Kleuter verkrag toe man haar na huis lok

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

ʼn 53-jarige man van Kgautswane in Limpopo is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn driejarige dogtertjie na sy huis gelok en haar verkrag het.

Die beskuldigde het die kind glo ná afloop van die voorval R2 gegee om lekkernye te koop.

Volgens die polisie het die voorval op 18 Desember plaasgevind toe die kleuter saam met ander kinders in die straat naby die beskuldigde se huis gespeel het.

Bure, wat die kind by die beskuldigde se huis sien uitstap het, het haar voorgekeer en gevra waarom sy sukkel om te loop.

Die kind se ma is in kennis gestel en sy is die volgende dag na ʼn kliniek geneem. Dit is later bevestig dat sy deur die man verkrag is.

Die beskuldigde het Woensdag op aanklag van verkragting in die Praktiseer-landdroshof verskyn.

Die saak is tot 30 Desember vir verdere ondersoek en ʼn formele borgtogaansoek uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.