Kleuter sterf, tweede kritiek toe hek op hulle val

Die hek wat op die kleuters geval het. Foto: Yusuf Abramjee/Twitter

Die hek wat op die kleuters geval het. Foto: Yusuf Abramjee/Twitter

ʼn Vierjarige kleuter is dood en ʼn driejarige kritiek beseer nadat ʼn staalhek Woensdag by ʼn huis in Erasmia in Pretoria op hulle geval het.

Yusuf Abramjee, hoof van Crime Line, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Mohammed Wadi, ʼn man wat langs die huis in Partystraat woon waar die voorval gebeur het, het gesê daar woon ongeveer 40 mense in die huis en omliggende geboue op die perseel.

“Die hek was net met ʼn stukkie draad vasgemaak. Die kinders was omstreeks 13:30 buite die huis toe die hek bo-op hulle omgeslaan het,” het hy gesê. Abdul Kazembe is op die toneel dood, terwyl Janaazah Salaah in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas is.

Wadi het gesê Abdul het saam met sy Malawiese pa en Suid-Afrikaanse ma in die huis gewoon. Die huis is glo erg vervalle en volgens Wadi in oortreding van talle munisipale bywette.

“Die geboue op daardie perseel is sonder enige nodige goedkeuringsriglyne gebou en die eienaar verhuur dit onwettig. Ons het al meer as drie jaar lank by die polisie en die munisipale raad daaroor gekla, maar niemand het hulle aan die klagtes gesteur nie. Die eienaar van die huis is ʼn baie invloedryke persoon in die stad, so dit is waarskynlik hoekom die klagtes nooit opgevolg word nie,” het Wadi gesê. “Hy [die eienaar] wou nie eens gister na die toneel toe kom toe ons hom bel nie. Dit kan hom net nie skeel nie.”

ʼn Woordvoerder van die polisie het die voorval bevestig. Maroela Media wag vir verdere kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tammy ·

Kinders sien nie gevaar nie. Dis so tragies n klein lewetjie daarmee heen. Vervolg die eienaar van daardie eiendom vir die vele oortredings wat verband hou met die dood van die kind en beserings van die ander een. Hy kan ook sommer tronkstaf kry vir die hoeveelheid mense wat op die perseel woon en gaan gerus die hiegenie en omstandighede na . Ek kan net dink hoe vuil die plek moet wees!!

Karl ·

So susan jy se kla die eienaar aan? Dra jy kennis dat die pa die hek maandag met n grinder gesny het om n 3 wiel tuk tuk in en uit die erf te vat. Dra jy kennis dat die sap reeds met die eienaar gepraat het en met my saam stem dat die pa aangekla moet word. Dra jy kennis dat die bewoners onwettig op die perseel is en die eienaar al 2 jaar sukkel dat hulle trek. Dra jy kennis dat toegang geweier word om reperasies aan die perseel te bring… As jy daai feite het maak dan jou mond oop. Dis die regering se skuld dat hulle wet gemaak het dat jou huis deur plakkers verniel mag word. Dat plakkers meer regte het as huis eienaars wat belasting betaal. En dan moet na die pa gekyk word wat onwettig die hek gesny het.

Flippie ·

Hierdie sport hekke het al talle ongelukke veroorsaak. Ouers moet hulle self verseker dat die soort hekke goes geanker is voordat hulle kinders toelaat om naby dit te gaan.

Wat die eienaar van die perseel aan better dui net daarop dat as jy politieke of finansieele invloed by regeringsinstansies het is jy onaantasbaar.

Ons bid it Janaaz vir beterskap en vir sy ouers sterkte vir die food van Abdul. Verder doen ons ‘n beroep iemand in Pretoria met invloed om die families te help om die eienasr van die perseel tot verantwoording te ruk.

Evalyn ·

Ag nee, nog sulke gevalle. Dis so hartseer. Hoe gebeur so iets? Is die veiligheidshekke dan nie VEILIG nie?

EMK ·

Dit gebeur alte veel. Is daar nie standaarde waaraan hierdie hekke moet voldoen nie? Dalk behoort dit, net soos hysbakke ook gereeld gediens word emt sertifikaat en alles. Een dood is een te veel. Simpatie aan die ouers.

elna ·

Ek het my eie kind so verloor. Ek het al alles probeer oor n wetgewing van hekke. Maar jy kom voor dooiemans deur. Jy loop jou teen mure vas. Munisipaliteite steur hulle nie daaraan nie. Ek baklei al 15jr.

Wessel van Vuuren ·

Maroela, is daar nie dalk ‘n moontlikheid dat ek met Elna in verbinding kan tree of sy met my? E-posse uitruil asb.

Sune van Heerden ·

Dagsê Wessel

Ek het jou e-posadres aan Elna verskaf, soos versoek.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.