Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 16:20 na die huis in Sandringham ontbied. Sy het gesê dit is nie duidelik hoe lank die dogtertjie in die water was voordat sy uitgehaal is nie. “Die kleuter het geen teken van lewe getoon nie en daar was niks wat vir haar gedoen kon word nie. Sy is op die toneel dood verklaar,” het Mathe gesê.
Meer besonderhede rondom die verdrinking was nie onmiddellik beskikbaar nie.
In ʼn soortgelyke voorval moes ʼn kleuter Maandagmiddag per helikopter vanaf Noordwes na ʼn hospitaal in Johannesburg gebring word nadat hy in ʼn visdam geval het. Mathe het gesê paramedici kon daarin slaag om die kleuter by te bring ná die byna-verdrinking, maar sy toestand was met sy aankoms by die hospitaal steeds kritiek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
genade! nog n kind wat verdrink, ek se altyd as jy die kind nie sien nie? is hy in die swembad……………..mense is nie versigtig genoeg nie, word wakker!!!!
AS JY KINDERS HET GOOI JOU SWEMBAD TOE!!!!! DIE RISIKO REGVERDIG NIE DIE PLESIER WAT JY VAN N SWEMBAD KRY NIE. Sterkte aan die ouers.
Tragies, sterkte aan familie.
As jy n swembad het leer jou kinders swem!! So nie moenie n swembad hê nie!!!!
As jy ‘n ouer is met klein kindertjies is dit jou verantwoordelikheid om toe te sien dat die kind/kinders nie aan gevare blootgestel word nie. ‘n Kind wat verdrink se dood kan net toegeskryf word aan die agtelosigheid van die ouer maak nie saak waar dit plaasvind nie.