Kleuterskole se skuif na basiese onderwys verwelkom

(Argieffoto: Verskaf)

Dienste vir vroeë kinderontwikkeling, wat onder meer kleuterskole, crèches en dagmoedersorg insluit, skuif nou amptelik van die departement van maatskaplike ontwikkeling na die departement van basiese onderwys.

ʼn Kennisgewing daaroor is Woensdag in die Staatskoerant geplaas.

Administratiewe regte, bevoegdhede en funksies van dié sektor sal volgende jaar amptelik op 1 April na die departement van basiese onderwys oorgeplaas word.

Marisa Engelbrecht, sektorhoof van Solidariteit se maatskaplikewerkersgilde, het die skuif verwelkom.

“Ons is verheug dat kleuterskole en ander dienste vir vroeë kinderontwikkeling na die departement van basiese onderwys skuif. Ons ervaring is dat die departement van maatskaplike ontwikkeling nie doeltreffend bestuur word nie. Dié departement versuim om in die belang van die sektore onder hom op te tree, dermate dat regsoptrede nodig is, soos in die oopmaak van kleuterskole tydens die pandemie.

“Dié departement se agting hiervoor is so min dat hy selfs versuim om in die hof te verskyn.”

Volgens Engelbrecht speel dienste en programme vir vroeë kinderontwikkeling ʼn belangrike rol in die opvoeding en ontwikkeling van kinders se vaardighede. Hierdie vaardighede is noodsaaklik vir kinders se vordering in die skoolstelsel.

“Hoewel ons twyfel dat die skuif enigsins die departement van maatskaplike ontwikkeling se aandag aan werklike maatskaplike kwessies gaan verbeter, glo ons dat sy kapasiteit nou sal vermeerder om maatskaplike werkers te ondersteun.

“Ons glo ook dat kleuterskole en ander sentrums vir vroeë kinderontwikkeling nou die nodige ondersteuning sal ontvang wat hulle verdien,” sê Engelbrecht.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

koos10 ·

Ek dink dat dit goed is. Nou sal dieselfde reëls vir almal geld.

Tanya ·

Watse reëls? – om die skool toe te hou vir onbevoegdheid van optrede teen COV. Dan het die skool sy maatreëls oor COV nagekom en hulle het nie ń positiewe geval nie so eintlik kan hul aangaan. Om dalk onnodige vakansie terme soos per laerskole in te stel. Hoe gaan die ouers dan werk. Wie gaan na hul kinders kyk as hulle ń enkel persoon is en niemand het om te help nie. Die lewe is swaar genoeg soos dit is.

andre ·

Die volgende stap is dat suksesvolle kleuterskole kinders van agtergeblewe areas integreer en die betalers die nie- betalers subsidieer.

Tanniepetoors ·

Ek is nie oortuig hierdie is ‘n stap in die regte rigting vir almal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.