Kleuter, vier ander sterf in botsing

Vyf mense is dood in die ongeluk naby Leeu-Gamka in die Wes-Kaap. (Foto: Wes-Kaapse verkeerspolisie)

Vyf mense, onder wie ʼn tweejarige kind, is Maandag in die vroeë oggendure naby Leeu-Gamka in die Wes-Kaap in ʼn ongeluk dood.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het gesê die bestuurder en vier passasiers is in die ongeluk op die N1 dood. Daar was altesame nege volwassenes in die Toyota Condor.

“Die regterkantse agterwiel van die Condor het afgebreek en die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor,” het Africa gesê.

Die ongeluk het omstreeks 01:40 plaasgevind.

Volgens Africa is altesame 20 mense die afgelope naweek op die provinsie se paaie dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andre ·

Tragies. Hierdie Condors hoort nie op ons paaie nie. NCAP gradering? Net omdat daar spasie is beteken nie die goed is veilig nie, met 9 mense vererger dit.

Peet Schabort ·

Ekself het die onwaarskynlike gesien jare gelede op Evander. Met die stilhou in ‘n parkeerarea het die regter vooras gebreek vd kar langs my en die neus op die parkeereiland geval.

sandra ·

9 Volwassenes, bid jou aan! die motor was oorlaai, en dan nog ‘n kind ook! Seker weer lekker op spoed ook gewees, so ‘n swaar kar sit mos lekker op die pad…

Mark ·

Die laat aand trippie was ook seker om padblokades vry te spring. Kan hulle nie ‘n plek maak tussen Leeu-Gamka en Prins Albert waar alle voetuie 24 uur dag en nag af getrek word getoets word en deursoek word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.