Kleuter verdwyn glo uit huis

Nkoka Mhlarhi (3) word sedert Vrydag vermis. (Foto: Verskaf)

Die polisie op Ritavi buite Tzaneen in die Mopani-distrik is op soek na ’n kleuter wat glo uit sy ouerhuis verdwyn het.

Nkoka Mhlarhi (3) is Vrydagoggend omstreeks 08:20 vir die laaste keer gesien. Volgens die kind se ouma het hy saam met sy sewejarige boetie in die huis gespeel toe hy onverklaarbaar verdwyn het. Die huis is in die Khujwana Ntwanano-nedersetting geleë.

Nkoka se gesin het glo onmiddellik na hom begin soek en die polisie in kennis gestel toe hulle hom nêrens kon vind nie. ʼn Soektog deur die polisie by bure en familielede het ook niks opgelewer nie.

Hy het ten tyde van sy verdwyning ’n pers hemp, rooi broek en Nike-sandale aangehad.

Enigiemand met inligting word versoek om die Ritavi-polisiestasie by 079 890 6460 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wondermaarnet ·

Hoop hy word vinnig gevind en na veiligheid gebring.

Swerwer ·

Mag die kleinman vinnig gevind word. Die boetie moes tog iets opgemerk het wat tot leidrade aangewend kan word.

Boer ·

Dit raak nou erg daar verdwyn te veel mense vir al kinders. Die wereld raak siek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.