Kliniek afgebrand tydens Tembisa-betoging

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kliniek is afgebrand en winkels is geplunder tydens ʼn betoging Dinsdagaand in Tembisa, Gauteng.

Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê inwoners van die Winnie Mandela-informele nedersetting het betoog en paaie afgesper nadat onwettige elektrisiteitsverbindings afgesny is. “Die betoging het omstreeks 19:00 begin. ʼn Kliniek is afgebrand en elf voertuie wat op die perseel gestaan het, is ook aan die brand gesteek.”

Volgens Makhubela het die betogers ook buitelanders se winkels geplunder. “’n Inwoner is in hegtenis geneem en van diefstal aangekla nadat hy in een van die winkels gevind is.” Die polisie ondersoek sake van kwaadwillige saakbeskadiging, diefstal en openbare geweld.

Makhubela het gesê die polisie gaan voort om die area te monitor. Die verdagte sal binnekort in die Tembisa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jan ·

Vanoggend staan hulle in toue by die kliniek en verwag diens !

boer ·

Presies, vandag brand hulle weer iets anders af ,omdat daar nou nie meer n kliniek is nie.

Ek wonder of daar al ooit gedink is om n studie op een van hierdie kreature te doen om te probeer vas stel hoe hulle dink?

Geen elektrisiteit = Brank kliniek af
Geen water = Brand skool af
Geen kos = brand munisipaliteit af

Pierre Celliers ·

Die polisie “monitor” die situasie.
Net een “persoon” is in hegtenis geneem na al die skade. ‘n hele groot gebou, ‘n Kliniek wat vir dieselfde mense wat dit afbrand se gerief opgerig is plus elf voertuie is terselfdertyd verbrand! Net een persoon wat steel word gevang! Waarom word die brandstigters nie aangekeer nie?! Miljoene rand se skade en die polisie ag dit nie belangrik nie?! Maar moenie bekommer nie, die polisie “monitor” die situasie! Wat ‘n fiasko!!!

Pretorius ·

En wat het geword van die ander pludelaars seker maar gelukkig om weg te kom. Ja miskien moet ek ook maar n onwettige konneksie maak lyk my dis die norm. Ek hou net nie daarvan om goed aftebrand nie, sal seker dit ook moet aanleer.

Jan ·

En so sal dit voortgaan tot ons almal die kleinste gemene faktor bereik het: NIKS!

Tommie ·

Die mense behoort ‘n verpligte werkswinkel by te woon met tema – normale gebruike en gevare van vuurhoutjies.

Wynand Bezuidenhout ·

Mense. Dit is julle belasting geld wat hiervoor betaal….dit is hoekom die belasting nou meer geword het….sodat daar meer goed afgebrand kan word. Baie geluk aan die regerende party watvdie illusie in hierdie land skep dat alles mahala is.

susan ·

Deur onwettige elektriesiteitsverbindings toe te laat leer hulle die mense om te steel. Volgende sal dit hopelik Khayalitshea in die Kaap wees. Hulle steel elektrisiteit maar omtrent elke tweede huis het ‘n DSTV skottel. Steel hulle dit ook? Ander ou moet ten duurste betaal vir altwee. Sny af!

Norseman ·

Ek hoop nie hulle gaan dit herbou nie… laat die wetters suffer!

Christie Joubert ·

Maandag middag is my (pre-paid) elektrisiteit afgesit, omdat ek per ongeluk my erf belasting twee maande vooruit betaal het en R300 te min op my WATER….
Wonder wat ek moet gaan afbrand?

Knersus D ·

LOL!! Christie, ek is met jou…ek gaan sommer die krag boks voor my huis brand steek..

Grassie ·

Ek sien Maroela het my kommentaar afgehaal. Ek het ‘n Bybelversie aangehaal wat hierdie plunderaars se optrede verduidelik. Hulle het dus nie vir ou Grassie afgehaal nie, maar Iemand anders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.