Kleuters vir dae alleen in kamer toegesluit

Anton van Zyl en Bernard Chiguvare, GroundUp.

Twee kleuters is vir dae lank in ‘n hotelkamer toegesluit. (Foto: Bernard Chiguvare/GroundUp)

Twee kleuters is glo vir dae alleen in ʼn kamer aan die agterkant van ʼn hotel buite Louis Trichardt in Limpopo toegesluit.

Die kinders, twee en vier jaar oud, is verlede Sondag opgemerk toe hulle op ʼn vensterbank in een van die kamers in Cloud’s End Hotel net buite Louis Trichardt gestaan het. Bernard Chiguvare, ʼn verslaggewer, het op hulle afgekom nadat hy gehoor het hoe kinders huil en ondersoek ingestel het, berig Groundup. Hy huur ʼn kamer nie ver van waar die kinders gekry is nie.

“Ek het die vorige dag gehoor hoe kinders saggies huil en het gewonder hoekom die ma nie aan hulle aandag gee nie,” sê Chiguvare. Toe hy die kinders die volgende dag sien, het hy dadelik werknemers van die hotel in kennis gestel. “Hulle het toe vir die kinders kos en water deur die venster aangegee.” Hy sê elke keer dat daar iemand voor die kinders se hotelkamer verbygeloop het, het hulle begin huil.

Toe geen familielid van die kinders teen Maandag by die kamer opgedaag het nie, het die bestuur van die hotel die kamerdeur oopgedwing om die kinders te bevry. Die kamer was in ʼn haglike toestand. Die emmer wat die kinders as toilet gebruik het, was vol en die stank was ondraaglik. Lede van die gemeenskap het die kinders kos en water gegee en die geval by die polisie en die departement van maatskaplike werk aangemeld. Maatskaplike werkers het eers laat Dinsdag opgedaag om die kinders uit die kamer te verwyder.

Die kinders se ma is na wat verneem word die vorige week in hegtenis geneem in verband met ʼn klagte van prostitusie en vir ʼn maand tronk toe gestuur. Daarom het sy die kinders met net ʼn brood en ʼn paar koeldranke in die kamer toegesluit.

 

GroundUp het die berig oorspronklik in samewerking met Limpopo Mirror gepubliseer. Lees die oorspronklike berig hier

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

SAD ·

Regtig!!!
Hoekom nie dadelik die kamer oopgemaak toe hulle gesien het die kinders is daar binne?
Hoekom die kinders deur die venster voer en wag tot die Maandag?
En hulle word eers bevry die dinsdag, hoe swak!
En hoelank was hulle daar binne en niemand kom dit agter nie?
Word ‘n hotel kamer nie skoon gemaak op ‘n daaglikse roetine?
Volgens die gordyne lyk dit ook maar na vuil hotel!

Commie ·

@SAD, lees berig tog deeglik. Hulle was in ‘n kamertjie agter die hotel ….

Leon ·

Wag ‘n bietjie. Hulle sluit di ma op en WIE GAAN KYK OF DAAR NIE KINDERS IS NIE! Ons maatskaplike werkers is totentaal hopeloos. Waar voor word hulle betaal. Om solitaire in die kantoor te speel?

Iemand ·

Hoor hier Leon. Voor jy nou die maatskaplike werkers beledig. My skoonma is ene. Hulle doen hul beste. Baie keer werk die polisie nie saam nie. Hoe moes n maatskaplike werker te wete kom van die ma wat ge-arresteer is, as niemand een laat weet het nie?

Johann ·

Ja die vrou het seker met n bordjie tydens die arrestasie gestaan waarop daar geskryf is, twee kinders iewers in n kamer toegesluit, asb dink net logies en moenie net aannames maak nie.

VEE ·

Voeg ASB nog n klag by haar Prostitusie . . . een van POGING TOT MOORD -KINDERVERWAARLOSING!

Lou ·

Ai mense lees net mooi. “‘n Kamer aan die agterkant van die hotel”.
Ek glo nie die vrou het ‘n hotelkamer vir haar en haar kinders gehuur nie. Dit lyk soos ‘n buitekamer of plek waar van die werkers dalk slaap.

poppie ·

nou hoekom.word sy toe gesluit hie wa ek bly staan hulle om elke hoek en draai en polisi doen niks

Iemand ·

Cloud’s end was altyd glo ‘n baie nice hotel gewees, maar so 10 jaar terug het ons ‘n uitstappies gehad om te kyk na hotel/restaurant kombuise, en ekt opgemerk hoe vuil dit daarbinne was. My ma sê die plek was nogals nice gewees terug in die dag en dis in ‘n mooi area geleë… Die geboue self was nog mooi, maar’ run down’ toe ons daar so 10 jaar terug was.

Sanna ·

Dis so ongelooflik hartseer en die ma bly natuurlik stil, want sy’s bang haar kinders word afgevat. Spoor eerder haar kliente op en sluit hulle toe.

Hanna Hoekom ·

En as hulle die kinders afvat, is haar Sassa toelae ook daarmee heen…

VIES ·

en hier het ek laasmaand n miskraam gehad en ekt daardie babatjie so begeer in my hart . ek weet nie hoe ek oor hierdie ma voel nie. ek weet nie…

Sonja ·

Dis presies wat sy is, n ma, wat haar liggaam sal verkoop om n dak oor haar en haar kinders se koppe en kos op die tafel te kry. Wat moet n mens doen as jy 2 honger kindertjies het, wat klere en blyplek nodig het en nêrens kry jy werk nie. Ja, miskien het sy gedink sy gaan net n nag of wat in die tronk wees en hul gaan huil en honger wees, maar darem gaan hulle nie van haar af gevat word nie. Miskien wou sy met iemand praat en vertel van haar kinders na n dag of 2 en geen een wou luister nie. Nee, ek wys eerder nie vinger nie, stap een dag in n ander ou se skoene dan sing ons n ander deuntjie. Ja, miskien gebruik sy dwelms, maar daaroor verkwalik ek haar ook nie, want as n stink vuil sweterige man met kaas op tone en wie weet waar aan my moet vat sal ek ook Uiters hoog in die takke moet wees of anders stref ek tien dode. Seker kon sy dit beter hanteer het, maar hoe weet ons wat het deur haar kop gegaan en of sy wel iets gesê of wou sê maar niemand het ag daarop geslaap nie. Die een wat sonder sonde is, gooi die eerste klip…..

KaterinaKat ·

@VIES – Hou moed! Ek het drie kinders maar het ook 3 miskrame gehad. Twee daarvan op 20 weke. Dis erg hartseer. Maar hou moed, dink aan my, sommige van ons sukkel net meer om ons kinders te he. Groot drukkie uit my hart vir jou!

Christa ·

Hoef seker nie te wonder Wie die ouers is nie. Wreedheid het geen perke. Hoop die kinders is Nou op veilige plek. Die arme bloedjies, nie gevra Om daar te wees nie

Judge Dredd ·

Nou hoef die vrou net te se sy het die polisie vertel maar hulle wou nie luister(al is dit nie waar nie) – dan is die polisie in GROOT moeilikheid……

Bekkie ·

Sanna hoekom die ma se kliente opsluit! Dis haar kinders haar responsibility. As sy opgesluit was vir volle maand wat was haar plan met die kinders (vir EEN MAAND)? So wat sou dit die kinders help om ma se kliente toe te sluit? Sy kry net ander kliente en die kinders bly nogsteeds by hulle self. Vat eerder die kinders weg van die ma. Om sulke klein kinders opgesluit te hou met paar koeldranke en brood met n emmer. Nee wat dit is n nuwe laag. As iets met die kinders gebeur het wat sou julle se? Verder weet ek nie hoekom bring van julle ras in nie. Hulle het niks in artikel daaroor gese nie.

lady ·

Ek sit hier en huil. Wat moes deur daai arme 2 kinders se koppies gegaan het. Ek kan my nie indink waardeur hulle is nie. Jammer daar is ander maniere om geld te verdien as om jou lyf te verkoop. Dis n keuse wat jy maak. Hoop die 2 kleintjies kry sommer baie aandag,liefde en standvastigheid by n ander gesin. Ek bid dit vir julle tweetjies toe.

Sonja ·

Alida, sekere dinge gebeur net. Ek het vir 2 kinders gebid en 3 gekry. Gelukkig het sy alles in haar vermoeë gedoen om vir hulle n dak oor hulle koppe te sit en kos en nie net n aborsie gaan kry om ontslae te raak van n onbeplande swangerskap nie, want almal wat kinders het, het nie altyd vir hulle almal of selfs een beplan nie. Jy is seker jonk, of jou lewe val net mooi in plek, maar ander loop n rowwe lewe waar dinge wat hul nie beplan nie of situasie waarin hulle gedink het hulle nooit in sou wees nie, wel aan hulle deur klop. Wees eerder dankbaar jou lewe pas soos n legkaart en is nie in stukke wat slegs met ander se liefde in mosaik kan verander nie, want baie saai verwyte en wys eerder vinger en weet beter as om n hand te leen en liefde te gee.

Gaitsigubib ·

Stem saam Alida. Dis dalk ook nie so swaar vir haar om op haar rug te le en geld verdien nie. Ek kyk eendag n program oor die vrou van die nag- van hulle het gereken dis n goeie “werk”! Kan wees dat sy n hartseer verhaal het, maar is dalk eerder net n voorbeeld van n slegte ma.

Willem Grobler ·

Die “Nuwe Suid-Afrika” is ‘n mislukking. Rugby wêreldbeker ten spyt.

jaco ·

ras? ek vra dit want, as die kinders wit is, dan verstaan ek die hele ding. MAAR as die kinders van “our people” is, dan is daar iewers iets nie pluis nie. Dan sou daar tog dadelik vir die kinders gesorg gewees het toe die ma opgesluit is.

Marinda ·

Sonja, baie mooi gestel. Niemand van ons weet wat op ons pad kom nie. Een oomblik is alles maanskyn en rose, die volgende ñ nagmerrie.

Moenie ander oordeel nie, ons weet nie wat verkeerd gegaan het in hierdie vrou se lewe nie. In plaas van haar oordeel, steek ñ helpende hand uit na haar.

Potjie ·

En tog is daar in elke dorp n “shelter”. Wat egter
ñ realiteit is, by hierdie shelters mag daar nie gerook of gedrink word nie. Hierdie vereiste dissipline is nie vir sommige mense aanvaarbaar nie, dan dwaal hulle en eindig op in n haglike kamertjie. Kinders moet maar gaan waar die ouers gaan en die swaarkry is tien maal erger.

Lin ·

Marinda ek stem 100% saam jou.
Ons as mens kan nie judge op dit wat ons lees nie. Niemand van ons weet hoekom sy dit als gedoen het nie.
In elkgeval wie is ons om te oordeel.

Michelle ·

Die ma moes in die eerste plek nie kinders gehad het as sy die soort lewe wou ly nie , geen mens kan my kom vertel jy kan nie ‘n eerlike werk iewers kry nie al was jy iemand se vensters vir jou kinders vir kos. Tweedens daar is baie maatskaplike werkers wat nie hul werk doen nie so as die skoen iemand pas trek hom aan ons praat hier van hulpelose kinders wat honger is wat toegesluit is en nie weet waarheen nie. Hul is aan hul eie lot oorgelaat.

Mmmm ·

Dit is ‘n baie hartseer storie – twee kids wat nie gevra het vir so iets nie – as die ma toegesluit was het sy mos geweet daai kids is by die huis sonder kos en water en ‘n toilet. Ek verstaan mense doen weird goed as hulle in ‘n posisie geplaas word wanneer hulle sukkel, maar sy kon die polisie vertel het en vir hulle gese het daarvan om gouer ‘n oplossing te kry om die kids te red. ek is net bly hulle is nou gevind.

Db ·

@Willem Grobler. Ek word skoon naar as daar alewig na die wêreldbeker verwys word as iets tragies gebeur het. Magtig man dit is twee klein kindertjies wat hier van gepraat word en nie ‘n rugbybal nie. Kom by en laat jou bietjie simpatie wat in jou lewe is na vore tree asseblief

Johann ·

Ja die vrou het seker met n bordjie tydens die arrestasie gestaan waarop daar geskryf is, twee kinders iewers in n kamer toegesluit, asb dink net logies en moenie net aannames maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.