Kleuters uit motor by winkelsentrum gered

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Twee kleuters moes Vrydagoggend gered word nadat hulle in ʼn motor by ʼn Pietermaritzburgse winkelsentrum toegesluit was.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die winkelsentrum se veiligheidsbeamptes het paramedici na die toneel ontbied toe hulle gesien het die twee seuntjies, twee en vier jaar oud, was in die motor toegesluit met die vensters wat baie klein oop was.

“Polisiebeamptes het paramedici opdrag gegee om een van die vensters te breek om by die seuntjies uit te kom. Nadat die deure oopgesluit is, het paramedici die seuntjies uit die motor getrek en begin behandel,” het Meiring gesê. “Albei seuns het matige hitte-uitputting opgedoen.”

Meiring het gesê dit is onbekend hoe lank die kinders in die motor toegesluit was, maar die voorval sal deur die polisie en maatskaplike werkers ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Rerig? ·

Ek kan nie glo dat mense dit nogsteeds doen nie, hoeveel keer moet daar nog oor sulke gevalle berig word???? As jy nie jou kinders saam winkel toe vat nie, los hulle by iemand watna hulle kan kyk, indien nie, moet hulle saam of moenie gaan shop nie. Dis jou kinders, jy het hulle gemaak, jy moet vir hulle sorg, as jy dit nie kan of wil doen nie – daar is baie ander mense wat enige iets sal doen om n kleintjie vas te hou en te versorg…..

Debs ·

Rerig?? ek stem volkome saam met jou. Ek hoop daar gaan ‘n goeie voorbeeld van hulle gemaak word. Hulle is nie die word OUERS werd nie…… ek is woedend vir sulke onverskillige ouers….

Jakoba ·

Ek stem 100% met jou saam. Wragties al is jou kinders hoe besig, vat hulle saam met jou winkel toe. Eerder is besige/ stout kind as ‘n dooie kind. Ek het nooit my kind in die motor gelos nie, hy het orals met my saamgegaan, ek sou nooit kon ontspan as ek weet my kind is toegesluit in die motor nie.

antionette boshoff ·

Vir sulke onosele ouers is daar nie pille nie ek hoop hulle word aangekla

Landie ·

Ag nee regtig, wat gaan aan met vandag se ouers??? Het hulle ‘n problem, lees hulle nie koerante, of kyk tv en sien wat gebeur met kinders wat jy in ‘n kar los nie. Gebruik julle breine mense, dis hoekom dit vir julle gegee is. Dis nie in jou kop geplant vir die mooi nie!! Vat die kinders weg, want lyk my nie die ouers wil of kan ordentlik na hulle kyk nie.

Peet Schabort ·

Hopelik sal die (on)verantwoordelike persoon in die HOF gaan draai met ten minste ‘n R10000 boete.
Temp. in ‘n voertuig kan styg tot 45°C as ek reg onthou.

Annie ·

Sulke ouers verdien nie n boete nie, hulle moet tronstraf kry. Ten minste 10 jaar en hulle kinders moet vir mense gegee word wat kinder wil aanneem.

ELSA ·

HOE LOS JY SULKE KLEIN KINDERS IN DIE KAR!!!!!!!!!!!!! SO GEVAARLIK…HITTE UITPUTTING,KAR KAPING,EK RAAK VAN MY KOP AF……SIT EEN OP JOU HEUP EN VAT DIE ANDER EEN AAN DIE HANDJIE – MAAR MOET NIE HUL ONBESKERMD LOS NIE…

Simone ·

Of vra die karwag om n trollie nader te bring.. al wil hulle graag n fooitjie he, is hulle tog mens, en sal help as hulle kan.. ek vra hulle gereel om my te help, en verduidelik dat ek nie n fooitjie het nie.. maar ek maak darem op daarvoor waner ek kan. daar is nie n “redo” knoppie vir die lewe nie, maak jou besluite sonder dat dit terug kom om jou te byt.

Cindy ·

Met al die misdaad wat in ons land aan die gang is..om nie te praat van mense wat vermis raak nie – hoe kan jy eens ‘n gedagte hê om jou kind onbeskermd te laat! Sies man.

Francois ·

Nee moenie die ma vervolg nie! Asseblief nie! Sluit HAAR in ‘n motor toe vir 2 ure dan kyk ons of sy weer so iets sal doen…

Des jelliman ·

Sluit die ouer toe en laat sy n vootsmaak kry hoeu vinnig di temp in di motor stuig sy is mi n ma se g….. werd ni

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.