Kleuter sterf in tref-en-trap

Die meisietjie is naastenby vier jaar oud. Haar lewelose liggaam is in die pad gevind. (Foto: Rescue Care)

ʼn Meisie van naastenby vier jaar oud is dood in ʼn tref-en-trap-voorval in Durban.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici is Vrydag kort ná 08:00 na die toneel in Clare Hills in Durban ontbied.

Hulle het die kind se lewelose liggaam in Clareweg in die pad aangetref, het Jamieson gesê.

“Sy het ongelukkig veelvuldige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Jamieson het gesê die motoris betrokke in die ongeluk het oënskynlik nie stilgehou ná die voorval nie en daar was ook geen teken van die persoon op die toneel nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.