Kleuter val 14 verdiepings na sy dood

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Driejarige kleuter is dood nadat hy Vrydag vermoedelik deur ʼn venster van die 14de verdieping van ʼn woonstelblok in Randburg, Gauteng, geval het.

Kapt. Makgowanyana Maja, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê die seuntjie se ma was glo onder die indruk dat hy slaap toe die voorval gebeur.

Volgens Maja het die seuntjie se ma omstreeks 08:30 in haar sitkamer gesit toe een van haar bure aan haar deur geklop het. “Die buurvrou het die ma gevra waar haar kind is en sy het gesê die kleuter slaap. Die ma het in die slaapkamer gaan kyk en gesien haar kind is weg,” het Maja gesê.

Hy het gesê die buurvrou het die ma geneem na die toneel onder op die grondvlak buite die gebou waar haar seuntjie gelê het. “Daar word beweer dat die seuntjie deur ʼn venster geval het vanuit die woonstel op die 14de verdieping waar sy ma woon.”

Paramedici is ontbied, maar die kind is op die toneel dood verklaar. Volgens Maja het kontrakteurs op die seuntjie se liggaam afgekom en die buurvrou daarvan in kennis gestel.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Tragies. ·

Ag nee man. Dit is verskriklik. Ek het nie woorde nie. My broer het ‘ n 3 jarige seuntjie. Ek sal seker mal wees.

KarenG ·

Ai tog, hoekom moet daar altyd iets verdag wees. Partykere is dit regtig net ‘n baie tragiese ongeluk.

Gerda ·

Is daar nie tralies voor die vensters nie veral in n kleuter se kamer?

SPOTTER ·

@ Gerda – dis tien teen een n gehuurde woonstel en daar is heel moontlik nie geld om self diewering aan te bring nie. Dis vir my tragies en my hart sal breek as iets met een van my twee moet gebeur – kan jy dink waardeer die mamma gaan – om te voel jy kon iets doen maar het nie…. moenie beskuldigings gooi nie – dit kan met enige iemand enige tyd gebeur – niemand is volmaak nie – ons doen elke dag wat nodig is om te oorleef na die beste van ons vermoee.

MissDemeanor ·

Mens kort nie diefwering of tralies op die 14de vloer nie. Mens kort n “child safety” meganisme wat keer dat die venster nie groot oopgemaak kan word nie.

Silvia ·

Baie…. baie…. sterkte!!! Ek onthou toe my kids klein was. Maak nie saak waar ek in woonstel gebly het. Diefwering was eerste. My hart gaan uit na die mamma. 14 verdieping is baie hoog! My senuwees sou kla gewees het. Aai!!! Soos hulle se mens gooi nie klippe en deesdae het mens nie finansies om diefwering by elke huur plek tesit nie. Ons bid dat ons Abba Vader saam daai mamma sal gaan. Weet nie of ek dit sou kon maak het nie.

Boerseun ·

As ouer, kyk agter jou kind. Ongelukke gebeur oor jy jou tyd bo jou kind se tyd kies

Marietjie Hancox ·

Jou ma het seker ophou leef na jy gebore is. Want haar tyd is nie meer haar eie nie, en sy moes 24 uur van haar dag agter jou giere aanpiekel om seker te maak dat jy veilig is. En sy mag nie slaap as jy slaap nie, vir ingeval jy wakker word en iets onbesonne aanvang steeds kry sy dit nie reg nie, want kyk watter kommentaar lewer jy as sy haar rug draai.

Boeremeisie ·

Ai tog Boereseun ek wonder if jy ooit kinders het. Die mamma het mos nou nie gaan galavant. As jy kinders het sit jy langs hulle ved 24/7. Ag nee man jou woorde is wreed en super ongevraagd.

Liza ·

3 jariges kan geweldig kreatief wees en goed op mekaar pak om te klim en klouter. So so jammer!!!

Karen ·

Min kids het al diê kar se deure oopgemaak as hulle aan die slaap raak in die kar. Dis baie scary. Central locking en alles en hulle kry hom oop. Kiddies lock… Ek sit dit aan as ek wet Hulle gaan aan die slaap raak, ja. Maar my oë is op die pad en nie saam met hulle gedagtes nie. Hulle skrik wakker en dink Hulle is in die huis of veilig… Dan gebeur sulke vrats ongelukke. Sterkte aan famile. Dit kan met enige iemand en situasie gebeur. Strongs , let the healing begin.

Ook n ma ·

Boerseun. Is jy n pa? En as jy is het jy seker genoeg geld om iemand te betaal om kos te maak terwyl jy by jou kind op n stoel sit en kyk terwyl hy slaap vir ingeval iets gebeur? N monitor met n 3jarige werk nie. Hulle weet hoe om dit af te sit. As jou kind niks oor kom nie kan mens net bir die Here dankie sê. Ek hoop ten harte dat so iets nooit met jou sal gebeur nie.

Irene Pelser ·

3 jaar oud en slaap nog 8h30 in die oggend ? Ouer weet nie waar kind is nie. Iets klink nie reg nie. Dit is tragies.

Johnny ·

Tragies.. sterkte aan die gesin. Ek het nie eens geweet daar is sulke hoë woonstelblokke in Randburg nie?

Erika ·

Drie jariges staan vyf uur op. Teen 8:00 slaap hul weer. Sterkte mamma. My hart gaan uit na daai mamma. Net mans soos boerseun het wragtig nie n idee hoe besig sulke kleuters kan wees nie. Het drie babas twee jaar elk uitmekaar gehad. Ek was vodde.

Landi ·

Och, heiland tog. Dis so bitter hartseer! Alle medelye aan die mamma.

En aan almal met goor opmerkings: Skaam julle! Dis maklik om ver te staan en ‘n klip te gooi. Wees eerder dankbaar dat hierdie bitter beker jou verby gegaan het.

VanAfrika ·

Ek het n kat en ek bly 4 verdiepings hoog. Daardie kant van die woonstel wat hoogste van die grond af is word nie oopgemaak tensy ek daar is en ek iets voor die venster sit sodat my kat nie kan uitkom nie. Net die vensters by die stoep word oopgemaak en dan gaan sy nie eers by die venster uit nie. Sy gebruik meeste van die tyd die deur wat uitloop op die stoep se kant.
My innige simpatie vir hierdie mamma. Dalk het sy van die venster vergeet. Dit laat my dink aan Eric Clapton se seuntjie 52 verdiepings geval het toe die skoonmaker die venster oopgelos het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.