Klimmer se lyk 32 jaar later gevind

Mont Blanc. Foto: Matthieu Riegler/Wikipedia

Mont Blanc. Foto: Matthieu Riegler/Wikipedia

‘n Bergklimmer se bevrore lyk is in die Mont Blanc-streek van die Franse Alpe gevind, 32 jaar nadat hy vermis geraak het.

The Guardian berig dat Patrice Hyvert (23) in 1982 vermis geraak het. Hyvert, ‘n leerlinggids, het op 1 Maart besluit om alleen die bergreeks aan te pak.

Op dié dag het ‘n sneeustorm skielik opgekom en Hyvert is nooit weer gesien nie.

Hyvert se bevrore lyk is egter verlede week deur twee bergklimmers op ‘n gletser gevind. Sy liggaam is dadelik uitgeken aangesien sy ID nog by hom was sowel as al sy toerusting.

Gérard Hyvert (82), Patrice se pa, sê hy sou verkies dat sy seun se liggaam op die berg gebly het aangesien dit sy passie was.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.