ʼn Vierjarige seuntjie van Germiston is dood nadat hy Woensdag in ʼn swembad beland het.
Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het ongeveer 12:20 op die toneel opgedaag. Ander mediese personeel was reeds besig om die seun te probeer bybring.
“Netcare 911 se paramedici het die ander paramedici bygestaan en na ongeveer ʼn uur se mond-tot-mond-asemhaling het die kind tekens van lewe getoon,” het Steinmann gesê. Die seun is dadelik na ʼn hospitaal gehaas, maar is kort ná sy aankoms by die hospitaal dood.
Steinmann het gesê dit is in hierdie stadium onduidelik hoe die kind in die swembad beland het. Die polisie sal die saak ondersoek.
Hierdie is die vyfde voorval waartydens ʼn kleuter in net meer as ʼn week verdrink of byna verdrink het. Sondag het ʼn 23-maande oue peuter in die Hartbeespoortdam verdrink toe die rubberboot waarop hy was omgeslaan het. ʼn Vierjarige seun het Saterdagmiddag in Kenilworth in Johannesburg in ʼn swembad verdrink, terwyl ʼn tweejarige seun in ʼn kritieke toestand in ʼn Johannesburgse hospitaal is nadat hy Vrydag in ʼn swembad in Kempton Park beland het.
Intussen is ʼn 18 maande oue baba van Middelburg in Mpumalanga in die hoësorgeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal nadat hy ook in die swembad by sy ouerhuis geval het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Kan ouers nie dink nie, as jy n swembad het sorg dat dit veilig toe is en dat die kinders nie n manier het om daarby uite te kom ni. Liewe hemel man hoeveel onskuldige kinders moet nou nog sterwe as gevolg van hul ouers se onnalatigheid
Mandie…die regte woord is “nalatigheid”
ek wil nou nie snaaks wees nie maar med al die verdrinkings in die nuus die laaste maand sal n mens dink dat ouers sal fokus op hul kinders naby swembaddens?????
Dit is so tragies …..
Oeee! Oppas om te spekuleer. Dit moet ons los vir die ouens wat koop en verkoop.
Tog is dit ooglopend dat daar nie geleer word. Onder die son is daar nie “nuwe” ongelukke. Ongelukke word maar net oor en oor herhaal. Wat sê Grieta?
Ja mandie mens raak al skreinerig rondom die gebeure. Gooi die verdomde luukse ding toe met grond as jy dit nie na behore kan oppas nie en dit jou kind se lewe kos.