis gebore laat word.
Ek is GD se peetpa of dan sy oom. My pa is net te veiligheidsbewus om nie seker te maak dat die oorpronklike werk reg gedoen is nie. Dit is egter nie ‘n waarvorg dat niks nooit weer kan verkeerd gaan nie. Dit het en daar word aan andag gegee. Die feit is egter enige iets kan gebeur en dit kon iets anders gewees het en dan sou ander mense weer wou help met raad. Ek dink ons moet dalk net die familie in sulke omstandighede voorberei sodat hulle weet wat om te verwag. met die tegnologie van vandag is dit heeltemal moontlik.
Gerald ek wil graag met jou kan kontak maak en verseker dat jy gehelp het.
Van ons familie se kant baie dankie vir al die ondersteuning, gebede, oproepe en boodskappe. Dit dra ons daagliks en reeds kan ons van soveel getuig! Ons Here leef en Hy is awesome!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.