Kleuters met ʼn mes aangeval tydens huisbraak

Argieffoto

Argieffoto

Twee seuntjies, onderskeidelik twee en drie jaar oud, is tydens ʼn huisbraak in Dobsonville, Soweto, met ʼn mes aangeval.

“Die voorval het Dinsdagaand omstreeks middernag in Dobsonville X3 plaasgevind,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die tweejarige is drie keer in sy kop gesteek en die driejarige is agt keer in sy lyf gesteek.”

Die kinders is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling, maar daar is nog nie verdere inligting oor hulle toestand beskikbaar nie.

Die diewe het elektriese toestelle uit die huis gesteel waar die kinders geslaap het. “Daar is vermoedelik twee mans betrokke,” het Makhubela gesê.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en poging tot moord. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om met die polisie in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anet ·

Ek kan nie glo dat die barbare twee onskuldige kinders aanval nie.Ek dink deesdae se rowers is eerder daarop uit om mense te beseer, en gebruik net die roof as ‘n dekmantel

Skande twee uitgegroeide lummels

Elizabeth ·

Vieslik en wreed! Hoe val jy ‘n weerlose kind sommer net aan? Ek hoop daar is geen blywende skade nie!

pop ·

Sulke sterk groot mans!!!!! Was die babas so n groot bedreiging, of wat.???? En ons lewe in n land saam met sulke ongediertes. Duiwel se handlangers.

susan ·

Wonder waar was die ouers. Soos dit vir my klink was die tweetjies alleen tuis. Daar is nie woorde vir sulke barbaarsheid nie.

Drieks ·

Net soos jul sé, ons lewe in groot gevaar elke sekond. En daar is niemand in die ANC wat die politieke wil het om op te staan teen hierdie wreedheid van ons swartmans nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.