Kleuter tydens huisroof geskiet

Argieffoto

ʼn Driejarige seun is Woensdagoggend tydens ʼn huisroof in Brakpan aan die Oos-Rand geskiet.

Kapt. Pearl van Staad, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die kleuter en sy ouers het vermoedelik in die hoofslaapkamer van die huis geslaap toe die voorval gebeur het. Die man het omstreeks 02:00 wakker geskrik van die geluid van ʼn venster wat breek. Hy het opgestaan om ondersoek in te stel en het hom teen ʼn gewapende rower vasgeloop.

“Die rower het ʼn skoot afgevuur, maar dit het die man gemis. Die man het kamer toe gehardloop en die deur probeer toedruk,” het Van Staad gesê. Volgens Van Staad was die kind en sy ma in hierdie tyd op die bed in die kamer.

Die rower het nog ʼn skoot deur die kamerdeur afgevuur voordat hy die deur oopgeskop het. Hy het die kamer ingestorm en ʼn derde skoot afgevuur wat die seuntjie in sy regterarm getref het. Die rower het met die ouerpaar se selfone, wat op hul bedkassies gelê het, op die vlug geslaan.

“Die seun is na ʼn hospitaal geneem waar hy tans in ʼn stabiele toestand is. Die pa het ook ʼn besering aan sy gesig opgedoen toe die deur hom getref het toe die rower dit oopgeskop het,” het Van Staad gesê. Sy het gesê die kleuter se ma is ongedeerd.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Mense met meer inligting word versoek om die Brakpan-polisiestasie by 011 744 7100 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Irene ·

Slaap met a hokkie stok langs jou mense moet hul self verdedig

jennefer ·

Stem saam, vanmore is die tannie van Nylstroom ook deur veiligheidsdeur doodgeskiet . Dit was eerder n geval van poging tot moord op die pa

AP ·

Mens kan nie meer sonder n vuurwapen in die vrot land nie .. 2 h00 die oggend .. vir n selfoon wow

MissDemeanor ·

As jy slaap en jou vuurwapen le langs jou dan skiet hul jou daarmee dood. Ons moet dink aan n maatskaplike oplossing ook. Hoe keer mens n kind om te verander in n krimineel? Hoe gaan ons werk skep, want ons kan nie eintlik staatmaak op die regering om dit self te doen nie? Ons moet ook druk uitoefen op ons “failed state” buurman in Zimbabwe. As dinge daar sal beter gaan, sal minder werkloses van daar af hierheen vlug.

FELICITY ·

Net huisroof??????? Wat van poging tot moord op die skoot wat die seuntjie in die arm getref het??? Dit kon erger gewees het. Dankbaar niemand is nootlottig getref nie. Sterkte aan die gesin. Bid vir julle.

Wagter ·

Ek weet nou niks van selfverdediging nie, dalk iemand van die polisie of weermag, maar as jy nou in so nabye kontak is met die skieter, en die eerste skoot is mis, moet jy dan nie liewer probeer om hom te ontwapen i.p.v. jou rug draai en weghardloop nie ? Ek weet daar is omstadighede, soos jy is te oud om te baklei of beseer ens, maar ek glo dit moet in LO klasse op skool geleer word, nie die tjol van gesonde lewenstyl en familie beplanning nie

Poeks ·

Wagter was jy al ooit gewapen roof? Ek was en dit is so groot skok mens dink nie wat jy doen daai oomblik nie. Ek het ook na die tyd gedink maar hoekom het ek hom nie probeer ontwapen nie, maar het ook liewer gedink dit is beter om weg te hardloop. Baie bly hierdie seuntjie is nie ernstig nie dit kon baie erger gewees het, sterkte an die gesin.

Dean ·

#Wagter..Dis n normale aksie vir ń mens..word “Fight or flight reaksie genoem..menslike natuur is om te vlug..behalwe as jy Chuck Norris is..
100% van die tyd as jy terug veg en jys nie gewapen nie,gaan jy tweede kom..behalwe as hy ń mes het en jy ń pompaksie haelgeweer..dan sal net n skoppie en besem nodig wees om skoon te maak.

Maria ·

Seuntjie geskiet, maar dis niks nie, solank die KFC manne net boet vir hulle sondes.

Dean ·

#Maria..Dis KFC..as dit Nandos was sou ons nie ń woord gehoor het nie..weet jy aan wie KFC SA behoort.

Lindie ·

Dit is regtig tyd dat mense ‘n plan het vir wanneer hierde tipe dinge gebeur, mens moet tog voorbereid wees en dis tyd dat ons terug baklei.

Jackie ·

Net huisroof? wat van poging tot moord, rig van vuurwapen, beskadiging van eiendom?

Lisaan ·

Geen diefwering of alarm of n hond nie? Dink mense nog regtig dat sulke dinge gebeur net in ander lande?

Eps ·

Gaan soek Donald Trump se The Snake gedig op Youtube op en loiter daar na. Ek glo julle sal dan weet wat om te doen.

Soekiemeernie ·

Emmigreer mense! Dis al hoop! Suid Afrika is nie my kind se LEWE WERD nie! Ek is só bly ek leef sorgvry maar my hart breuk met elke artikel soos die vir my hartsmense.

phillip van dyk ·

ja ne is dit nou die punishment wat Tumi van jacaranda praat ne… wel ek sien net n boelie met n gun Jacaranda

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.