Kleuterverkragter kry 20 jaar

Argieffoto

Argieffoto

Mathys van Zyl, wat daaraan skuldig bevind is dat hy ʼn driejarige meisie verkrag het, is in die Johannesburgse hooggeregshof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis, het Beeld Woensdag berig.

Van Zyl (46) se regsverteenwoordiger het Dinsdag ter strafversagting aangevoer dat dit minder ernstig is as ʼn volwassene ʼn kind met sy vingers verkrag as met sy penis. Regter George Maluleke het egter die argument verwerp.

Maluleke het in sy uitspraak gesê dit is onwaarskynlik dat Van Zyl gerehabiliteer kan word. Hy het volgens Maluleke min berou getoon en het ook ʼn vorige veroordeling vir seksuele aanranding. Sy naam sal in die register van seksuele oortreders geplaas word.

Van Zyl het in September verlede jaar die slagoffer in die badkamer van haar dagmoeder se huis in Krugersdorp verkrag. Die dagmoeder het na haar en haar tweelingsusters omgesien terwyl hul geskeide ma laat gewerk het. Van Zyl het die dag van die voorval tydelik by die dagmoeder gewoon en die meisie met sy vingers verkrag terwyl die dagmoeder en haar man wegneemetes gaan kry het. Die tweelingsussies het by die badkamer ingeloer en die verkragting sien plaasvind. Lees meer hier.

Die dogter se ma het nie geweet dat Van Zyl by die dagmoeder gewoon het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

POP ·

Nouja meneer regsverteenwoordiger, nou weet jy presies hoekom jy iemand soos Van Zyl moet verdedig. Geen ordentlike mens sal jou aanstel nie

Belle ·

Wonder of die regsverteenwoordiger steeds gaan sê dis minder erg as dit sy dogter was?

V ·

Wat makeer sulke mense!n onskuldige 3jarige,hulle moet sulke vuil siek mense laat hang!Dis siek,iewers skort daar iets met sulke verkragters en molesteerders,kan nie glo mens kry sulke volwasse mense wat kinders se lewens skend nie.Het sulke dwase nie n gewete nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.