Kleuterskooleienaar skuldig bevind aan verkragting van sesjarige

Manie Senekal is verlede week skuldig bevind aan die verkragting van ’n minderjarige. (Foto: Verskaf)

Die destydse eienaar van ʼn kleuterskool in Secunda is skuldig bevind nadat hy ongeveer 17 jaar gelede een van die leerders van die skool verkrag het.

Die bejaarde Hermanus (Manie) Senekal is verlede week in die Secunda-distrikshof in Mpumalanga daaraan skuldig bevind dat hy Natanya Pienaar destyds as sesjarige dogtertjie by die Byekorf-kleuterskool op Balfour verkrag en onsedelik aangerand het. Sy was ʼn leerder by dié skool wat deur Senekal, ook ʼn voormalige laerskoolhoof, en sy oorlede vrou, Marie, bedryf is. Die skool het intussen gesluit.

Monica Nyuswa, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het Senekal se skuldigbevinding bevestig en sê dat die saak tot 9 Desember vir vonnisoplegging uitgestel is.

Senekal het Pienaar in 2004 verkrag, maar sy het die voorval eers in 2013, nege jaar later, met haar ouers gedeel. Hulle het daarna ’n amptelike klag teen Senekal ingedien. Sy is nou 23 en woon in Mosselbaai.

Sy het met die verkragting vorendag gekom ʼn jaar nadat die Senekal-egpaar in 2012 op 32 aanklagte van die seksuele misdrywe teenoor kinders in die Secunda-landdroshof verskyn het. Hulle het destyds onskuldig op al die aanklagte teen hulle gepleit en die sake is byna tien jaar later steeds nie afgehandel nie, hoewel die egpaar verskeie kere in die hof verskyn het. Marie is intussen oorlede.

News24 het in 2012 berig dat die egpaar onder meer aangekla word vir die verkragting van seuns én meisies met ʼn voorwerp, seksuele misbruik en aanranding. Manie word ook daarvan beskuldig dat hy kinders gedwing het om voorvalle van mishandeling te aanskou en dat hy homself ontbloot het. Die slagoffers wat by dié aanklagte teen Senekal betrokke is, was almal jonger as ses jaar oud toe die beweerde mishandeling plaasgevind het.

Die voorval

Pienaar vertel dat sy lank voor die verkragting reeds “spesiale aandag” by Senekal gekry het. Hy het onder meer vir haar lekkergoed en grondboontjies gegee wat die ander kinders by die skool nie gekry het nie.

Luidens haar verklaring het Senekal haar op die betrokke dag na ʼn “pienk slaapkamer” op die perseel gelok, onder die voorwendsel dat hy weer vir haar grondboontjies sou gee. Dié keer ʼn groot pakkie.

Daar het hy haar in die geslote kamer rondgejaag toe sy van hom probeer ontsnap het. Hy het haar hande en voete vasgebind en haar mond toegeplak. Nadat hy haar op die bed vasgedruk het, het hy die toue om haar bene losgemaak en haar verkrag.

Senekal sal op 9 Desember gevonnis word. Pienaar sê haar ouers, Jenny en Johan, het die hofverrigtinge bygewoon en wil ook nie die vonnisoplegging mis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

JohanR ·

Sies man! Jy kan jou kinders deesdae by niemand waag nie. Altyd iemand iewers wat met jou kind wil lol. Het eenkeer in Pretoria gaan pizza koop en daar was ‘n man daar wat fotos op sy selfoon gevat het van die kindertjies wat daar gewag het saam met hulle ouers. Toe hy deur ‘n lekker fris Afrikaner gekonfronteer is het hy ‘n ekskuus uitdink. Die boer het hom ‘n taai klap gegee, en hy het toe in sy kar geklim en daar weggery. Blykbaar las hulle ‘n kind se kop aan ‘n lyfie of ‘n lyfie aan ‘n kop, en sit dit op die internet.

Racheltjie Debeer ·

Die boer moes hom meer as net 1 klap gegee het.

Mieliestronk ·

So trots op daai dogter, al was dit 9 jaar later. My dogter het eers 4 jaar later, Jan 2021 dit met ons gedeel. Ons hoop dit eindig so sleg vir Mnr M ook.

Alma ·

Ai, jammer dat julle en jul dogter daardeur moes gaan, ek kan nie eers myself indink wat deur mens se kop gaan nie.

Johanna ·

Wat hy aan die kinders gedoen het, is onvergeeflik.
Wie gee enige volwassenes die reg om so iets aan n kind te doen. Hy het hulle lewense verwoes.
Ek is seker daar gaan skool kinders ook wees wat hy seksueel geteister het.
Sluit hom maar weg, vêr weg. Ek is bly sy dag het aangebreek. Ek sal hom nie name noem nie, maar ek is bly dat hy gestraf sal word.

Wielspore ·

Ou man met sy vuil hande wat oor jare kinders misbruik het wat aan sy toesig toevertrou is. Nie net het hy finansieel daarby baatgevind maar ook sy slegte gewoontes be-oefen. Ek hoop van harte dat meer mense en ouers wat onder die man se hande deurgeloop het, vorendag sal kom sodat hy verantwoording kan doen vir sy optrede. Hy verdien die swaarste straf.

Sarel ·

Hoe kry die mense ditcreg om vir so lank ‘n
Kleuterskool te bedryf sonder dat ouers of personeel
agtet klm dasr is fout??

Harley Davidson ·

Dit is heeltemal te maklik om ‘n kleuter skool te bestuur, in eerste wêreld lande soos Noorweë word kleuterskole gereeld besoek vir inspeksies en om vordering van die kinders te monitor Senekal sou vroeër ontmasker geword het.

pieter ·

Ek is baie bly hy is uitgevang. Ek verstaan die deel van die onsedelike aanranding maar hoe is dit moontlik dat so n groot man n ses jarige fisies kan verkrag sonder dat die ouers of enige een agterna agterkom dat sy fisies beseer is. Sal graag n dokter se kommentaar wou hoor.

Mien ·

Ek het nou net aan dieselfde sit en dink, hoe op dees aarde het die ouers of onderwysers niks agtergekom?

Swerwer ·

Aaklig. Hoe kan jy nog jou gesig in die samelewing wys as jy sulke dade met onskuldige kinders pleeg.

AH ·

Wat ‘n monster!! Wens mens kon hom van sy eie medisyne laat kry ………en sommer ook ontman……Wreed maar is sy geval sou dit geregverdig wees.

Yvonne ·

So n vark…..lewens van kinders verniel…..en daar is hope van die misdrywe wat seker nooit aan die lig sal kom nie…walglik

Alma ·

Dit is verskriklik! Mens wil so graag iets vind om die ou man oor jammer te kry, maar daar is net mooi niks. Arme meisie, ek hoop sy kan berusting vind in die wete dat hy in die tronk gaan sit.

Alma ·

Ek dink as mens so ‘n trauma beleef het vergeet jy nie sommer nie!

Marli ·

Dis so jammer dat hy al so oud is. ‘n Lewenslange vonnis beteken nie veel in die geval nie. Hulle moet ‘n spesiale martel-tronk maak vir sulke slange.

Francios ·

Dit is hartseer dat die reg so lank geneem het om sy gang te gaan. Ek hoop sy tyd in die tronk is lank en moeilik en hartseer op hartseer.
Ek bid dat die slagoffer nou genade en vrede in haar hart sal hê en met normale lewe sal kan aangaan.

lutties ·

Die kleuterskool is in Balfour. Ek besef elke dag hoe genadig God is dat ek dit nie ervaar het nie aangesien ek in die einste kleuterskool was vir 3 jaar! Dit is ń klomp siek mense.

Waarnemer ·

Ek hoop nie hy is op parool uit en wag vir vonnis oplegging buitekant die tronk nie,,,,,,,as dit my dogter was,sou hy beslis nie in n hof verskyn het nie,ek sou hom lankal op straat gekastreer het.

Sandra ·

Die dinge gebeur omdat elke jan rap en sy maatjie ‘n speelskool kan oopmaak

Karina ·

Verkragters moet na ‘n oop veld geneem word, dan moet die gemeenskap om hom staan met klippe en hom met klippe bestook, soos in die ou Bybelse dae. Moenie geld mors om hom in die tronk te sit nie, maar vonnis moet wees: Hy sal gestenig word tot sy dood. Finish en klaar.

Gerhard ·

En deur die gemors van n man en vrou kry goeie kleuterskole slegte name…Sluit hom toe en gooi die sleutel weg..????????????

christo ·

Sy was definitief nié die enigste slagoffer nie. Hoe kan ‘n egpaar wat sulke dinge doen dit probeer toesmeer? Te vriendelike ooms is wolwe in skaapsklere. SA is vinnig besig om die misdaad hoofstad van die wêreld te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.