Kliniek gesluit weens klipgooiery

Argieffoto: ANA

Die Kaapse stadsraad sê hy is Dinsdag verplig om sy kliniek in Wallacedene te sluit weens onrus in die gebied.

“Die bestuurder se kantoor is met klippe bestook en die inrigting moes sluit nadat alle noodgevalle geassesseer is om personeellede en pasiënte se veiligheid te verseker,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, gesê.

Pasiënte is na ander klinieke verwys en getraumatiseerde personeellede kon berading kry, sê hy.

“Die stadsraad veroordeel gewelddadige aanvalle op ons geriewe en werknemers op die sterkste moontlike wyse,” sê Smith. “Dit is ook ʼn aanval op ons kwesbaarste inwoners, diegene wat siek en ongesteld is,”

Wallacedene is ʼn township in Kaapstad se noordelike stadsgebied Kraaifontein en bestaan uit informele nedersettings sowel as laekostebehuising.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Estelle ·

En oor ñ week gooi hulle weer iets anders vlenters of brand iets af, omdat daar nie klinieke oop is nie. Ek is liggaam, siel en gees so bitterlik moeg vir hierdie sirkus.

Leeutjie ·

Ek ook!! Absoluut emosioneel gedreineer. Niks word aan dit gedoen nie. Hulle vernietig alles!!!

SjN ·

Die oplossing is klomp gepanserde manne met sambokke, beskerm deur lede met rubber koeels indien nodig en wat hul terug dryf van waar hul kom.

Vuur met vuur ·

Die gepeupel weet al lankal die rubberkoeels wat nog van sambokke skrik hulle nie af nie. Daar is net een manier en skiet om dood te skiet. Indien nie sal die mooi land van ons geplunder en afgebreek word met hongersnood wat juis die wat dit veroorsaak het die swaarste sal tref. Die regering is te veel besig met geforseerde rasse kwessies sodat hulle in die proses nie agter kom dat SA op n ramp afstuur nie. Oor n 100 jaar sal mense lag vir die gemors wat een groep kon veroorsaak het.

AW ·

That’s the Price we as a collective “pay” whether Directly or Indirectly, with the Manifestation and the Consequences of the South African version of the concept: Democracy!!
Viva Democracy Viva !!!!

Penellope Jones ·

Sjoe, hoeveel kan mens NOG vat van hierdie protesteerders, klipgooiers, amokmakers. . . . . . . . .

Pop ·

Ek is net so gedreineer van enige emosie teenoor die afbrekers en vernietigers. Daars nie raad nie. Al raad is om onsself in ons huise af te sonder en te hoop vir die beste en dat ons van natuurlike oorsake sal sterf.

Gert ·

Ek het simpatie met die mense alhoewel ek nie die optrede goedkeur.
Van my werkers wat daar woon moet n dag verlof vat om n voorskrif af te haal. Staan in elle lange toue en dan praat ek nie van die wat siek is.
die een kliniek is besil nie voldoende vir die massa mense nie.

En nou? ·

Ek word nou wel benadeel met BEE ens, maar ek weet nie wat het alles in Apartheid jare gebeur nie.
Was daar ooit sulke betogings en geweld pre ’94?

Jerry ·

Dit lyk vir my dat selfs in DA beheerde areas word dienslewering agterwee gelaat. Ons blameer die klipgooiers terwyl ons weet dat daar word nie ag geslaan en betyds aandag gegee aan probleme en frustrasies van gemeenskappe nie. Aandag aan probleme word slegs gegee wanneer gemeenskappe uiting gee aan hulle frustrasies deur letterlik die wet te oortree! Die situasie vererger dan vinnig deurdat politieke opponente die reeds gespanne situasie kaap en die vuur verder aanblaas! Dit maak nie saak wat die DA se verskoning is nie, n tekort aan geld of wat ookal, as jou dienslewering gebrekkig is dan speel jy met vuur en in die hande van jou opponente!

waarheid ·

Ek gaan ‘n klip fabriek begin en baie geld maak sien ek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.