Kleuter sterf in huisbrand

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Die polisie ondersoek ʼn brand by ʼn huis in Port Elizabeth in die Oos-Kaap waartydens ʼn driejarige seuntjie gesterf het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die brand het Vrydagaand by ʼn huis in Korsten uitgebreek.

Die seun, Elwyn Melville, se ma het wakker geskrik nadat sy rook in die huis geruik het. Sy het ʼn man wat ook in die huis was wakker gemaak en vir hom gesê die huis brand.

“Hulle het na buite gehardloop en toe besef die kind is steeds in die huis. Teen daardie tyd het die vlamme reeds die huis verswelg en die kind het in die huis doodgebrand,” het Naidu gesê.

Sy het gesê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Piet ·

Die EERSTE ding wat jy doen is om jou kinders te gaan haal. Hoe hardloop jy uit die huis uit sonder jou kinders?!

Tania ·

Dit was die eerste ding wat ek gedink het toe ek lees. Ek hardloop virseker eers vir my kind voor ek vir enige iemand anders gaan. Of selfs aleen uit hardloop :-(

Lassie ·

Een van die beste voorsorgmaatreëls i.v.m huisbrande wat jy kan tref is om ‘n batterykrag rookdetektor teen jou plafon vas te sit. Die alarm sal jou betyds wakker maak voor dit te laat is, en dit kos maar +-R250 stuk.

Oompie ·

Dit is moeilik om die geskiedenis te verander. Dit is ‘n hartseer gebeurtenis. Baie hartseer.

CQ ·

Hardloop uit SONDER JOU KIND!?
NEEEE. jy gaan red mos EERSTE jou kind!

Marlene ·

Ek stem saam – jou kind is die eerste ding waaraan jy moet dink – dis SIEK regtig maak my so so hartseer om sulke goed te lees. Ek en my man probeer ook nou om n gesin te he. maar wragtig mense wat al reeds hierdie wonderlike geskenk in die lewe gekry het. en hulle hardloop net uit die huis uit sonder hulle kind. maak my skoon naar

debbie fourie ·

Jy besef as jy uit die huis is, dat die kind nog in die huis is. Waar anders sou die kind, as driejarige, gewees het?

Andrea ·

My kinders is groot, maar as enige iets gebeur-kragonderbreking, harde donderslag, vreemde geluide-dink ek altyd eerste waar hulle is en of hul veilig is. Hoeveel te meer nog toe hul klein en hulpeloos was.
Arme seuntjie, so jammer vir hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.