Kleuters aangeval: Man in hof oor Dobsonville-inbraak

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy twee klein kinders en hul ma tydens ʼn rooftog in Dobsonville, Soweto aangeval en met ʼn mes gesteek het, het Woensdag in die hof verskyn.

“Harris Nhlapho het in die Protea-landdroshof verskyn en sy saak is tot 2 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy bly in aanhouding.”

Nhlapho het glo die twee seuntjies, onderskeidelik twee en drie jaar oud, en hul 20-jarige ma op 16 Desember in hul huis in Dobsonville x3 aangeval. Die tweejarige is drie keer in sy kop gesteek en die driejarige het agt meswonde aan sy lyf opgedoen. Die seuns se ma het ʼn paar meswonde aan haar linkerarm en die 60-jarige ouma het ʼn sny op haar voorkop gehad.

Die familie hou egter vol dat Nhlapo nie die man is wat hulle aangeval het nie.

Lees alle vorige berigte oor Dobsonville op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.