Kleuter verdrink by Jhb-huis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige dogtertjie is dood nadat sy Maandag in ‘n swembad by ʼn huis in Johannesburg verdrink het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 16:20 na die huis in Sandringham ontbied. Sy het gesê dit is nie duidelik hoe lank die dogtertjie in die water was voordat sy uitgehaal is nie. “Die kleuter het geen teken van lewe getoon nie en daar was niks wat vir haar gedoen kon word nie. Sy is op die toneel dood verklaar,” het Mathe gesê.

Meer besonderhede rondom die verdrinking was nie onmiddellik beskikbaar nie.

In ʼn soortgelyke voorval moes ʼn kleuter Maandagmiddag per helikopter vanaf Noordwes na ʼn hospitaal in Johannesburg gebring word nadat hy in ʼn visdam geval het. Mathe het gesê paramedici kon daarin slaag om die kleuter by te bring ná die byna-verdrinking, maar sy toestand was met sy aankoms by die hospitaal steeds kritiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

tinah ·

genade! nog n kind wat verdrink, ek se altyd as jy die kind nie sien nie? is hy in die swembad……………..mense is nie versigtig genoeg nie, word wakker!!!!

Spook ·

AS JY KINDERS HET GOOI JOU SWEMBAD TOE!!!!! DIE RISIKO REGVERDIG NIE DIE PLESIER WAT JY VAN N SWEMBAD KRY NIE. Sterkte aan die ouers.

Karolis ·

Of soos deur die wet bepaal dat daar ‘n heining met ‘n hekkie om moet wees.

Marie Salzwedel ·

As jy n swembad het leer jou kinders swem!! So nie moenie n swembad hê nie!!!!

Karma ·

Ja, ons weet almal – kinders en ‘n swembad is nie altyd goeie maatjies nie. Maar ‘n kind kan in ‘n emmer vloerwas-water of in die bad verdrink – net 5 cm water is genoeg. Gaan ons ophou huise skoonmaak en soos slonskouse rondloop? NEE. So weet ons ook ons kan in ‘n motorongeluk wees of doodgery word op straat – gaan ons nou alle tipe motorvervoer verban en in ons huise bly? Ons weet ons kan sterf aan longkanker as ons rook en lewerkanker as ons drink – gaan almal ophou drink en rook? NEE. Feit bly staan egter: dié tragedie sou nie gebeur het as die swembad afgeskort was of ‘n veiligheidsnet oorgehad het nie. Simpatie aan die ouers in dié tragedie.

Peet J ·

As jy ‘n ouer is met klein kindertjies is dit jou verantwoordelikheid om toe te sien dat die kind/kinders nie aan gevare blootgestel word nie. ‘n Kind wat verdrink se dood kan net toegeskryf word aan die agtelosigheid van die ouer maak nie saak waar dit plaasvind nie.

charlene ·

Peet!! Ek hoop jou lewe is skoon want jy oordeel maar gou!
Ek het al beleef hoe klim `n 4 jarige oor `n heining wat redelik hoog en en in die swem klim waar `n net is, die einste net het meer skade gedoen as goed! Jy was nie daar nie en die berig sê nie dat dit by die ouers se huis was nie! Gaan jy vir ander mense sê wat om met hulle swembad te doen en wat nie! Jy het nie kinders nie want duidelik weet jy nie dat `n kind die een oomblik nog hier kan wees en die volgende oomblik nie meer langs jou nie.

BOLANDER ·

Die wêreld sal al aan die vergaan wees. MAAR NOG STEEDS SAL DIE MENSDOM NIE DIE LES LEER NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Louise ·

Was dit die ouers se huis,
was die dogtertjie opgepas deur iemand,
Was werkers besig om die swembad skoon te maak en het die net afgehaal,
Daar is soveel goed om in ag te neem voordat daar vinger gewys word.
Dis baie hartseer en tragies, baie sterkte aan die familie mag God julle toevou met liefde en sterk hou deur hierdie moeilike tyd.

Katjie@1 ·

Ek stem saam met die risikos ens ……. maar kan iemand net dink hoe die ouers voel? Buiten dat hulle n kind verloor het is die skuld gevoel geweldig.. Die swembad het dalk n net, maar was op daai oomblik dalk af om die swembad skoon te maak, die hekkie het dalk n slot maar was op daai oomblik nie gesluit nie, een glips en jy sit met verwyte en seer en oordeel. Baie sterkte aan die familie. Ongelukke gebeur so gou en mense oordeel nog gouer sonder om voordeel v twyfel te gee….. en nee…. voor iemand dink ek het seker nie kinders nie, ek het…… waarvan my oudste self n ongeluk gehad het waar ek nie by was nie. mag die ouers troos vind en die Here se genade hulle dra.

Amanda ? Wait ·

Dié mense ken nie van empatie nie Katjie@1, maar die dag as (God forbid) so iets met hulle gebeur, sal hulle hoop mense blameer en verwyt nie vir hulle nie.

Cindy ·

Sjoe dis my grootste vrees dat so iets met my kind moet oorkom. Ongelukke gebeur so gou. Liewe Heer hou hierdie familie styf vas deur hierdie tyd en vergewe asb die mense wat so gou oordeel. Ons was nie daar gewees nie en weet nie wat het gebeur nie en ek hoop die mense wat so judge se lewe is perfek.

Peet J ·

Dit maak nou nie saak watter tipe veiligheidsmaatreêls op daardie stadium nie inwerking was nie die punt is die kind het ‘n onnatuurlike dood gesterf en dit is die ouers se verantwoordelikheid om dit te voorkom het.

Piet ·

My kinders was baie klein, toe het hulle reeds goed teen die heining begin pak om oor te klim. Ek het later ‘n slot aan die hek en ‘n net op gehad, maar ek het nooit veilig gevoel nie. Ek en my vrou het baie oor die swembad gestry want ek wou dit leeg tap. Moet tog nie hierdie mense veroordeel nie, jy beplan mos nie dat so iets moet gebeur nie. Ek wonder of die wat altyd so gou klippe gooi self kinders het- ek dink hulle sou meer begrip gehad het met hulle situasie.

SPOOK ·

Die wat in glas huise bly moet nie met klippe gooi nie, ek was n paar jaar trug betrokke by n gesin wat se 3 jarige in hul swembad verdrink het, julle weet nie watse pyn dit is nie, hul tuin jong het nie die hek gesluit nie en M het in swembad beland dis n hel wat mens nie kan beskryf nie Liewe Jesus ek le die mamma en pappa by U voete neer want in die stik donker nag kan net U hulle troos.

Huh? ·

Ag nee Spook , wie praat dan nou nog van ‘n tuin jong? Moes jy nie maar liewer tuinier gesê het nie.

Peet J ·

‘n Driejarige kleuter behoort nie sonder toesig van ‘n verantwoordelike persoon buitenshuis gelos te word nie. Hou dit in gedagte dat ‘n kind wat gebore word deur die Almagtige God aan die ouers geskenk is.

charlene ·

So baie mense wat net oordeel!! Ja `n kind moet nie alleen toegelaat word by `n swembad nie maar wat is die omstandighede hier?? Daar word nie gesê as dit by hulle huis gebeur het nie! Kinders is rats, en kan stil stil uitslip as hulle wil. Voel liewers vir die ouers wat hulle kinder verloor het, dis tragies! Sterkte aan die mamma en pappa!

Cheryl ·

PEET!!!! Stem 100% saam met jou hoor, mens los nie so jong kind alleen Wat ook al die rede of jy nou n swembad het of nie n ongeluk gebeur baie vinnig self onder ons oé….ek het n 12 jarige en n 9 jarige en selfs hul word nie toe gelaat om alleen te swem nie Al kan hul swem. As ek in die huis besig is en hul nie hoor nie gaan kyk ek dadelik waar is hul. So geen verskoning om jou kind alleen te los nie. Jammer vir die klein engel se afsterwe hoop jy rus sag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.