Kleuter, vrou sterf toe bakkies bots

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Twee mense, onder wie ’n kleuterdogtertjie, is vroeër vandag (Donderdag) dood toe twee bakkies in die Vrystaat gebots het.

Die voorval het sowat 70 km buite Bloemfontein op die R700 plaasgevind.

Die bestuurder van die een bakkie is ernstig beseer, terwyl die bestuurder van die ander bakkie, ʼn man, matige beserings opgedoen het. Hy was alleen in die voertuig ten tye van die ongeluk.

Die oorledenes was albei passasiers in die ander bakkie.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het net ná 12:00 met hul aankoms op die toneel twee bakkies langs die pad aangetref.

Die manlike bestuurder van die een bakkie het op die toneel rondgestap.

’n Ernstig beseerde vrou, vermoedelik in haar 30’s, was in die bestuurdersitplek van die tweede bakkie vasgekeer.

Die lewelose liggaam van nog ʼn vrou, vermoedelik in haar 40’s, is in die bakkie aangetref. ’n Jong kind het langs haar gelê. Albei het reeds aan hul beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.

Meganiese toerusting is gebruik om die vrou uit die wrak van haar bakkie te bevry. Sy is op die toneel behandel en pynmedikasie toegedien voordat sy na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Meiring sê die presiese omstandighede van die botsing is nie duidelik nie. Die plaaslike owerhede was wel vanmiddag op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shakespeare ·

“Observe” en “ondersoek instel ” is al wat die meeste patesiese SAPS kan doen. Van daaraf gaan alles vir ‘n ses.

Swerwer ·

My keel trek toe as ek dink aan die Feesseisoen wat voorlê en daar net in die afgelope week al soveel hul lewens verloor het in motorongelukke. Die duiwel is omtrent los in hierdie land van ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.