Kleuter verdrink in visdam

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kleuter het Woensdag in ʼn visdam by haar huis in Morningside, Sandton, verdrink.

“Paramedici van die provinsiale nooddiens was reeds besig op die toneel toe paramedici van Netcare 911 by die toneel opgedaag het,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die provinsiale nooddiens het haar op die toneel dood verklaar.”

Die voorval het omstreeks 16:00 plaasgevind.

Traumaberaders staan die gesin by.

Mathe het gesê die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Carol ·

So jammer. My moedertjie het altyd vir ons gesê: “onthou jy kon tot in n visblik verdrink” na aanleiding van n baba wat gekruip het en vooroor geval het , gesiggie eerste in n blikkie water wat vir die hondjie neergesit is. Sy hetvdie water in geasem en het so “verdrink” Dit was blykbaar n groterige plat blik waarin vis verpak was. Serkte vir die gesin.

Marianne ·

So jammer oor die groot verlies….rus in vrede kleinding….mag die liewe Vader die ouers en betrokke persone styf vashou en deurdra deur hierdie moeilike tyd….ongelukke gebeur so geweldig vinnig…mag Vader julle help….sonder Hom is dit nie moontlik om die pad te stap….glo vir my…..baie sterkte en seënwense!

wilma ·

Ons Moeder het ons geleer versigtigheid is di moeder van alle wysheid. Sterkte.

willie ·

Hartverskeurend, traumaties. Is glad nie maklik om te verwerk nie, want dit is seer, ek weet, maar die Here is ons Herder. Hy weet alleen. Mag onse Here Jesus self die wond genees. Voorspoed en sterkte.

Gerda ·

Daar is nie woorde om vi julle te se nie al wat ek kan se my innige meegevoel aan die ouers en familie. My hart gaan uit na julle My kleinseun het Jan 4 dae voor sy 2e verjaardag in n koidammetjie verdrink. Dis verskriklik !!!!

Aiden Angel ·

Ja Gerda dit is die ergse ding wat met n mens kan gebeur..

Ek moes ook laas jaar my seuntjie Aiden totsiens se nadat hy by sy ouma en oupa se huis in die swembad geval het..

Daai eina gaan NOOIT weg nie dit maak nie saak hoe hard jy bid nie, die Here los ons met daai seer sodat ons kan onthou en annhou glo…

Sterkte vir die family en almal wat betrokke is…

:(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.