Kleuterskooljuffrou gaan Tshwane-metropolisie dagvaar

Kymie du Toit (Foto verskaf)

Kymie du Toit (28), wat glo deur lede van die Tshwane-metropolisie (TMPD) uit haar motor gepluk en met boeie in ʼn gemerkte bussie gestop is, gaan die TMPD en polisie vir ʼn minimum van R750 000 dagvaar.

Die kleuterskooljuffrou is in November glo ook deur Tshwane-metrobeamptes rondgestamp voor sy na ʼn polisiestasie geneem is.

Vidette-Sigrid Roux, Du Toit se regsverteenwoordiger van Kotze en Roux Prokureurs, sê hulle is tans besig om ʼn siviele eis teen die polisie en die TMPD in te stel nadat Du Toit onregmatig in hegtenis geneem, aangehou en hardhandig behandel is.

Roux sê hulle gaan ook van die TMPD eis vir die trauma wat Du Toit moes deurgaan toe hulle haar by die Lyttelton-polisiestasie met opset by ʼn agterdeur uitgevat het en toe in geheim na die Sunnyside-polisiestasie geneem het.

“Terwyl hulle haar by die agterdeur uitgevat het, was hulle bewus van die feit dat Du Toit se ma voor by die stasie wag vir terugvoering oor of haar dogter op borgtog vrygelaat kan word,” vertel Roux. ʼn Speurder van die Lyttelton-polisiestasie het Du Toit toe weer ʼn uur later by die Sunnyside-stasie gaan haal.

Roux sê hulle het beoog om teen die einde van hierdie week die Pretoriase hooggeregshof te nader om die dagvaarding uit te reik en dan na die balju te stuur vir betekening, maar weens die landwye afsondering wat pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand aangekondig het, gaan dit eers uitgestel word.

Roux voer aan dat ’n formele kennisgewing van die dagvaarding reeds aan die polisie en die TMPD uitgestuur is. Die TMPD het op die kennisgewing geantwoord dat die saak na hul versekering verwys is. Die polisie het gevra dat daar met die spesifieke provinsie se kantoor gekorrespondeer moet word.

“Ek het toe weer aan beide die polisie en die TMPD geskryf en ontvangs erken op die versoeke, maar tot vandag toe nog niks weer gehoor nie.”

AfriForum beplan intussen ’n omvattende veldtog teen die beweerde wangedrag en magsvergrype van sekere lede van die TMPD. ’n Datum vir die bekendstelling van die veldtog sal nog aangekondig word.

Maroela Media het vroeër berig Du Toit is die aand van 26 November omstreeks 23:25 by ʼn vulstasie in Moreletapark deur TMPD-beamptes uit haar motor gepluk en rondgestamp voor hulle haar geboei en in ʼn gemerkte metropolisie-bussie gestop het. Dit volg nadat sy vroeër die aand nie vir hulle wou aftrek toe hulle haar beduie het om te stop nie.

Omdat sy in die verlede al aangeval is deur skelms wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, het sy eerder na by die naaste vulstasie, wat ’n verligte openbare plek is, gaan stilhou.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval wat daarna gevolg het, is wyd op sosiale media versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Louw ·

Nou waar om net gaan vir R750K? dis vreeslik wat hulle aan jou gedoen het….en gaan hulle daar mee wegkom?

Daizee ·

Ek stem 100% saam, vir daai angswekkende ondervinding en daarby vrou alleen verdien sy baie meer…

Phillip ·

‘n Mens moet die ding billik benader… dit gaan nie om geld te maak nie, maar om geregtigheid te laat sien – asook die res van hulle ‘n boodskap te stuur.

Hannelie ·

Mooi so! Moenie dat hulle wegkom daarmee. Wat gebeur het is totaal en al onaanvaarnaar. As jy dit net daar laat, doen hulle dit môre aan iemand anders. Jy red nou ander van dieselfde trauma

Michael 1 ·

Uitstekend, ons moet hulle meer aanvat hulle dink mos hulle kan maak wat hulle wil omrede hulle n uniform aanhet.

Vriendelike Frikkie ·

Die metro polisie voel dit nie. Dit kom uit die geld wat ek en jy maandeliks betaal. Dit sal wel werk as die spesifieke poliesmanne persoonlik verantwoordelik gehou word. Hulle sal dit nie gou weer doen as hulle hulle huise en besittings verloor nie.

henndrik ·

Ek hoop die beamptes gaan in hulle persoonlike hoedanigheid ook vir ‘n gedeelte aanspreeklik gehou word want dit is die enigste manier om ‘n les te leer

AmY ·

Dis reg, dagvaar hulle!!!
Daar moet n duidelike boodskap uitgestuur word vir magsbebehepte polisielede.
En waarom vir so min? (slegs R750 000)
Is daai polisielede al verhoor?

DERICK ·

Die eis is hopeloos te min. Ten minste 1mil. Eis sommer ook die permaente skorsing van die gemors wat haar so behandel het.

ES ·

Ek kry so lekker as slagoffers besluit om nie meer slagoffers te wees nie en hierdie boelies aanvat. Hierdie gedrag moet gestop word en polisielede moet weet dat hulle nie bo die reg is en net kan doen wat hulle wil nie – en daar moet ernstige nagevolge wees vir diegene wat hulle skuldig maak aan sulke boelie-gedrag.

Naas ·

Maak sit sommer R7.5M. Die skuldiges moet ook summier afgedank word.

Magda ·

Mooi – hoop net dat die betrokke Polisie lede afbetaal gaan word, en dat daar van hulle geld gebruik gaan word om dei saak te betaal, anders kom alles nou weer uit die belasting betaler se sak uit. Dit is TYD dat die skuldiges van so n saak n gedeelte daarvan moet betaal +- 70% van dit, anders gaan dit maar net aan en aan want hulle kom NIKS oor nie.

twaalfboor ·

Die “beamptes” kan nie in hul persoonlike hoedanigheid gedagvaar word nie. Hulle tree op “namens” hul werkgewer en daarom word die werkgewer gedagvaar. Jy staan elkgeval ñ beter kans om jou geld van die werkgewer te kry as van die beampte homself. Sou sy die saak wen, kan sy dan ñ siviele eis teen die beamptes hangend maak. Maar dis selde suksesvol.

koos10 ·

Andrè, die hof kan wel beslis dat hulle ‘n gedeelste of alles in hulle persoonlike hoedanigheid moet betaal ( A la O.B.)
Dit is waar dat hulle namens hulle werkgewer optree maar as hulle die wet oortree verloor hulle die beskerming wat die werkgewer bied.

twaalfboor ·

@koos10
Ek hoor wat sê en jou argument dra gewig. Punt wat ek wil maak is dat siviele eise teen sulke beamptes selde slaag. Sou jy slaag gaan jy lank wag vir jou geld. Die beamptes appeleer en rek die saak uit. Die werkgewer in hierdie geval staan pa vir die beamptes se optrede ten spyte daarvan dat die beamptes hul beskerming van die werkgewer verbeur.

Benn ·

Hulle stuur dit net na hulle versekering? Wat van aanspreeklikheid? R750 000 is hopeloos te min en die betrokke beamptes moet dit ook aan hulle persoonlike sak voel!!!

Hekwag ·

Mooi so! Vat hulle vas. Hulle kan nie sommer soos ‘n spul hooligans optree nie! A nee a..

Jan ·

Wonder wat het van die interne ondersoek geword wat die TMPD kwansuis sou uitvoer. Is die beamptes dissipliner verhoor en wat was die resultaat? Of is hulle intussen bevorder?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.