Kleuter weer in hospitaal ná byna-verdrinking

Miané

Miané

Miané Ainslie van Witbank, die 22 maande oue dogtertjie wat byna in ʼn opblaasswembad verdrink het, is weer in die hospitaal opgeneem.

Claudette Ainslie, Miané se ma, het aan Maroela Media gesê haar dogtertjie is Dinsdagaand in die staatshospitaal in Witbank opgeneem. “Sy het heeldag verkouerig gelyk en het gehoes en slym opgebring. Sy het verskeie kere haar tong raakgebyt en dit het net erger en erger geraak.”

Dokters het Claudette meegedeel dat Miané longontsteking het en stuipe kry. “Volgens die dokters het die voedingbuis in haar neus dit veroorsaak aangesien dit refluks tot gevolg gehad het. Haar koors is hoog en hulle het haar vanoggend begin suurstof gee.”

Miané was op 9 November oudergewoonte in die sorg van haar ouma, Mariaan, terwyl Claudette by die werk was. Mariaan was besig om wasgoed op te hang en Miané het met haar fietsie na die opblaasswembad gery. Sy het vermoedelik op haar fiets geklim om oor die rand te loer toe sy ingeval het (lees meer hier).

Miané is op 9 Desember uit die hospitaal ontslaan. “Ek sorg self vir haar by die huis. Sy maak goeie vordering. Sy het haar koppie begin optel en geluidjies gemaak. Ons moet nou vir haar ʼn PEG-voedingsbuis kry wat direk in die maag gesit word en nie deur die neus gaan nie. Die hospitaal hier kan dit egter nie doen nie.”

Volgens Claudette is daar al nagenoeg R200 000 ingesamel vir Miané se mediese onkoste. Klik hier om ’n bydrae te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DPJ ·

Mens is dankbaar dat sy lewe, maar wat se lewe na ek die berig gelees het?

Claudette ·

Gelukkig sal sy n vol gelukkige lewe he. Waar sy kan getuig van God se wonderwerk wat hier plaasgevind het.

Gesiggie ·

Jou arm klein Engeltjie, sjaim ek was so bly om laas keer te lees, dat jy Ok is…. en nou moet dit met jou gebeur?? so jammer om te hoor… Jy verdien nie al die Eina?? Sterkte aan Mamma en almal ”’ hou moed als sal gou weer beter gaan…. Jesus sal na sy Engel Kyk…En baie Dankbaar aan elkeen wat n bydrae gemaak het om die Pragtigge klein dogtertjie te help…. Als wat mooi is vir jul as gesin….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.