Kleuter verdrink amper in swembad

Die kleuter is per helikopter na die hospitaal geneem (Foto: Verskaf)

ʼn Tweejarige kleuter is Woensdag per helikopter na die hospitaal geneem nadat hy amper verdrink het in ʼn swembad by ʼn huis in ʼn luukse landgoed in Thatchfield, Centurion.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê volgens inligting wat hy ontvang het, was die kleuter se ouers nie tuis nie en het die huishulp na die kleuter omgesien.

“Die seuntjie is in die swembad gevind en was in ʼn kritieke toestand. Dit is nie duidelik hoe die kleuter in die swembad beland het nie,” sê Van Reenen.

Paramedici is na die toneel ontbied en het die kleuter op die toneel gestabiliseer. Hy is daarna per Netcare 911-helikopter na ʼn gespesialiseerde mediese fasiliteit vervoer.

Van Reenen het teen Donderdagoggend geen nuwe inligting oor die kleuter se toestand gehad nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wim ·

Baie sterkte. Ons bid dat die kleuter gou sal herstel. Beveilig die swembad met n veiligheidsnet.

Casper ·

Dit is die enigste manier hoe hy in die swembad kon gekom het,nie genoegsame veiligheid nie.’n Swembad is nie vir my status nie maar die welstand van my familie wel.

JM ·

Ek word regtig kwaad as kleuters nie behoorlik opgepas word nie, des te meer as daar ‘n swembad is. Hoekom is daar nie ‘n net oor die swembad nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.