Kleuter sterf in fratsongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tweejarige kind is Maandagoggend in Ficksburg in die Vrystaat tydens ʼn fratsongeluk met ʼn trekker dood.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die R26 plaasgevind. “Die kind het agterop ʼn trekker gery. Hy het agteroor geval en sy kop teen die trekker gestamp,” het hy gesê.

Volgens Rossouw is die kind op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marieta ·

Nou wat de ongeluk het die bestuurder van die trekker gedink?! Ek neem aan hy was darem ‘n volwassene…Hoe laat jy ‘n 2-jarige agter op ‘n trekker ry, sonder enige vorm van beveiliging? Kla die idioot aan van moord.

pop ·

Se ek ook marieta. Wat soek n klein kindjie van 2 op of naby n trekker. Te veel ongelukke deesdae waar kinders sterf. Toe motors is n ander voorbeeld

Jasper ·

Baie tragies. Die wat so te kere gaan, Gaan vra vir Oom Angus hoe dit moet voel. . . . . Was jy daar om te sien hoe gebeur n ongeluk ?

Anon ·

Ek stem Jasper, Oom Angus se fliek Faith like potatoes wys mens hoe vinnig so n ongeluk kan gebeur. Ek self was maar klein toe ek saam met my pa op die trekker gery het. Dink net hoe moet daardie persoon voel. Nee wat moenie oordeel voor julle nie weet wat gebeur het nie. Sterkte aan almal betrokke. Dis baie hartseer.

Annie ·

Julle is darm vinnig om te oordeel…definitief nie op n plaas groot geword nie het julle? Enige kind op die plaas ry op een of ander stadium op n trekker of agter op n bakkie of n sleepwa…hou op onmiddelik oordeel…ons ouers wat ons kinders verloor in fratsongelukke het nie julle oordeel nodig nie!!!!!
Gaan eerder op julle knie en dank die Here dat so iets julle nog nooit oorgekom het nie!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.