Kleuters sterf in brand

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas Fotos, Pixabay)

Twee kleuters (2) is Maandag in ’n huisbrand in Amersfoort, Mpumalanga, dood.

Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, was drie kleuters, ’n tweelingboetie en -sussie en hul niggie, almal twee jaar oud, alleen in die huis toe die brand ontstaan het.

“Die oppasser in wie se sorg die kinders was, het hulle alleen by die huis gelos om iets by die winkel te gaan koop. ’n Kers het in die huis gebrand aangesien daar nie elektrisiteit in dié omgewing is nie.”

Dit is nie duidelik watter soort huis dit was nie.

“Oomblikke later het bure die vlamme gewaar en om hulp geroep. Die oppasser het teruggekeer en aan omstanders gesê dat die kleuters nog in die huis is.

“Die seuntjie kon gered word, maar die meisies het albei gesterf.”

Volgens Mdhluli het nooddienswerkers die twee kleuters op die toneel dood verklaar.

Die seuntjie is na ’n hospitaal gehaas waar hy tans behandel word.

Lt.genl. Semakaleng Manamela, provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het ’n beroep op ouers, voogde en oppassers gedoen om kinders nie sonder toesig te laat nie.

Mdhluli sê die saak word ondersoek. ’n Geregtelike doodsondersoek sal ook deur die Amersfoort-polisie gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Blomme ·

Uiters onverantwoordelik van die oppasser. So jammer vir die ouers wat die oppasser met hul kinders vertrou het.

Anoniem ·

Nèè…van wanneer af laat mens ‘n 2 jarige sonder toesig en dit met
‘n brandende kers in dieselfde gebou! Dit is verskriklik.
Sterkte aan die ouers van die kinders, dit is verskriklik

Elmarie ·

Maak my boos om van sulke onverantwoordelike optredes van volwassenes te lees.

Sê maar net ·

Woedend! Hoe los jy 2 jarige kinders alleen met ‘n brandende kers!!!! :(
Hoe los jy 2 jariges alleen? Punt.

Pietertjie ·

As die land nie so onder Staatskaping deurgeloop het nie, sou daai mense al elektrisiteit gehad het, dan was kerse nie nodig nie. Kla die ANC aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.