Kleuterskole-saak: ‘Minister minag hofuitspraak’

Anton van der Bijl. Foto: Reint Dykema

Solidariteit berei voor om regstappe teen die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, in te stel na aanleiding van uitlatings wat sy by wyse van ʼn mediaverklaring gemaak het.

“Die minister voer in haar verklaring aan dat kleuterskole eers goedkeuring of sertifisering deur die departement moet kry alvorens hulle kan open. Dit is onwaar.

“Enige skool wat van mening is dat dit veilig kan oopmaak, mag dit ingevolge die onlangse hofbeslissing doen,” verduidelik Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit.

Volgens Solidariteit beskou hy die minister se optrede in hierdie verband as minagting van die hofuitspraak en is hy besig om ʼn aanmaning aan die departement voor te berei waarin vereis sal word dat die minister onmiddellik haar uitlatings terugtrek en skole toelaat om oop te maak.

“Die minister se optrede stel haar bloot aan moontlike tronkstraf en ons is bereid om dit te eis, indien nodig. Die hof het sy uitspraak gelewer en die minister is nie by magte om die bepalings daarvan te minag nie,” sê Van der Bijl.

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, gedurende vanoggend se mediakonferensie (11/05/2020) Foto: Verskaf

Zulu het vroeër Dinsdag ʼn verklaring uitgereik waarin sy die hooggeregshof in Pretoria se uitspraak oor kleuterskole en dagsorgsentrums wat kan heropen, verwelkom.

Regter Hans Fabricius het Maandag beslis sentrums vir vroeë kinderontwikkeling kan heropen.

Die hofuitspraak volg nadat daar maande lank onsekerheid was oor wanneer kleuterskole kan heropen. Solidariteit se beroepsgilde vir maatskaplike werkers en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het die hof genader omdat daar steeds geen vasgestelde datum vir die heropening van private kleuterskole en dagsorgsentrums is nie.

Die minister het in Dinsdag se verklaring aangevoer kleuterskole en dagsorgsentrums is onderworpe aan die toepaslike en voorgeskrewe veiligheidsmaatreëls ingevolge die Rampbestuurwet wat ingestel is om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

Daar is verder gesê elke sentrum vir vroeë kinderontwikkeling is verantwoordelik om die veiligheidsmaatreëls en prosedures by die onderskeie sentrums gereed te hê voordat hulle kan heropen. Dit sluit in om die nodige materiaal aan te skaf en personeel op te lei. Sentrums wat nie die nodige maatreëls getref het nie, kan nie heropen nie, voer die minister aan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
JO

Wanneer gaan ons weer die toekenning van “mamparra van die maand” (of kan dit nou wees “mamparra van die minuut”) herinstel?

Leon

As die departement nie goedkeuring moet gee nie, dan voldoen dit nie aan die ANC se beleid van totale beheer oor alles nie. Lindiwe is ‘n ingewortelde ANC kader. Sy doen net wat die beleid sê.

Yvonne

Die blondine grappies is hier heel gepas

christo

Die eerste teken van ‘n party wat bevrees is dat hy sy mag verloor en selfs regsuitsprake te ignoreer. Minister Zulu is een van die ‘untouchables’.Ek dink elke LP en minister moet ‘n IK toets slaag voordat hulle toegelaat kan word tot die parlement. Die parlement gegaan darem baie leeg wees.
Wanneer gaan Ramaphosa sy ruggraat wys? Solank hy slapgat is, sal sy kabinetslede en ministers maak soos hulle wil, want Ace Magashule en sy bende regeer SA uit die Luthuli huis. Tot die ANC kort nou ‘n reddingsboei want hulle kan nie ANC werknemers se salarisse betaal nie.

Kokerboom

Hoekom moet ons onnosele uitsprake van onnosele kaders verduur en dit dan konstant met hoë koste hofuitsprake omverwerp? Al die aksie dien die ekonomie ‘n gevoelige slag toe