Kleuter sterf na slang hom pik

Mornay Thysse van die Oudtshoorn-nooddienste by die Kaapse kobra wat hy gevang het. Foto: Verskaf

Mornay Thysse van die Oudtshoorn-nooddienste by die Kaapse kobra wat hy gevang het. Foto: Verskaf

ʼn Driejarige seuntjie is dood oomblikke nadat ʼn Kaapse kobra hom gepik het op ʼn plaas in die Bakenskraal-gebied buite Oudtshoorn in die Wes-Kaap.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Brenlyn Moos het omstreeks 16:00 saam met sy bababoetie lê en slaap toe dit gebeur het. Volgens Pojie het Moos na sy ma, Bernedine, geroep.

Toe sy by hom kom, het hy inmekaargesak. ʼn Slangbyt was op sy slaap sigbaar. Noodpersoneel is na die huis ontbied, maar Brenlyn is op die toneel dood verklaar. Brenlyn se boetie is ongedeerd.

Die slang is onder die bed gevind. Mornay Thysse van die Oudtshoorn-nooddienste het aan Maroela Media gesê die slang was ongeveer 1,6m lank. Die kobra is verwyder en elders vrygelaat.

Volgens Pojie word ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen.

Anina Mostert, ʼn tweejarige dogtertjie van Citrusdal in die Wes-Kaap, is in Februarie ook in die gesig gepik deur ʼn Kaapse kobra terwyl sy die middag op ʼn plaas geslaap het. Anina is in die waakeenheid van die Tygerberg-hospitaal behandel, maar is later ontslaan en sterk goed aan na die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Karen van Zyl ·

Hoekom pik so slang ‘n kind wat slaap? Kan iemand dalk vir my help om te verstaan.

Leah ·

Skielike beweging van die kind wat slaap, soos om om te draai. Refleks skrik/pik reaksie. Indien iemand roerloos slaap terwyl die slang naby genoeg is om te kan raak pik, is hy veilig. Ongelukkig roer en beweeg mens dikwels onwillekeurig in jou slaap.

Fanie ·

Not true snakes don’t just bite anything or everything but i will agree with you on the moving part. The boy might have moved or rolled over and the snake may have been (investigating) or just seeing what is this and then bit the small boy in an act of selfdefence. Cape cobra is our most venomous cobra in SA naja nivea scientific name . I am so sorry for the loss of the boy my deeppest condolences dor the family. I am a snake cather my self and we try to always ensure to go out and catch snakes and ensure noone gets hurt people and snakes. Snakes play a large role in pur ecosystem if ever you want call a snake catcher if yoy think a snake might be there to just have a look around most of us do it for free. But again so sorry for the loss.

CC ·

Want Karen, dit bly ‘n slang. Slange pik. Hulle hoef nie altyd bedryg te voel voor hul pik nie. Die seuntjie het dalk in sy slaap beweeg en die ding het geskrik.

zahn ·

CC, dis darem ‘n baie onwaar stelling hoor. Dis soos om te sê alle politiekusse is eerlik. Lees wat Leah sê hierbo.

Reinette ·

Innige simpatie aan die ouers. Maar ek sou wou lees dat die slang doodgemaak is.

Hettie ·

Stem saam! Hoekom laat hulle die giftige slang in veld vry?? Giftige slang moet doodgemaak word want pik vir onskuldige kids en mense!

Conrad Prinsloo ·

En dit sou die kind weer lewendig maak?
Leah het dit redelik raak beskryf.
Dit is regtig jammer dat die kind moes beswyk. Geen ouer behoort die afsterwe van ‘n kind te beleef nie. Dit het egter gebeur. Ons woon in ‘n land waar slange baie algemeen voorkom. ‘N pro-aktiewe benadering soos ‘n kursus vir eerste hulp vir slangbyt sou baie gehelp het. Veral klein kinders en ou mense reageer baie vinniger slang gif.
Wraaksug red geen lewe nie en stel die persoon wat die doodmaak werk wil of moet doen ook in gevaar vir nog ‘n byt.

Shells ·

Dis die maak dood mentaliteit wat gaan maak dat ons die natuur heeltemal vernietig. Daar is geen rede om OOIT ‘n slang dood te maak nie. Hulle speel ‘n baie belangriker rol in ons ekologie as wat mense doen wat net alles vernietig.

Pieter ·

As hulle so belangrik is vir die ekostelsel hoekom werk alles so goed in New Zealand waar geen slange is nie. In my oe is die enigste goeie slang ‘ n dooie een.

francie ·

Verseker
Slange, haaie en krokodille.
Wanneer ek ‘n vlieg of muskiet doodgemaak het, sê ek altyd: “Jammer ou, verkeerde tyd,verkeerde plek.”

Pork Chop ·

Meer mense sterf aan by steke en hond aanvalle. Gaan julle nou al die bye en honde ook uitroei? Haal uit die emosie. Dis baie hartseer wat gebeur het. Dis die lewe en natuur.

Johann ·

Dit is net baie eienaardig dat slange skierlik hul verskyning begin maak. Ons innigste meegevoel word u toe gebid

droogte se logika ·

Dis droogte in die Wes-kaap. Daarom is daar nie kos een n water in die veld vir die slange en muise en ander ongediertes. Daarom trek die dieere na waar daar wel kos is, m.a.w na die woongebiede. Daar is een ooreenkoms int beide die gevalle: Weskaap=Droogte=sukkel om kos te kry veral as jy ‘n slang is wat nie kan gaan shopping doen nie.

Danie ·

Dit is nie so eienaardig nie. Dit is tans baie droog en warm in daardie omgewing. As ‘n slang kan in kom sal hy by jou huis in gaan. Juis oor geneomde redes. Dit kan deur ‘n oop deur ensovoorts gebeur.

Bernadette Fischer ·

Ja ek weet darm nie so lekker nie. Hulle moet maar verder ondersoek instel. En nogal op sy slape? Ons het baie slange en soos ek die storie kyk lyk dit nie vir my moontlik nie. Slange gaan le dood stil in n koel plekkie as dit warm is en sal liewer vlug as hulle bedryg word. B

Andre ·

Bernadette, dit is absoluut moontlik. Die slang is dan onder die bed gevind nou hoe verduidelik jy dit? Dit was dalk bietjie koeler in die area waar die kinders gele het, so hoekom sal ‘n slang nie ook in die omtrek kan wees nie. Soos enige mens in sy slaap beweeg het dit die slang moontlik laat skrik nog voor hy kon vlug en die kind se kop in sy fisier was.

Olga ·

Hoekom word ‘n hond wat ‘n kind buit, uitgesit maar ‘n slang word vrygelaat!!!!

Ekwilibrium ·

Honde is gedomestikeerde diere, slange wilde diere. Daar is reuse bewaringsgebiede rondom Oudtshoorn, die slang kan daar vrygelaat word. Persoonlik sou ek sy kop vermorsel het ná so iets…

zeno ·

Ek het `n fobie oor slange,so ek sou ook sy kop vermorsel het.

Ekwilibrium ·

Baie tragies. Ongelukkig is koperkapelle baie senuagtig en aggressief, hulle maak vir enige ding bakkop en pik maklik; ek het dit al verskeie kere gesien. Dan is hul gif boonop so sterk soos ‘n swartmamba s’n en ‘n vol pik lewer ‘n groot dosis. Glo die wêreld se tweede giftigste kobra naas die Fillippynse kobra…

ken van benoni ·

Simpatie aan die ouers, ons gebede gaan uit na julle.
Iets wat vir my nie sin maak nie waarom word ‘n hond gedood as hy iemand gebyt het maar die slang word gelos in die veld! vra maar net!
Zane net reg help, die meervoud is politici maar ek stem saam omtrent die skielike beweging. Ek vertrou egter geen politici, almal werk vir hul eie sak!

Nhk ·

Die slange is alewig in slaapkamers….eis…ek sou slang aan die brand gesteek het.

John ·

Vrygelaat! Wat! Hoe moet die Ma voel! Ons raak siek, sowaar. Wat as hy terugkeer na sy lekker oorwinterplekkie en die ander kind ook pik?

Saartjie ·

John, nie eers moordenaars word nog gehang nie. Hulle sit ‘n paar jaar in die tronk en word dan ook “losgelaat”. Ten minste kan moordenaars dink en weet wat hulle doen, ‘n slang voel net die beweging aan en voel bedreig, ‘n slag kan nie dink nie. Ek voel egter hartseer oor die omstandighede – die droogte wat ons beleef bring mee dat daar al meer slange in ons agterplase rondhang. Ek het onlangs vir my seun wat teen Paarl-berg woon gesê hulle moet versigtig en op die uitkyk wees vir slange in hul erf, want dit is baie droog en slange kom soek kos en water.

Erika Kruger ·

Mense het fobies oor slange. As hy bedreig word sal hy pik soos enige wilde dier (wat sal byt) as hy in ‘n hoek gekeer word. Ek voel verskriklik jammer vir die ouers en familie. Hy gaan nie na jou toe seil en jou pik nie. Die outjie het dalk in sy slaap beweeg en hy is gepik. Sterkte aan die betrokkenes. Geen ouer wil daardeur gaan nie.

Maestro ·

Ek vermoed die slang was moontlik op die bed by die kinders en het ook heel moontlik oor die seun geseil, soos dit al in baie aangemelde gevalle gebeur het. Vandaar die reaksie van die seun wat moontlik net onrustig omgedraai het en toe gepik is. Die slang was waar hy nie hoort nie, maar is en bly ‘n redelose dier. Innige meegevoel aan die ouers, grootouers en geliefdes.

Wessel Wessels ·

Vrylaat?!! Reeds n kind se lewe geeis en hulle los die addergebroeisel in die veld. Hy moes vreg gemaak gewees het.

DS ·

Shells en Conrad wonder of julle nog so oor die slang sou gevoel het as dit julle kind was wat nou in die lykshuis le. Die slang se kop moet verbrysel word (Gen 3:15).

John ·

As ek ‘n slang sien, maak ek hom dood. Hou my uit slagparke want dis waar ek maklik amok sal maak. Elkeen van die tweetong-stof-eters sal in die stof byt of wens hy het homself opgeeet.

HELENA ·

Jy kan mos nie ‘n slang vrylaat -en veral ‘n kobra-nie. Hoe stupid wil jy wees?

Niel ·

Stem saam. Maak hom dood! Ek weet slange is ‘n belangrike skakel in die natuur en bla bla bla… Maar as hy in my erf kom gaan hy beslis vrek! Hy en al sy tjommies moet weet, hiers hy nie welkom nie!

Don ·

Graag wil ek net almal aanspreek wat vir die dood van die slang roep. Slange is daar vir n rede en as jy enige iets weet van n slang sal jy weet dat hulle wel rond dwaal. Die slang sal nie “terug keer” na die huis toe nie. Hulle bly daar waar hulle kos kry. n Hond word uitgesit want hy is n troeteldier, en dus kan n gevaar wees vir die samelewing. n Slang is n wildedier en doen maar net wat hy elke dag doen. Hoekom maak ons sommer net alles dood wat iemand dood maak nie.. Dis mos nou n simpel redenasie. As jy n slang teekom en jy hou nie van hulle nie, bel n slangvanger en laat hulle die ding kom verwyder. Kry bietjie kennis oor slange dan sal jy sien hoe baie slange vir geen rede dood gemaak word. Met dit beteken ek slange wat glad nie eers giftig is nie. Want as ons slange moet dood maak wat onskuldige mense dood maak moet ons dan maar mense dood maak wat onskuldige slange dood maak

Cherokee ·

Ek het paar jaar gelede in Fochville in ‘n sitkamer gesit by ‘n huis waar ek gekuier het. ‘n Jong pofadder het ingeseil. Ek het die huiseienaar geroep, die slang gevang en ons het dit kilometers ver in die veld gaan vrylaat.

Liendempers ·

Jonk, oud, doof, stom, blind, groot, klein, giftig of nie, ek en slang se kind leef nie saam op een werf nie! Een van ons moet gaan en op die stadium betaal ek die paaiement…….

J ·

Kommerwekkend hoe veel kinders is deur slange in die laaste tyd gepik
Wat sal die rede wees dat slange nou so baie in die huise kom.

Amanda Landman ·

Soos ek kommentaar lees, dink ek by myself…daar is nie pille daarvoor nie…

Max ·

Ek stem. As ek weet daar is slange wat kan inkom gaan ek sorg dat alles toe is. Geen mens verwag mos dat so iets sal gebeur nie. Voel baie jammer dat die seuntjie oorlede is.

Tanya ·

Eerstins my gebede is saam met die familie van die klien kindjie wat oorlede is.Dan vir al die wat se die slang moet dood gemaak word. Jy as mens het in getrek om natuur se gebied en dit uit geroei so meerderheid diere gaan in jou huis/erf gaan want JY NEEM ALS OOR! Slange is deel van natuur en daar is ongelukkig gevalle van diere wat mense beseer omdat mense oral bou en natuur uitroei! Ek is n mamma van 2 en ons bly op n plot en ek weet hier is slange so ek hetbmy kinders geleer van kliens af hoe om te reageer om slange/spinnekoppe/likewaane. Daar is hordes kursuse om te neem oor dit so my opinie is baie reguit gemik aan elkeen wat so als dood maak. AS JY NIE DIE DIERE KAN HANTEER WAT IN AREAS IS WAAR JY N TUIN HET GAAN BLY IN DIE MIDDEL VAN DIE STAD IN N WOONSTEL!! Dis vir my uiters pateeties hoe mense se mentaliteid nogsteeds is op so vlak dat hulle als wil dood maak, die is die selfde as om net in n slaapsak te gaan slaap in n leeu park en op gevreet te word en dan die leeu wil dood maak…. Onthou, jy het in hulle terrein in getrek….

Ettienne ·

As dit n leeu of olifant was , het hulle hom geskiet, want dan was dit n probleem dier

William ·

My innige simpatie met die familie. Ek wil daarop wys dat n slang byt en nie pik nie. n Slang het tande en nie n snawel soos voëls nie. Voëls pik. Die Kaapse kobra is wel die giftigste slang in Suid Afrika,hang af hoe gekyk word daarna. Die kind is nog baie klein en dit hang af van baie faktore wat kan lei dat die kind so vinnig gesterf het.

Mariné Lourens ·

Dagsê William

Dankie vir jou kommentaar. Let asseblief daarop dat volgens Skryf Afrikaans van A tot Z is die korrekte taalgebruik om te sê ʼn slang pik, maar die plek waar ʼn slang gepik het, is ʼn slangbyt.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Han ·

Sommige van bogenoemde kommentare is tog so kinderagtig: die oor en weer gestryery! Ag tog.

John ·

Ja, die oervader, die Duiwel, word deesdae ook so verdedig… Hy gaan lekker met vakansie want sy onderdane is mooi ge-‘train’. Mense wat slange doodmaak, maak nie noodwendig alles wat voorkom dood nie. So ‘n redenasie is nie vreeslik wiskundig-korrek nie… Maar so gepraat, die bure se geliefde vet kat wat glo glad nie winkelkos eet nie maar snags die voeltjies in my tuin teiken… Ek soek ‘n lekker kettie, soos die een van Dawid…

Jan Karsten ·

Nou gaan ek ook ‘n eiertjie lê. “n goeie slang is ‘n dooie slang, punt.” Innige simpatie met die afsterwe van die seuntjie, ek dink ‘n byt op die slaap is fataal, dit is by die brein.

Pork Chop ·

Die gif word vervoer in die bloedstroom haas. Die slang se tande kannie die skedel penetreer nie. Dis ‘n kind. So die gif werk vinager. As die slang jou op jou pinkie pik is dit dieselle effek. Bloedstroom.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoekom ‘n slang vrylaat om weer ander te gaan byt? Verwyder hom uit die gemeenskap anders is dit soos om moordenaars bietjie tronkstraf te gee en dan vry te laat op parool om verder ellende te veroorsaak. Maak die slang dood en spaar ander die hartseer van sy dade.

SARIE VAN HEERDENs ·

RAAD VIR JOHN WAT DIE BURE MET DIE VET KAT HET. Voorsien die bure met ‘n yslike, GROOT behoorlik rasende klok om om die kat se nekbandjie vas te sit. (Koop sommer die nekbandjie ook). En koop vir die mense ‘n sak rys en laat hul dit kook vir hul voeltjie-vretende kat. As sy pens vol goedkoop rys is sal hy steeds vet wees maar nie jou voeltjies vang nie. Sterkte my ou maat en vergeet van die kettie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.