Kleuter vermis ná kapers met haar wegjaag

Argieffoto: Pixabay

ʼn Vierjarige dogtertjie word glo vermis nadat kapers Saterdagoggend met haar pa se motor weggejaag het – terwyl sy steeds in die voertuig was.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse polisie, wou nie Sondag veel inligting oor die saak bekendmaak nie en het gesê die ondersoek is in ʼn “intensiewe en sensitiewe” stadium.

Mbele het wel bevestig dat die voorval omstreeks 07:15 op die hoek van Shepstone- en Dinkelmanweg in New Germany plaasgevind het.

Volgens Mbele was ʼn 45-jarige man en sy kleuterdogter in ʼn VW Golf wat by ʼn verkeerslig stilgehou het. ʼn Voertuig met vier insittendes het langs hom stilgehou en vuurwapens is op die pa gerig. Die kapers het hom na bewering uit die voertuig gedwing voordat hulle weggejaag het met sy dogtertjie glo steeds binne die voertuig.

ʼn Saak van voertuigkaping is by die Pinetown-polisiestasie aanhangig gemaak.

Daar is tot dusver nog niemand in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Asmain ·

n Saak van Voertuigkaping??????
Wat van die kind wat weg is??????
Genade wat het van ons prioriteite geword?????
Hoop die kleinding word ongeskonde gevind

Cherokee ·

New Germany is een van ons woongebiede. ‘n Uiters middelklas gebied. Dit is nie moontlik om te raai of dit swart, bruin, indiër of wit kind is nie. Maar niks daarvan sou saak gemaak het nie. Mag die onskuldige kindjie onaangeraak veilig terug gevind word. Saam met lees van die berig het ‘n gebed opgegaan vir haar veiligheid.

ZAR ·

Indien ten minste haar ras bekend gemaak word maar veel eerder ‘n foto geplaas is, sal daar dalk meer mense wees wat haar moontlik gesien het. Meer leidrade. Dis hoekom die publiek moet weet.

Leser ·

Ek stem saam. Wys ‘n foto. Daar is baie mense wat hier lees en dan op die uitkyk sal wees. Daardie arme kind. Ek wil nie eers dink aan die vrees en angs wat sy moet deurgaan nie – en haar ouers!! ‘n Kind bly maar net ‘n kind – die velkleur is ONBELANGRIK!

Jozi ·

‘n Onskuldige en weerlose kind is wie weet waar en hulle maak ‘n saak van voertuigkaping.
Is dit nie ook ‘n saak van ontvoering nie?
Ek hoop en bid die arme kind word spoedig gevind.

Rooi Jan ·

Ek sou ook gedink het ontvoering. En die straf vir die ontvoering van n kind behoort lewenslank in n pit toilet sonder die opsie van parool te wees.

Pearl ·

Dit maak jou siek tot in die pit van jou maag! Dis verskriklik, ek kan my nie indink waardeur die ouers moet gaan nie.
Ons bid sy word vinnig, ongeskonde teruggevind.

Bekommerd ·

Ai Here! Bring asb die kindjie veilig terug na haar ouers! Amen!

Nel ·

eNCA het berig dat die kleintjie veilig teruggekry is, maar het niks oor sy/haar welstand gesê nie.

Elsa ·

Ek hoop van harte die kindjie is wel veilig teruggekry en dank die Vader as hy/sy veilig by die ouers terug is. Kan Maroela Media vir ons probeer om meer inligting bekend te maak? Dit sal wonderlik wees om te hoor een van die gru verhale het ‘n goeie einde ook.

Blommie ·

PRESIES, hoe moet die PUBLIEK HELP SOEK, SONDER ENIGE INLIGTING.
DIT maak my WOEDEND…
Elke dag is daar net n mider kans om die kind te kan kry, gee alle inligting op die arme kind laat ALMAL kan help soek.

Nel ·

. Ek het ‘n uur gelede al gepos dat die kleuter veilig teruggekry is – die pos net bokant Elsa s’n.

Raadop ·

DURBAN – The toddler who was kidnapped after her parents were hijacked and suspects drove off with her in the car has been found after a manhunt.

KwaZulu Natal police are looking for four men who drove off with the four-year-old child in the car in New Germany.

READ: IFP councillor killed in apparent ambush

The men accosted her father and took his Volkswagen Golf at a traffic light.

A case of car hijacking and kidnapping had been opened at the Pinetown police station.

Stuiwer ·

‘n Saak van voertuigkaping is aanhangig gemaak. Wat van ‘n saak van ontvoering daarby?

Wilma ·

Maak ni meer saak huveel wetsgehoorsame burgers kla ni
Oor alle rasse is daar mense wie strenger wette bepleit maar die arrogante govt officials voel minder as nix. Hul stel net belang in hul salaris

Hannelie ·

Ai hoe moet die publiek soek na ‘n kind sonder ‘n foto? Plaas net ‘n foto asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.