Kleutermoordenaar gevonnis

Cuburne van Wyk.

Cuburne van Wyk.

Die man wat skuldig bevind is aan die ontvoering van en moord op Cuburne van Wyk (3) van Reigerpark aan die Oos-Rand is Vrydag gevonnis.

Regter George Maluleke het Nathaniel “Chicken” Mpoku (26) in die hooggeregshof in Johannesburg, wat in Palm Ridge sit, tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy op 21 Mei skuldig bevind is.

Mpoku het Cuburne op 6 Augustus met koekies weggelok terwyl hy op ʼn sportveld in Ramaphosa saam met sy boetie en sussie gespeel het. Sy verbrande liggaam is drie dae later by ʼn nabygeleë mynhoop aangetref. Hy is verwurg.

Maluleke het gesê Mpoku het nie aanspreeklikheid vir die misdrywe aanvaar nie en sal klaarblyklik nie gerehabiliteer kan word nie. Mpoku is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord en 10 jaar vir ontvoering. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.

Volgens Lumka Qoqo, Mpoku se advokaat, sal sy kliënt aansoek doen om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding en vonnis.

Lees alle vorige berigte oor Cuburne van Wyk op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann Marx ·

As ons konstitusionele “reg tot lewe” gebalanseer was met die “reg om NIE te lewe NIE”, en ons keuse daaromtrent uitgewys was deur ons dade teenoor die res van die gemeenskap, dan was dit duidelik dat Nataniël “Chicken” Mpoku die “reg om NIE te lewe NIE” gekies het, en sou ons sy keuses respekteer en hom bystaan om die gevolge van so ‘n keuse te laat realiser. “Chicken” sou dan die volgende keuses gehad in ‘n eg demokratiese bestel: Galg, Elektriese stoel, gaskamer, vuurpeleton, dodelike inspuiting. ‘n Onafhanklike kontrakteur sou hom help om hierdie keuses tot uiting te bring, en die saak sou afgehandel gewees het. Nou gaan “chicken” egter vir “lewenslank” in die tronk sit teen ongeveer R114/dag….oftewel R1 040 250,00 uit die belastingbetaler se sak oor die volgende 25 jaar. “Chicken” is nou gevoed, geklee en medies versorg vir die volgende 25 jaar sonder dat hy enige inset hoef te lewer. En die ouers van Cuburne van Wyk moet voor worstel sonder hulle kind, en hulle belasting help nog betaal vir “chicken” se huisvesting ook. Hoe skeef het die wêreld nie geraak nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.