Klimmer oorleef wonderbaarlik ná val

Cathedral-piek in die Drakensberge

Cathedral-piek in die Drakensberge

ʼn 19-jarige man het wonderbaarlik oorleef nadat hy in die omgewing van Cathedral-piek in die Drakensberge, KwaZulu-Natal geval het.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, sê die man het gegly en sowat drie meter ver geval voor hy sowat 30m teen ʼn steil helling af gerol het. “Hy het wonderbaarlik sowat twee meter van ‘n krans met ʼn skerp afgrond tot stilstand gekom.”

Mckenzie sê die man het Vrydagmiddag saam ʼn groep mense berg geklim toe die voorval plaasgevind het. Die ander lede van die groep is na die ongeluk weer berg af om hulp te ontbied.

“Teen die tyd was dit laatmiddag en as gevolg van die weer kon daar nie ʼn helikopter gebruik word nie en het drie lede van die Bergklimklub Suid-Afrika se KZN-tak tot by die beseerde man geklim en hom deur die nag bygestaan.”

Mckenzie sê die man is Saterdagoggend per helikopter van die berg verwyder en na die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal in Durban vervoer vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

at de beer ·

Ongeluk gebeur gou gelukkig kon hulle hom bystaan voorspod voorentoe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.