Kleuter sterf onder motorhuisdeur

Foto: Netcare 911

ʼn Tragiese voorval het hom Sondagoggend by ʼn huis in Montclair, Durban, afgespeel toe ʼn vierjarige seuntjie onder ʼn motorhuisdeur beland het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is om 10:26 na die huis ontbied. Ooggetuies het aan paramedici gesê dat die kleuter deur die motorhuisdeur vasgedruk is.

“Die kind is deur paramedici ondersoek, maar het geen tekens van lewe meer getoon nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” sê Herbst.

Hy wou nie bespiegel oor die gebeure wat tot die kind se dood gelei het nie en sê die polisie sal die voorval verder ondersoek.

Maroela Media het die polisie vir meer inligting genader en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Oujongvrou ·

Nou weet ons net die arme kind is dood, nie of hy alleen by die huis was of waar sy ouers is nie.

Poppie ·

Dit is hoekom MM die polisie genader het vir meer inligting en hul wag op terugvoer

Oujongman ·

Oujongvrou, did hoe mm daarvan hou, sulke halfgebakte amper stories. Nietrmin, simpatie aan sy geliefdes. Hy het dalk nog nie gelewenie, maar hy was gelief.

Susan ·

Dit is ontsettend hartseer. My hart gaan uit na familie. Dit is so tragies….

Sus ·

Ek het self gesien hoe druk ‘n garagedeur-motor ‘n 5liter verfblik plat! Baie gevaarlik, ek staan altyd met die remote gereed tot die deur heeltemaal toe is.
Baie jammer vir die mense van die slagoffertjie.

Mariaan ·

Ons deur gaan automaties weer oop as iets in die pad is…sjoe dis tragies!

Onnie ·

Die huishulp het hom onder die garagedeur gekry toe is hy reeds dood. Hy het met die remote gespeel, sy ouers was in die huis. MM is lekker en boonop verniet, maar kan bietjie meer vleis om sommige van die berigte sit.

Yankee ·

Verstaan dit nie. Hier by ons in Washington, en orals in die land, kan so iets nie gebeur!! Glad nie. Die deur gaan weer oop, selfs as n albaster in sy pad is.

Stephen ·

Gedekoloniseerde bouwette en veiligheidsmaatreels die kant.

Nettie ·

@Yankee, onthou: jy woon in ‘n eerste-wêreld land.

SA WAS ‘n eerste-wêreld land. Dit is nou ‘n vierde-wêreld land, met – soos Stephen reg opmerk – gedekoloniseerde wette en -veiligheidsmaatreëls.

Wat het dit met die storie te doen? ALLES: niks werk meer soos dit behoort te werk nie en kwaliteit is nêrens ter sprake nie. Daarom is ‘n jong kind gedood deur ‘n garage-deur wat nie ‘n outomatiese “stop & reverse” funksie in plek gehad het nie.

Wesley ·

Stephen & Yankee… Bouwette is basies onveranderd vanaf 1977 (NBR Act 103) en verder opgeskerp oor die jare. Dit is die mense self wat dink hul weet beter met hul DIY projekte, nie inspekteurs wil uitkry of wil geld spaar en goedkoop koop.

Ek se nie dit was in hierdie geval so nie, want soms met meganiese installasies gaan dinge fout al doen jy alles reg.

Alle sterkte aan die familie, my hart gaan uit na jul.

Groete
n Geregistreerde Boukundige

Deon ·

Ja Yankee by julle mag garage deure dalk nie kinders dooddruk nie, julle het genoeg mense wat elke jaar by skole, universiteite en klubs mense vir die grap doodskiet!

Heksie ·

Maak nie saak wat die toedrag va n sake is nie, die punt is, dié klein mensie is dood …. my hart gaan uit na sy ouers, dit moet verskriklik wees om jou kind so te verloor!

Naas Vermaak ·

Ampie…hulle is reg…as halfgebakte stories jou tevrede stel…good for you…daar’s ander mense met ander standaarde

Linda van Mosselbaai ·

My hart gaan uit na almal wat lief was en betrokke by die kind – mag wat gebeur het ander se dood voorkom!

Fanie ·

As n mens vout soek met berigte sal jy altyd iets kry wees dankbaar dat julle darem tenminste ware berigte op maroela kry Dit is baie tragies sterkte aan die ouers

GM ·

Wat ‘n wrede dood om te sterf. My innige simpatie aan sy/haar naasbestaandes.
Rus in vrede kleinding.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.