Kleuter sterf; gesin glo vergiftig

(Argieffoto)

’n Tweejarige dogtertjie is dood nadat sy en sommige van haar gesinslede Woensdagaand na bewering vergiftig is.

Die kind se vierjarige boetie en hulle oupa veg sedertdien om hul lewe in ʼn hospitaal, terwyl die ma se vriend in verband met die beweerde vergiftiging aangekla word.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die gesin was die betrokke aand tuis in Mooiplaas naby Elukwatini in Mpumalanga waar die kinders se ma (26) aandete voorberei het.

Die ma se vriend (30) het beweer iets brand in die kombuis. Die ma het aangedui dat die stoof afgeskakel is en die vriend het glo ’n draai in die kombuis gaan maak voordat hy weer teruggekeer het.

Die ma het later die kos vir haar pa (59) en haar kinders opgeskep, maar haar vriend het glo geweier om te eet. Hy het na bewering gesê hy sal later eet en die ma het besluit om vir hom te wag en self eers later te eet omdat hulle gewoonlik glo uit dieselde bord eet.

Die klein dogtertjie het enkele oomblikke daarna begin siek word en braak. Haar boetie en oupa se simptome het kort daarna gevolg en die nooddienste is na die huis ontbied.

Die dogtertjie is by die paramedici se aankoms dood verklaar terwyl haar boetie en oupa na ʼn hospitaal gehaas is.

Mohlala sê ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat die gesinslede moontlik vergiftig is. Die ma se vriend is in hegtenis geneem en sou na verwagting vandag in die Chief Albert Luthuli-landdroshof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Swerwer ·

Jou lae lummel. Waarom ander vergiftig. As jy hul nie aanvaar in jou lewe nie, vat jou goed en gee pad.
Hoop jy boet hard vir jou dade.

JM ·

Ken net een uitweg: maak dood! Moord is endemies aan hierdie land. Mag hy boet, die gemors!

Skappie ·

Sjoe, wat gaan aan ons ons land? Lees net van moord deesdae. Daar is nie meer een dag nuus wesonder dood nie. Sterkte aan die mamma van hierdie kinders en ook haar pa. Mag onse Liewe Jesus jou deur hierdie moeilike tyd dra. Mag jou seun en pa volkome herstel

Di ·

Hierdie soort voel niks vir niemand nie. Baie van hierdie soort sal hulle eie ma se keel afsny oor ‘n simpel argument. Glo vas dat hierdie tipe so gebore word – dis in hulle DNA

AmY ·

Nou gaan hy elke dag ‘n bord kos in die tronk kry, terwyl daar kinders in ons land is wat soms vir dae sonder kos moet gaan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.