Kleuter verdrink in toiletemmer

Argieffoto: http://kristenbloggen.net/

Argieffoto: http://kristenbloggen.net/

ʼn Tweejarige kleuter van die Noord-Kaap het in ʼn emmer vol urine verdrink.

Maj. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het in Modderrivier naby Ritchie plaasgevind. Volgens Mooi is die kleuter se 21-jarige ma Woensdag omstreeks 18:00 winkel toe terwyl haar kind in die huis geslaap het. “Toe sy van die winkel af teruggekeer het, het sy die kind gesig na onder in die emmer gekry. Die kind is deur paramedici op die toneel dood verklaar,” het Mooi gesê.

Volgens Mooi is niemand in hegtenis geneem nie en sal die polisie ʼn geregtelike doodsondersoek doen.

Intussen het Andrew Louw, leier van die DA in die Noord-Kaap, sy medelye aan die kleuter se familie uitgespreek. “Die tragiese dood onderstreep die kommer wat die DA geopper het rakende die provinsie se agterstand in sanitasie. Ons verwelkom die feit dat R6,4 miljoen toegedeel is om sanitasie-, water- en elektrisiteitsvoorsiening in Ritchie in die volgende boekjaar te verbeter,” het hy gesê.

“Ons hoop hierdie aaklige dood sal dien as herinnering aan die Sol Plaatje plaaslike munisipaliteit om dienslewering te verbeter en die agterstand in sanitasie uit te wis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Francois ·

Nou, my vraag is: As dit ‘n plastiek emmer was sou dit omval van al die gespartel. Kyk maar self hoe maklik val so ‘n emmer om. Selfs al was dit ‘n blik emmer, selfde storie…of is hier dalk ‘n storie agter ‘n storie.

mercia ·

Ryk n rot. Vir wat kan hul nie leeg maak,as hul emmer gebruik het nie. Hulle weet mos daar is klein kinders in die shak huisie. RIP kleine angel

anon ·

in die eerste plek hoekom gooi hul ni di emmer uit ni dink ok dis nalatigheid nie eers ek los my kind vir n second aleen ni en hy ok 2 j in di eerste plek los jy nie n kleuter alleen nie

Ghost ·

Wil net weet hoe kan mens so kleintjie alleen by die huis los, al slap hy en uit gaan. Dis agterlosigheid van die ouer.

Berhalet Beukes ·

Die logika in die sameloop van gebeure ontbreek geheel en al! Wie los ‘n emmer urine om rond te staan? Wie los ‘n 2-jarige sonder voldoende toesig? Sou die emmer nie van ‘n gespartel omgeval het as die kind probeer asem kry het nie?

Peet Schabort ·

Dis nie die eerste kleuter wat in ‘n emmer verdrink.
Tragies.

Francois ·

Ja Peet ek weet, maar verduidelik vir my hoe val so ‘n emmer nie om nie? Ek het baie emmers by die huis al omgestamp en was net water oral – nou “val” ‘n kind presies op die regte “angle” in die emmer urine (hulle het seker BAIE gedrink om die emmer so vol te kry), sonder dat die ding omval van spartel? Nee jong dink weer, iets is nie pluis nie.

Peet Schabort ·

Lees mooi wat ek sê Francois. Ek gee geen verduideliking van hoe dit moontlik is of nie.
Sou ek ‘n verduideliking moes gee sal ek begin by die grootte van ‘n tweejarige kind se kop wat proporsioneel baie groter is as die res van die lyf. Dis hoekom dit ook ‘n feit is dat ‘n kind eers skoolgaande ouderdom bereik wanneer hy eers met sy hand oor sy kop die oor aan die anderkant kan raak.
So nou is daardie kind “top heavy”. Neem ons nou die hoogte van ‘n emmer en die lengte van daardie kind dan is daar ook ‘n verhouding ten gunste van die emmer se hoogte. Die vloeistof in die emmer gee ook stabiliteit aan die emmer deur gewig te verleen aan die emmer. Die deursnee van die boom van die emmer speel natuurlik ook ‘n rol en die materiaal (blik/plastiek) ook.
Daar moet in ag geneem word dat die kind al kan loop en letterlik net vooroor val kop eerste in die emmer.
Mag ek dit vergelyk met ‘n grootmens wat vooroor val in ‘n 210 liter drom ? Ek reken so.
Ek is nie ‘n kundige hiermee maar dit sou my verklaring wees.

Peet Schabort ·

Francois, tik in op die internet “how does a child drown in a bucket”.

Petro ·

Oh nee wat gaan aan met ouers deesdae hoe de duiwel los jy n 2 jarige kind alleen by die huis ek hoop die ma word gearresteer vir nalatigheid want dit is wat dit is hell ek bly in n kompleks en al loop ek net na my buurvrou toe kom my kids saam en klaar!!!!!!!RIV KLEIN ENGEL.Watse tipe higiene word toegepas kinders van daai ouderdom is mos altyd op n peuter stadium wil aan als vat.

jennefer ·

Ja nee, treurige ma, mens los nie jou 2jarige alleen , selfs al bly jy in swart woonbuurt en die winkel is 3 huise verder, en n mens maak tog elke dag so emmer leeg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.