Kleuter veg om lewe ná swaai-ongeluk

Jaco en Juané Bothma. Foto: Facebook

Jaco en Juané Bothma. Foto: Facebook

ʼn Kleuter van Johannesburg is al vir meer as ʼn week in ʼn koma nadat sy tydens ʼn fratsongeluk met ʼn swaai erge bloeding op die brein opgedoen het.

Jaco Bothma het Maandag aan Maroela Media vertel hoe ʼn rustige Sondagmiddag die begin van die “moeilikste week in hul lewe” geword het.

Jaco se vrou, Jacqueline, was verlede Sondag saam met die egpaar se vier kinders by hul vakansiehuis in Rooiberg naby Thabazimbi in Limpopo. Jaco was die dag by die gesin se huis in Roodepoort in Johannesburg, omdat hy nog werk gehad het om af te handel.

“Jacqueline het saam met die kinders buite gespeel en vir Juané (2) en haar boetie op die swaaie gestoot,” het Jaco gesê. “In ʼn stadium het Jacqueline gesê hulle moet ingaan om iets te kry om te drink en Juané het van die swaai af geklim en reg voor haar boetie ingehardloop. Die swaai het haar bokant haar oor getref en haar skedel gekraak.”

Jaco vertel dat Jacqueline dadelik met Juané na ʼn hospitaal in Thabazimbi gejaag het waar ʼn breinskandering getoon het dat sy bloeding op die brein opgedoen het. Juané is later die dag per helikopter na die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg geneem.

“Die dokter het ons eers Donderdag vertel dat die paramedici Sondag met Juané se aankoms by die hospitaal aan hom gesê het dat sy dit nie gaan maak nie,” het Jaco gesê. “Ons het net heeltyd aanhou glo en op die Here vertrou om ʼn wonderwerk te verrig.”

Nadat ʼn noodoperasie gedoen is om ʼn gedeelte van Juané se skedel te verwyder en sodoende die drukking op haar brein te verlig, is sy in ʼn geïnduseerde koma geplaas. Haar liggaam word steeds verkoel om haar brein kans te gee om te rus. Die afgelope week was ʼn kritieke tydperk waartydens klein Juané in die waakeenheid van die hospitaal om haar lewe moes veg.

“Dit gaan nou baie beter met Juané en ons glo sy is buite gevaar. Hulle behoort binnekort te begin om haar wakker te maak en dan sal ons kyk hoe dit van daar af gaan. Ons vat dit net dag vir dag,” het Jaco gesê. “Dit gaan maar op en af met ons, dit is ʼn baie emosionele tyd. Ons weet die Here het ʼn wonderwerk laat gebeur, maar dit was beslis die ergste week van ons lewe dié.”

Volgens Jaco lyk dit tans nie asof Juané enige langtermyn-skade opgedoen het nie, maar die dokters sal dit eers werklik kan bepaal wanneer sy wakker is.

“Ons is so ongelooflik dankbaar vir elke seën en elke gebed wat oor Juané uitgespreek word. Die Here is goed vir ons.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Bianca ·

Ai jinne julle.. Dis aaklig :( baie sterkte aand dié gesin, hoop en bid dat klein Juané ten volle sal herstel. Baie sterkte.

ster ·

Ai shame ek het ook n dogtertjie van 2 jaar net so pragtig as sy op haar swaai is of haar glyplank los ek haar nie alleen nie nie n second van my lewe nie baie baie sterkte aan pappa en mamma en die kind lyk soo so pragtig sy is in my gebede

Bokkie ·

Ster, die mamma het NIE haar dogtertjie alleen gelaat nie. Klein Juanè het afgeklim en haar boetie se swaai het haar getref. Dit was ‘n ongeluk nie omdat die mamma haar ‘n ‘sekond’ alleen gelaat het nie.

Rika ·

Ek wat self n mamma is weet hoe vinnig n ongeluk kan gebeur en dit breek jou hart om jou kind so te sien….baie sterkte en weet net daar is mense wat verstaan en omgee en vir jul bid. Bid vir jul!

Spikkel ·

Ek kan net dink hoe traumaties dit moet wees, veral ook vir die boetie. Alle sterkte vir almal betrokke. Julle is in ons gebede. Glo en vertrou

JaNee ·

Sy is so pragtig. Baie sterkte aan jul en mag sy volkome herstel.

Debs ·

N Ongeluk gebeur baie vinnig, kon met enige kind gebeur het. Sterkte aan die ouers, ons bid vir julle pragtige prinsessie.

Wenner ·

Here, hierdie kindjie behoort aan U. Ons weet dat U wat die Groot Geneesheer is, REEDS besig is om met U Helende Hande die geneeswerk te doen. Ons loof en prys U Grote Naam

Gesiggie ·

Dit is so hartseer, so n pragtigge dogtertjie… n frats ongeluk kan so vinnig gebeur… Moet nie moed verloor God is Almagtig, God sal genees… Poplap hou aan veg, word gou beter… Mamma, Pappa en boettie het jou nodig.. Als sal regkom, Jesus sal jou hand vashou… Aan haar ouers… Hou moed.. God is in Beheer… Sterkte aan jul. Sy verdien net die beste

Sterretjie ·

Sterkte. Julle is in ons gebede?. Ons glo en vertrou jul pragtige dogtertjie gaan ten volle hestel.

Lianie ·

Liewe Jaco en Jacqueline daar is baie mense wat vir Juané en vir julle bid. Ek glo met my hele hart die Here gaan haar volkome genees!

Felicity ·

Ai toggie, sy is so pragtig. Ons glo en vertrou op ons Helemse Vader dat sy volkome sal herstel. Sterkte vir die gesin. Ons bid vir julle almal!

A.G ·

Fratsongeluk gebeur binne sekondes. Ons bid en vertrou saam met almal dat sy gou sal herstel. Sterkte aan julle familie.

Jorrie Jordaan ·

Pragtige dogtertjie! Sterkte aan die ouers . Vertrou in ons Liewe Vader dat sy sal herstel.

marianne ·

Ons moet almal bid en glo dat sy tenvolle sal genees. In Jesus se arms rus sy sag totdat sy wakker word.

ONS AS GESIN ·

Ons as gesin bid en vertrou vir n volkome Herstel.

Sterkte aan die Hele Familie en Gesin ons dra julle op in ons gebede.

Baie baie sterkte ·

Baie sterkte met die mooie poppedopsie, ek hoop regte uit my hart dat daar geen skade is nie. Wel sy is ‘n fighter, Paramedici sien baie sulke goed en weet wanneer jou kanse skraal is, en sy het deur alles geveg en sy gaan nog ‘n paar rekordboeke skryf, so fighter hou nooit op fight nie. Sterkte ou poppie en aan Moeder en Ouboet, dit gebeur met almal, so maklik so vinnig, almal wat nie jul pad stap is net gelukkig – kindertjies kan ongelukkig nie voorsien dat hul gestamp gaan word en ons weet nooit wanneer hul nie kan voorsien, ek weet jy gaan sê, maar dit is beter as dit met iemand anders gebeur, ons voel almal so, maar ek dink julle doen klaar ‘n great job. Dit is mos nie in hoe jy val nie, in hoe jy opstaan en soos ek hier lees is julle die beste gesin wat sy voor kon vra!!!!!!

Tania ·

Aww so pragtig. Ek bid saam dat sy ten volle sal herstel. Ek het ook n 2 jarige en kan my net voorstel hoe moeilik dit vir haar ouers is. Sterkte die Here is groot.

Wilma Potgieter ·

Pragtige poplap. Ons vertrou dat Die Liewe Vader haar Sal genees. Sterkte aan almal betrokke

Barné ·

Dit is verskriklik!! Baie sterkte Jaco en familie. Ek stuur n gebed op vir julle in die moeilike tyd.

Riaana ·

Sterkte aan die familie… Ons gebede is met julle. Ons liewe Heer hou sy hande oor haar.

Engela van Dyk ·

So jammer oor die hartseer. Ek hou julle in my gebede. Sterkte aan die hele familie, ook die oumas en oupas want ek weet hulle kry dubbel swaar. Hulle is hartseer vir julle én Juané.

Mariana ·

Ons BID dat die HERE volkome sal herstel, die HERE is met julle

Hartmamma ·

Daar is vir ons ook 7jr gelede gesê ons seuntjie gaan dit nie maak nie. Gelukkig is dit in God se Hande alleen! Ons seuntjie is ook ‘n wonderwerk-kind – ek sien God se wonderwerke elke dag in sy lewe. Baie sterkte vir julle! Mag Jesus haar veilig in Sy Arms dra en mag sy heeltemal genees en self eendag haar getuienis vertel!

2ling ·

Dis vreeslik erg. Ek was ook in ‘n ongeluk 8 jaar terug. Dieselfde operasie is op my in Unitas hospitaal gedoen. My ouers is ook gewaarsku ek gaan dalk nooit weer self kan eet of loop nie. Sal gevoer moet word. En toe herstel ek 100% en baie vinnig ook. Ek hoop van harte die dogtertjie herstel soos ek.

Esmay ·

Liewe Jesus is met julle. Glo net en als sal regkom. Sterkte

Dalene ·

Dankie Abba Vader……dat U al ons versoeke en gebede verhoor het!! Dankie Vader vir die 100% geneesing wat plaasgevind het!!! Ons Eer en dank U ook vir die wonderwerk wat alles nog gaan plaasvind in haar lewe!! Dankie , dankie daarvoor!!!! Gee haar Papoa en Mamma die kalmte,wysheid, moed en krag om elkedag te aanvaar wat vir hul op die pad voorentoe lė……en dankie vir U liefde wat hul omvou!! So ook die beskerm en dra van hulle probleme!!!! Dankie dat hul met blydskap die lewe verder kan aanpak!!! Ek dank u in die wonderlike naam van JesusbChristus!!!! Amen!!! Sterkte aan die familie en almal betrokke, prinsessie hou moed….Jesus hou jou styf vas en is baie lief vir jou!!! Shalom God Seėn!! Dalene

Linda ·

Almagtige Vader beweeg U Hand oor Juane vandag, maak haar volkome gesond. Dankie Jesus.
Sterkte bid elke dag vir julle.

Yolande Van Wyk ·

Dear Jaco and Jackie our prayers and thoughts are with you and little Juané.. I know Gods angels are with her healing her.. stay strong all our love.. you have a very tough and special daughter.

Ouma B ·

Bid vir julle Jaco en Jacqueline en veral vir klein Juanè. Sy’s so pragtige dingetjie! Hou jul oë gevestig op Jesus – Hy is in beheer!

Trudie ·

Ons Vader wat in die Hemel is, hou asseblief U hand van genesing oor klein Juané. Dra asseblief vir Jacqueline, Jaco en gesin deur hierdie tydperk van beproewing. Laat U Goddelike vrede oor hulle neerdaal met die wete dat U ALTYD in beheer is. Gee asseblief vir hulle die nodige krag om elke dag volkome op U te vertrou vir die genesing van Juané. In die Naam van Jesus Christus ons Verlosser bid ek dit. Amen

Mien ·

Dit is ‘n wonderlike gevoel dat soveel mense wat mekaar nie ken nie, almal vir klein Juane bid. Dit is goed dat Maroela Media berigte soos hierdie plaas, want meeste van ons wat julle nuus lees is hopelik omgee mense.

Jackie ·

Ag Liewe Vader behoed en bewaar hierdie familie en by U is NIKS onmoontlik nie, U wil geskied. Onthou mamma dis hoekom so iets n ongeluk genoem word, NIEMAND is daarvoor verantwoordelik nie, ek praat uit eie ondervinding, selfverwyt kan n mens se binneste uitmekaar ruk. Sterkte en wees rustig in Jesus, Hy sal voorsien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.