Kleuter sterf ná kar rol

Die motor se wrak. Foto: Verskaf

Die motor se wrak. Foto: Verskaf

ʼn Kleuter is Sondag dood toe hy uit ʼn voertuig geslinger is tydens ʼn ongeluk in die Vrystaat.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk omstreeks 11:15 op die R73 buite Welkom plaasgevind.

“Die seuntjie was saam met ʼn man en ʼn vrou in die motor. Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend, maar die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor waarna dit die pad verlaat en verskeie kere gerol het,” het Mathe aan Maroela Media gesê.

Paramedici van Netcare 911 en provinsiale nooddienste is na die toneel ontbied.

“Die seuntjie is uit die voertuig geslinger toe dit omgeslaan het. Hy was ongelukkig reeds dood en daar kon niks vir hom gedoen word om sy lewe te red nie.” Die kleuter is op die toneel dood verklaar.

Die man en vrou het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en in ʼn stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pastoor ·

Seuntjie klink baie klein. Dalk was daar nie veiligheidstoeltjie. So onodig. Sterkte vir die familie

Chanelle ·

Dis agv ouers se nalatigheid want as hy/sy vas was in n kar stoeltjie soos hy/sy moet wees volgens wet sou hy/sy nie uit kar uitgeslinger het nie.

Vettie ·

Dit is baie hartseer. Ek kan nie soos jy, DPJ se dat dit slegs die ouers se nalatigheid is nie. My dogtertjie is 2 jaar oud en as ek my oe uitvee, het sy haar stoeltjie se knippie losgemaak en sit sy langs die stoeltjie. Sy dink natuurlik dit is baie snaaks, maar ek vreet my naels op elke keer wat ek moet ry. Ek het al alles probeer om haar in die stoeltjie te hou en dit is nie ‘n maklike knip wat mens sommer maklik kan oopmaak nie. sy het al so mooi geleer hoe om die driehoek te druk om hom oop te maak. Ek het regtig simpatie vir die mense. RIV klein mensie.

Karma1 ·

Eenvoudige oplossing: maak die knip vas met ‘n “strip tie”. G’n kind se vingers kan daai loskry nie. En ‘n “moenie!” met ‘n hand oor die vingers sal ook doen …..

RE ·

Hierdie naweek het ek nie minder nie as 5 motors gesien waar die kleintjies of op iemand se skoot sit, of op die sitplek staan, geen kar stoeltjie in sig nie. Een mamma se dogtertjie het voor, teen die paneelbord gestaan en dit op die hoofweg.
Sulke ouers behoort van kindermishandeling aangekla word. Ek stem saam met Vettie, die seuntjie kon self uit sy stoeltjie geklim het, maar oor die algemeen is daar baie ouers wat dink kar stoeltjies is onnodig.

Nalatig ·

Karma 1 het jy kinders? Glo nie so nie of jy is ook maar ‘n nalatige ouer! want regtig waar hoe bestuur jy in verkeer en jou raad; ‘n moenie met ‘n hand oor die vingers????

Gatvol ·

Ek weet nie of ek nie reg lees nie maar waar in die berig staan daar dat die kleuter nie in ‘n stoeltjie wat nie? was julle daar? kry eers julle feite agter mekaar voordat julle aantuigings maak! julle is so maklik om te oordeel.
Vettie ek sit met dieselfde probleem en Karma 1 jy het seker nie kinders nie ne? en ‘n moenie met ‘n hand oor die vingers is onmoontlik as jy bestuur!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.