Kleuter van Germiston verdrink

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vierjarige seuntjie van Germiston is dood nadat hy Woensdag in ʼn swembad beland het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het ongeveer 12:20 op die toneel opgedaag. Ander mediese personeel was reeds besig om die seun te probeer bybring.

“Netcare 911 se paramedici het die ander paramedici bygestaan en na ongeveer ʼn uur se mond-tot-mond-asemhaling het die kind tekens van lewe getoon,” het Steinmann gesê. Die seun is dadelik na ʼn hospitaal gehaas, maar is kort ná sy aankoms by die hospitaal dood.

Steinmann het gesê dit is in hierdie stadium onduidelik hoe die kind in die swembad beland het. Die polisie sal die saak ondersoek.

Hierdie is die vyfde voorval waartydens ʼn kleuter in net meer as ʼn week verdrink of byna verdrink het. Sondag het ʼn 23-maande oue peuter in die Hartbeespoortdam verdrink toe die rubberboot waarop hy was omgeslaan het. ʼn Vierjarige seun het Saterdagmiddag in Kenilworth in Johannesburg in ʼn swembad verdrink, terwyl ʼn tweejarige seun in ʼn kritieke toestand in ʼn Johannesburgse hospitaal is nadat hy Vrydag in ʼn swembad in Kempton Park beland het.

Intussen is ʼn 18 maande oue baba van Middelburg in Mpumalanga in die hoësorgeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal nadat hy ook in die swembad by sy ouerhuis geval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

mandie ·

Kan ouers nie dink nie, as jy n swembad het sorg dat dit veilig toe is en dat die kinders nie n manier het om daarby uite te kom ni. Liewe hemel man hoeveel onskuldige kinders moet nou nog sterwe as gevolg van hul ouers se onnalatigheid

patat ·

“Onnalatigheid”…. jy bedoel seker “onnoseligheid”….????? Mandie….

carel ·

ek wil nou nie snaaks wees nie maar med al die verdrinkings in die nuus die laaste maand sal n mens dink dat ouers sal fokus op hul kinders naby swembaddens?????

Dit is so tragies …..

Peet Schabort ·

Oeee! Oppas om te spekuleer. Dit moet ons los vir die ouens wat koop en verkoop.
Tog is dit ooglopend dat daar nie geleer word. Onder die son is daar nie “nuwe” ongelukke. Ongelukke word maar net oor en oor herhaal. Wat sê Grieta?

HEVW ·

Ja mandie mens raak al skreinerig rondom die gebeure. Gooi die verdomde luukse ding toe met grond as jy dit nie na behore kan oppas nie en dit jou kind se lewe kos.

mandie ·

Ek stem saam jou HEVW. Dit maak my soooooo kwaad ek kan iets oor kom. Ekt self 2 kinders en n swembad mr my kinders weet van kleins af as mamma of pappa nie by is nie MAG ons nie daar naby kom nie. Ek my self sukkel om by my swembad in te kom. Wat my goed pas in elkgeval.

mandie ·

Sterkte aan beide ouers en familie. Mag die kindjie in vrede rus

Francis Linstrom ·

Wie ookal dink dat as jy vir n kindjie se hy mag nie naby n swembad kom nie, sal dit nie doen nie, HET NOG VERSKRIKLIK BAIE OM TE LEER. My innige simpatie aan ouers. Ek is n ouma van 66 met chroniese pyn. Het net n visdam met tralies om, maar laat my kleinkinders nie vir n minuut onder my oe uitgaan nie en as hulle my ontglip hol rk eerste vir visdam.

SNEL ·

Ek dink nie Suid Afrika steur hulle veel aan swembad veiligheid nie, solank dit mooi en ontspannend lyk, hoekom nou lelik laat vertoon met n spul traliewerk. Jy kan n huis koop, verkoop of huur sonder dat die swembad aan veiligheidsmaatreëls moet voldoen. Ja, dit kom terug na die ouers toe, maar vir party mense moet daar gedink word. Dis hartseer dat so baie kinders deur sulke nalatigheid geraak word.

Chantal ·

Ek myself het 2 seuns van 6 en 4, my kids is op die ouderdom van 3 gevat vir swem lesse, bietjie duur maar die moeite werd, dink hulle moet swem lesse verpligtend maak !!!!

Chris ·

Dit is baie jammer en, ook baie nalatig. Ek praat nou onder koreksie was, of is daar nie n bylae in munisipale reels van veiligheid aangaande swembaddens nie. Ek verbeel my ek het erens so iets gelees. Indien dit so is dan is die owerhede ook skuldig omdat hulle nie reels of wetstoepassing na kom nie

pop ·

Wetstoepassing, dis nou n grap. waar word dit in SA gedoen. Ek trek dadelik soontoe.

Monique ·

5 de voorval … neeee wat ek het nie simpatie nie, jammer ek is seker lelik, maar mense moet bietjie hulle verstand gebruik wat die liewe Vader vir hulle gegee het magtig!!! Onskuldige kinders aaaaaai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.