Kleuter verdrink in Vanderbijlpark

Argieffoto

ʼn 18 maande oue seuntjie het Dinsdagmiddag by ʼn huis in Vanderbijlpark verdrink.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die kind het aanvanklik by die huis in ʼn residensiële kompleks verdwyn.

“Die ouma en bure het hom later in ʼn swembad gevind. Sy was reeds besig met KPR op die seuntjie toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Meiring verduidelik. “Paramedici het by haar oorgeneem, maar hulle het ʼn uur lank tevergeefs gespook om die kind by te bring.”

Die seuntjie is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JA ·

Ek hoop nie iemand gaan nou weer die ouers kritiseer of blameer nie. Ongelukke gebeur, oral in ons samelewing.
Ek het ook my seun, baie lank terug, op 15 mnde so verloor.

Dit is BAIE hartseer. Sterkte aan die ouers.

Mag ons ·

Mag ons ten minste net leer uit sulke gebeure dat dit ter enige tyd na ons kant toe kan kom. Dit gebeur so maklik dat die een dink die kind is by die ander persoon en andersom. Selfs ‘n emmer- of skottel water is genoeg vir verdrinking.
Bykans 50 jaar gelede het die bure oorkant die straat met ‘n baba wat net kon kruip vir ons kom vra of dit ons baba is wat toe so was. Die hek en draadheining was ondeurdringbaar . Tot vandag toe weet ons nie hoe daardie BABA daar uit gekom het.
Skuifhekke wat omval, motors wat oor kinders ry en verdrinking is en bly uiters gevaarlike omstandighede. Ongelukkig is veiligheid ‘n tydrowende ding wat ook gepaard gaan met groot onkostes.
Sterkte aan die ouers en die grootste struikelblok nou is verwyte. Mag God julle die krag gee om daarby verby te kom.

Liza ·

Nee JA niemand geen niemand mos die skuld nie, ‘n 18jarige kind word net so gelos op sy eie en niemand kom agter hy is nie meer by hulle nie…..daar waar ‘n swembad is moet mens mos weet dat daar behoorlike veiligheid moet wees, en tweedens kinder is baie lief vir water…… Ek oordeel nie en jammer oor jou kind ook….. ek dink net elke mamma verskil maar, ek is een van daardie wat nie my kinders uit my oog uit laat verdwyn het nie veral nie toe hulle klein was nie, nou is hulle groot…..Sterkte aan die familie ……. dis net hartseer….. rus in vrede kleine seuntjie……

Bekkie ·

Liza ek moet saam jou stem… as ‘n ma van 3 kinders.. En dis nie oodeel nie dis net opinie gee… 18mnde is bitter klein om in ‘n kompleks “weg te raak”… Mens tref voorsorg.. sluit die deur as jy besig is in die huis bv dat hulle nie kan uitgaan nie… of ‘n play pin ens…
Ja ongelukke gebeur maar baie kan vermy word met logika!!

Bekommerd ·

Dit is tragies die gebeure. Dan kry mens steeds selfsugtige mense, wat eerder ‘n mooi swembad sonder ‘n net wil hê, as om ‘n veilige swembad te hê en so ‘n lewe spaar. Word wakker asseblief en hou op aan jouself te dink.

A ·

Bekommerd, dis hartseer dat mense so redineer . Ons het n Koi dam met n net oor. My seuntjie word een vandag. Ek het hom nou die dag bo op die net gesit en gekyk hoe ver sak die net met hom op. Want ek is n bekommerde mamma wat als doen om my kids water wise te Leer.. Ag my hart breek as ek van sulke geval let lees . Men’s kan nooit genoeg bid vir ons kids se beskerming nie. Sterkte familie. Xxxx

realisties ·

Regtig?! Mag niemand kritiseer nie? Ek lees ELKE DAG van ñ kind wat erens verdrink. Ek het self 3 kinders en ons het ñ swembad en ek gaan nie eers alleen na agter saam met hulle nie. Daar is altyd 2 volwassenes wanneer ons na die swembad area gaan want logika sê vir my 1 mens alleen kan nog ñ kramp kry of hartaanval of gly en val en bewusteloos wees en wat dan van die kleintjies. Hoeveel kinders moet nog verdrink?! Ek is al briesend as ek so iets lees. Onder oë weg geraak… Kon haar of hom nie meer hoor nie en na ondersoek ingestel is die kind in swembad gevind… Vir ñ oomblik weg gedraai… Dis nie meer verskonings nie. My hart gaan uit na daai kindjie wat sy lewe te vroeg verloor het want hy was vir iemand geleen en hulle het hom nie opgepas nie. As jy kinders het is hulle jou verantwoordelikheid. Punt.

christa ·

Ek kan nie oordeel nie, maar al wat ek kan se dis die seerste pad om te stap. Mag ons Vader julle vertroos en versterk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.