Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 16:00 na die openbare swembad in Newlands, Kaapstad, geroep waar omstanders die kind uit die water getrek het. “Ooggetuies het gesê hulle het die kind gevind waar hy in die water dryf en het hom uit die swembad gehaal. Dit is nie duidelik hoe lank hy in die water was nie,” het hy gesê.
Noodbehandeling is dadelik op die kind toegepas en ná ʼn ruk het hy weer tekens van lewe begin toon. “Paramedici het die kind gestabiliseer en na die Rooikruis-kinderhospitaal gehaas,” het Vermaak gesê.
Hy het weer eens ʼn beroep op ouers gedoen om ekstra versigtig met hul kinders te wees rondom swemareas en altyd seker te maak dat ʼn volwassene toesig hou wanneer kinders swem. “In die feestyd sal baie Suid-Afrikaners op die strand en langs swembaddens uitspan en dit is noodsaaklik dat almal waterveilig is,” het hy gesê.
Ek verstaan dat tussen 6- en 12maande kan ‘n kind begin leer om te swem.
So?
Ja – gewoonlik kan jy hulle vroeer neem – dan word daar geleer hoe om die kleintjies gewoond te maak aan water tydens n badsessie- wanneer hulle dan ses maande oud is begin die swemlesse – dit neem gewoonlik so lank as wat dit vir n kind neem om te loop om te leer swem volgens die kundiges by Aquotot – Stuyr nou my kleindogtertjie vir lesse en sy kom al baiwe mooi reg – maar nogsteeds moet n kleuter heeltyd dop gehou word – jou oog moet op hulle wees te alle tye