Kleuter sterf ná ure in vrieskas

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kleuter, wat vermoedelik drie jaar oud was, van Grabouw in die Wes-Kaap is dood nadat sy glo ure lank in ʼn vrieskas vasgekeer was.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media bevestig die kleuter is Maandagaand in die vrieskas gevind.

“Sy is na die Helderberg-hospitaal geneem en van daar na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas, waar sy gesterf het,” het Van Wyk gesê.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om te bepaal hoe lank sy in die vrieskas was en wat die oorsaak van haar dood is.

Dit is nog nie duidelik hoe sy in die vrieskas beland het nie.

Van Wyk het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Hy het nie gereageer op vrae oor wie op die kleuter afgekom het en of die vrieskas gewerk het nie.

Robert Daniels, woordvoerder van die Wes-Kaapse mediese nooddienste, het aan Maroela Media gesê nooddienswerkers het ook nie veel inligting oor die voorval nie.

“Dit wil voorkom asof die kleuter privaat na die eerste hospitaal geneem is. Paramedici van die provinsie het net die oorplasing behartig. Al wat ons weet, is sy was vermoedelik tussen drie en vier ure in die vrieskas vasgekeer,” het Daniels gesê.

Die kleuter se naam is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Weet Nie ·

Ai!!!!! nog ‘n vrieskas geval, moet hierdie goed nie gesluit word nie? Kinders is so kosbaar, wanneer gaan die mensdom dit ooit eendag besef. Ek het self kinders, hul nie meer klein nie, maar ek hou hul al ewig dop om te kyk wat hul aanvang, want ongelukke gebeur so vining. Wil ook net se ek nie hier om te judge nie, alle meegevoel met die familie, mag die Onse Vader jul almal op sy hande dra.

Linda ·

ai nog ‘n kleuter hoekom gooi hulle nie net die ding weg as dit nie meer werk nie of sit iets swaars op as hy nog werk??

Gesiggie ·

Ja alweer gebeur dit? laaste geval was die Ouma betrokke of nie? niks weer gehoor van daai storie? waar is die ma of persoon wat moet toesig hou, ek dink nie n kind van 3 kan vanself in n vrieskas klim?? iemand moes die kind binne in gesit het? en die kind is privaat na die hospitaal gevat? geen van die Familie of ouers betrokke”’hier is iets nie lekker”’ dalk nie n ongeluk… Ek hoop die storie sal weer verskyn, sodat n mens die waarheid kan lees… so jammer dat nog n kind moet sterf, weens nalatigheid??/ SLUIT DIE VRIESKAS EN HOU DIE SLEUTEL?? DIT IS NIE N SPEEL PLEK…

Nics ·

Gesiggie jy maak darem ERGE aantygings deur sommer te sê iemand het die kind in die vrieskas gesit! Dink voor jy kommentaar lewer!

Louise ·

Ja nee vra dit, hoe het daai kind krag om die vrieskas oop te maak.
Behalwe as hy oop was iewers en toe die kind inklim het die ding toegeval.
Ai weet jy dit is so onnodig, maar soveel dinge gebeur in die lewe waarvoor mens nie vra nie.
RIV klein mensie en sterkte aan die geliefdes.

Martiemaer ·

My 4 en 2 jarige kry die plat vrieskas oop as hulle op ‘n stoel staan. Baie moontlik dat ‘n 3 jarige kan oopmaak en inklim en die deur val toe. Aantuigings en vinger wys na iemand wat julle nie eers ken nie is baie onnodig. Iemand se kind is oorlede. Dis die grootste seer wat enige een kan beleef.

Gesiggie ·

Haai Nics regtig, so die 3 jarigge het self ingeklim…. of ja weet jy meskien het hy op n stoel gestaan en toe binne in geval. dit kon ook gebeur het? enige iets is moontlik in die sieklikke lewe vandag”’hoop nie ek is verkeerd

Nics ·

Gesiggie – reageer asb op die berig en kry ‘n woordeboek/speltoetser. Ek dink jy behoort jou te skaam om sommer wilde aantygings te maak. Die geregtelike ondersoek sal uitwys wat gebeur het.

Realisties ·

My seuntjie van 3 is groot en sterk en vindingryk genoeg om op ‘n stoel te klim en ‘n vrieskas te kan oopmaak. Julle mense wat sulke wilde aantygings maak moet twee keer dink. Die mens deesdae smag so na skande en verlekker hulle omtrent in dit – sies man. My hart gaan uit na die familie wat ‘n kosbare engeltjie verloor het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.